Skip to content

Uit ‘n eier gebore

Februarie 28, 2008

Koning Talhae het gedien as Silla se 4de monarg vanaf 57-80nC. Hy rus in DongCheonDong, Gyeongju, nie ver van my skool af nie. Tydens Talhae se heerskappy het hy suksesvol ‘n aanval van die Baekje Koninkryk (18vC-660nC) afgeweer, asook verskeie aanslae op die Gaya Konfederasie (42vC-532nC) geloods.

S7302736

S7302747Volgens oorlewering was Talhae die seun van die koningspaar van ‘n eilandkoninkryk, genaamd Dapana , naby Japan. Die spesifieke legende lui dat die koningin van Dapana na 7 jaar se swangerskap ‘n eier gele het. Sy en haar man het gedink dat dit nie ‘n goeie tekenS7302743 van die gode was nie (synde om ‘n eier te le..) en het die seuntjie wat uit die eier tevoorskyn gekom het, in ‘n kis opgesluit en dit in die see gewerp. ‘n Ou vrou het die kis, vergesel deur ‘n swerm kraaie, gevind waar dit in die see gedryf het, naby Gyeongju. Sy het hom grootgemaak en uiteindelik het hy op ‘n gevorderde ouderdom koning van Silla geword. Talhae beteken letterlik: “seun uit die kis”.

S7302751

Hy het daarin geslaag om die troon te bestyg nadat hy in 8nC getroud is met Koning Namhae (tweede koning van Silla) se dogter. Hy het uiteindelik Koning Yuri (seun van Namhae) opgevolg.

En om te dink hy was maar net ‘n eier…

Advertisements
9 Kommentaar leave one →
  1. Februarie 29, 2008 2:31 vm

    Klink so bietjie soos Moses in die mandjie

  2. Februarie 29, 2008 3:43 vm

    “Tydens Talhae se heerskappy het hy suksesvol ‘n aanval van die Baekje Koninkryk (18vC-660nC) afgeweer, asook verskeie aanslae op die Gaya Konfederasie (42vC-532nC) geloods.”

    Onderskeidelik 600+ en 450+ jare

    Was die onderskeie dinasties oorgedra van vader na seun!?

    Dit het amper vir my voorgekom of Koning Talhae dalk so lank gelewe het…. (immortal indded 😆 )

  3. Februarie 29, 2008 4:18 vm

    Hoe lank het daardie eier gevat om uit te kom? Ek dink hulle wou my daar ‘n ding gee om te eet wat hulle ‘n 1000-year egg noem! 😆

  4. Februarie 29, 2008 7:09 vm

    Ek hoop jy save you blog-inligting…vir daardie boek van jou wat oppad is! 😉

  5. Februarie 29, 2008 10:43 vm

    Wie was eerste, die hoender of die eier???
    Nice inskrywing…ALTYD interessant om te lees!

  6. Februarie 29, 2008 4:59 nm

    Talhae was beslis nie onder ‘n kalkoen uitgebroei nie!

  7. Februarie 29, 2008 5:09 nm

    Dit val my altyd op uit jou foto’s hoe min reguit bome daar in Korea groei. Al die bome staan skeef of het kronkelende stamme. Miskien is dit hoekom die huise se dakke almal so na bo krul…. :mrgreen:

  8. Februarie 29, 2008 8:38 nm

    netjane, ek het nogal ook gedink aan Moses…
    Jasper-snaaksie: Ek dui slegs die tydperke aan wat die verskeie koninkryke bestaan het! Talhae het slegs vir 33 jaar regeer en tydens daardie 33 jaar het hy slaags geraak met Baekje en Gaya.
    dankie, kaalinireen, bly jy geniet dit!
    Rene, jy het weer in die messelaai geslaap…skerp!
    DM, jy’s reg – al die dennebome hier is krom en ek vermoed dit is die spesifieke spesie van denne hier wat so skeef groei.

  9. xram62 permalink
    Maart 1, 2008 6:53 nm

    Nie net herinner dit aan die “Moses in die Mandjie” storie nie, maar gaan lees gerus “Gods, Genes & Consciousness” deur Paul von Ward….Daar is klaarblyklik ‘n “Moses in die Mandjie” in amper elke ander “geloof” in die wêreld..en daarvan is daar ongeveer 2 500 of meer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: