Skip to content

Skisofrenie, versiersuiker, subjektiwiteit en my sabbatsreis na die Suidland

April 11, 2008

 

S7302358

S7302351 Ek het die voorreg gehad om vir ‘n volle maand terug te keer na my geboorteland om die mense wat ek liefhet weer te sien en kwaliteit-tyd saam met hulle te spandeer. Dit was ‘n maand van gasvryheid, lekker kuier, kos, wyn, lieflike weer en ongelooflike natuurskoon. Uit die aard van die saak het ek dit baie geniet, maar tydens my sabbatsreis na die Suidand het ek ook lukrake S7302332 waarnemings gemaak, wat ‘n onwillekeurige gegewe raak as mens so lank in die buiteland en in ‘n heeltemal vreemde kultuur woon. Die volgende is ‘n reeks sporadiese waarnemings wat ek gemaak het, gebaseer op die feit dat ek tans woonagtig is in Korea. Meeste van hierdie waarnemings het dus my verblyf in ‘n vreemde land as vertrekpunt, maar ek spreek nie die mees ooglopende verskille (openbare vervoer, internetspoed, ens.) aan nie. Wat het my dus opnuut opgeval van hierdie land wat ons “Suid-Afrika” gedoop het en wat ons (soms?) steeds as ons Vader/Moederland beskou?

S7302286

S7302290Dis die MOOISTE land…moontlik die mooiste in die wereld! En dis ondebateerbaar! Die Suid-Afrikaanse natuurskoon was nog altyd en sal altyd asemrowend wees. Omdat die Kaap my heimat is, is ek bevooroordeeld oor die Kaap, maar ek erken dat ook ander dele van die RSA (Drakensberge, Mpumalanga, Oos-Vrystaat ens.) asemrowend is.

Die RUIMTE wat mens in die RSA vind is fantasties! Ek dink nie Suid-S7302446 Afrikaners besef die voorreg van ruimte nie. Huise met erwe en soveel plekke wat ‘n wegkomkans bied om te gaan stap, kamp, fietsry, visvang en allerhande ander aktiwiteite te beoefen. Veral in die Kaap hoef mens nie ver te reis om juwele van stilte en natuurskoon te bereik nie, sonder dat ‘n skare mense dit met jou deel.

S7302403Aansluitend by bogenoemde, is die BUITELEWE-LEEFSTYL en wonderlike weer van die RSA se grootste pluspunte. Ek het veral die buite-kuiers rondom braaivleis-vure (iets wat in die Ooste ongekend is) baie geniet. Dis die buite-kuiers en avonture wat die lewe in die RSA so genotvol maak vir my. Om buite te kan wees, ruimte te ervaar en die hemelruim besaai met sterre te sien, is fantasties!

S7302273Ek het dit my sending gemaak om soveel kwaliteit SUID-S7302442AFRIKAANSE WYNE as moontlik te drink en ek was (soos voorheen) beindruk. Steeds bied RSA wyne wereldgehalte kwaliteit teen billike pryse. Ek is ‘n volslae Sauvignon Blanc verslaafde en dus was meeste van die wyne wat ek probeer het, Sauvignon Blancs (aangesien hierdie kultivar so skaars soos hoendertande in S7302456 Korea is – en as jy gelukkig is om dit op te spoor, is dit gewoonlik van Nieu-Seeland en peperduur). Ek het letterlik tientalle Sauvignon Blancs probeer, maar sonder graag drie uit wat ‘n blywende indruk op my gemaak het, nl. Nitida 2007 (Durbanville). Chamonix Reserve 2007 (Franschhoek) en Thelema Sutheland 2007 (Elgin). Hierdie wyne was vir my kompleks, verfrissend en het dit beliggaam wat ek in ‘n Sauvignon Blanc soek.

DSC00152SUID-AFRIKAANSE KOSSE is oor die algemeen baie lekker, maar ongesond. Synde ek al ontrekkingsimptome begin kry het vir skaaptjoppies en boerewors, moet ek erken dat ek die hele braai-ding oordoen het. Ek het tjops, sosaties, wors ensomeer ge-eet totdat ek nie meer kon nie! Die driekeer wat ek snoek gebraai het, was ‘n S7302153 welkome afwisseling. Saam met hierdie en al die ander smullekker kosse wat ek in die RSA geniet het, moet ek erken dat Suid-Afrikaanse kos oor die algemeen BAIE smaaklik is. Maar…ek het dit ook baie ongesonder gevind as die Oosterse dieet. Suid-Afrikaners eet oor die algemeen baie ryker kos en verseker BAIE meer vleis as die Oosterlinge. Nou dat ek terug is in die Ooste, doen ek maar getrou my Miyoguk (seegras-sop) en ek voel sommer al reeds weer gesonder. Vir die heel eerste keer in my lewe het ek begrip gekry vir vegetariers.

S7302323S7302326

DIENSLEWERING in die RSA is swak. Synde in die openbare sektor of privaatsektor, is dienslewering sub-standaard. So dikwels in ‘n supermark, bank, restaurante of enige ander instelling, kom dit voor of die persone wat veronderstel is om diens te lewer, jou mooi laat verstaan dat jy nie juis geregtig daarop is nie en dat hulle jou eintlik ‘n guns doen. Ditto vir die enkele call centres wat ek moes skakel tydens my kuier in die RSA. My ervaring van dienslewering in Korea staan in skrille kontras.

DSC0016899

S7302377Oppervlakkig gesproke was die RSA vir my steeds soos ek die land laas agtergelaat het. Ek is eerlik as ek se dat ek persoonlik GEEN OOGLOPENDE AGTERUITGANG beleef het nie en (inteendeel) verslae gestaan het oor die vooruitgang (nuwe geboue, paaie ens. wat gebou word.) Hoewel ek net in die Kaap en Gauteng was, kon ek nie tekens sien van die agteruitgang van infrastruktuur nie. Ek besef egter dat baie van hierdie ontwikkelinge versiersuiker is wat gerieflikgewys onderliggende langtermyn tekortkominge bedek. Ek is nie so naief om te dink dat agteruitgang nie voorkom nie. Miskien was ek bloot net nie in dele van die land waar agteruitgang meer skreiend vertoon nie.

Die RSA se DRAMATIESE KLASVERSKILLE het my dadelik opgeval. InS7302304 Korea ry omtrent driekwart van die bevolking Hyundai‘s en Kia’s en hulle bly almal in eenderse wolkekrabber woonstelgeboue. Korea het ‘n groot middelklas en die elite en arm klas in Korea is betreklik klein. Motors en huise is dus nie juis statussimbole nie. In die RSA verskil dit drasties. In lyn met ander Afrika-state, is die RSA se middelklas klein, die elite-klas nog kleiner en die arm klas enorm groot. Sou jy na die motors en huise van mense in die RSA kyk, kom jy gou agter dat daar obsene groot verskille bestaan tussen radelose armoede en byna pornografiese rykdom onder die elite-klas. Motors en huise is baie visuele statussimbole in die RSA en tot kotsenswaardig toe so! In hierdie opsig het die RSA ‘n ekstreme skisofreniese karakter. Die RSA se Gini -koeffisient* (wat ongelykhede aandui) is .578 – een van die hoogstes in die wereld en in Afrika. (vgl Ghana .408, Suid-Korea .317 en Duitsland .283). Ek het intussen verneem dat die RSA se Gini-koeffisient* op .72 staan en tans die hoogste in die wereld is.

S7302432Ek het (deur verskeie gesprekke met vriende/familie/kennisse) tot die besef gekom dat EMIGRASIE uit die RSA hoofsaaklik neerkom op emigrasie uit Gauteng na die buiteland. Volgens die SAPD is 75% van alle gewelddadige misdaad in die RSA, in Gauteng en KwaZulu-Natal gekonsentreer. Dit was my ervaring dat meeste Afrikaners wat emigrasie oorweeg, Gautengers is. Hulle eerste opsie is om in die Kaap te probeer werk vind, maar as dit nie slaag nie, emigreer hulle eerder na ‘n vreemde land, as om in Gauteng aan te bly. Meeste euro-afrikane woonagtig in Gauteng is aansienlik negatiewer oor die RSA se toekoms as hulle ewekniee in die Kaap. Om die waarheid te se, het ek met niemand in die Kaap te doen gehad wat dit ernstig oorweeg het om te emigreer nie. Dis hier waar die skisofrenie van die RSA weer na vore tree. In sommige woonbuurte is jy te bang om net buite te sit en braai, in ander dele van die land slaap mense steeds met hulle deure oop en wonder waaroor die hele bohaai oor misdaad nou eintlik gaan…Bygese, daar is baie mense wat “na binne” emigreer en dis algemeen om te hoor: “Ek lees nie koerante nie en kyk/luister nie nuus nie, want dit maak mens net negatief”. Hierdie mense vind meestal hulle sekuriteit en identiteit in hulle materiele rykdom en dit kom voor of hulle nie werklik omgee vir enige kwessies in die RSA of die langtermyn toekoms nie.

S7302474

S7302463Die algemene GEMOEDSTOESTAND onder euro-afrikane in Suid-Afrika is pessimisties…of ten minste “versigtig” pessimisties. Hulle is nie meer seker oor hulle eie toekoms of die van hulle kinders nie. Ek was gelukkig om ‘n kragonderbrekinglose vakansie in die RSA te he, maar almal het my vertel van hoe erg die kragonderbrekings nou eintlik was en dat dit weer gaan kom. Tog het ek ook vele mense ontmoet wat beweer het dat hulle nog nooit regtig deur die kragonderbrekeings geraak is nie (veral in sekere dele van die Kaap). Maar afgesien van Eskom, misdaad, stygende pryse en S7302447 regstellende aksie, het dit my voorgekom asof euro-afrikane in Suid-Afrika steeds ‘n lekker lewe lei. Hulle ry oor die algemeen redelik nuwe en luukse voertuie, hulle eet lekker kos, drink duur drank en gaan op hulle eindelose 4×4 wegbreke Oorsese vakansies bly ook nie uitgesluit nie. Daar is ‘n gekla en ‘n gekerm, maar materialisties is euro-afrikane nog baie goed daaraantoe. Ondanks al die negatiwiteit is die witbrood nog styf onder die arm vasgeknyp…

S7302437 Bogenoemde kitswaarnemings is subjektief en gebaseer op beperkte interaksie binne ‘n beperkte tyd. Ek wil nie beweer dat ek blind is vir die groterwordende krake in die fasade nie. Ek wil nie beweer dat die saad vir vernietiging nie reeds gesaai le op die Suid-Afrikaanse landskap nie. Gewelddadige misdaad bly ‘n gruwel en ‘n oneffektiewe staatsdiens ‘n steen-des-aanstoots. Ek wil egter beweer dat dit nie so sleg gaan met die RSA as wat dit nog kan gaan nie. Ek sluit nie die moontlikheid uit dat dit kan en moontlik gaan gebeur nie, maar op hierdie stadium is Suid-Afrika egter nog lank nie ‘n “tweede Zimbabwe” nie. Ek glo Suid-Afrika het steeds geweldige potensiaal en ek sou graag ‘n daadwerklike bydrae wou lewer tot die opbou van my geboorteland. Ek gaan egter voort met my ballingskap en bly halsstarrig om terug te keer na ‘n land waar lewe min werd is en jou inherente vermoeens, kwalifikasies en ervaring ondergeskik gestel word aan die biologiese pigmentasie van jou vel. Om tans in ‘n samelewing te woon waar middelmatigheid verfoei word, waar respek vir menselewens ‘n gegewe is en geweldadige misdaad (vir alle praktiese doeleindes) afwesig is, is ‘n bykomende ‘n bonus…

S7302452

*Gini-koeffisient: 0 is volkome gelykheid in die samelewing en 1 volkome ongelykheid. 

31 Kommentaar leave one →
  1. April 11, 2008 9:18 nm

    Uitmuntende blog inskrywing. Mooi fotos. Bly jy het jou vakansie sonder voorval geniet. Suid Afrika is ‘n wonderskone land. Op my ander blog lightfan.blogspot.com het ek vele bewyse daarvan. Net jammer dit word nou so onder die varke (soos in Animal Farm), wat net aan hulle eie buike dink, se pote vertrap

  2. April 11, 2008 10:56 nm

    Welkom terug Boer, en baie dankie vir ‘n besonder mooi inskrywing. Jou pragtige foto’s bevestig maar weer vir my: ek hoop nie dit word vir my nodig om hier te moet padgee nie.

    Wat die veiligheid aanbetref voel ek nie so baie goed op die oomblik nie. Toe ek en my vrou pas getroud was het ek vir haar ‘n klein pistooltjie gekoop, met die idee om later vir myself een te koop, wat toe nooit gebeur het nie. Sy het egter nie kans gesien vir die lisensiehernuwing nie. Een van die firma’s wat die kursusse aanbied het gesê dit sal my R480 kos, maar nou later, ook na dae se gesukkel met telefoonnommers wat nie werk by die polisie nie, het ek weer by een van die firma’s uitgevind dit sou wees vir hernuwing, ek wat nou die pistool wou oorneem, moet ook praktiese kursusse doen, dit sal R1200 kos, ek weet nie wat sal die koste van die lisensie self wees nie, en dan is dit nie gewaarborg dat jy dit kry nie. So het ek toe maar besluit dis nie die moeite werd om dit te spandeer vir daardie ou pistooltjie nie. Ek weet nog nie of ek dit eendag sal probeer om ‘n lisensie te kry nie.

    Sy het hom toe maar gaan ingee vir vernietiging. wat my aanbetref ‘n bate waarvoor ons goeie geld betaal het – ons wetsgehoorsame landsburgers. Nou voel ons half weerloos, dis al wat ons altyd gehad het, goed, ons het hom nog nooit nodig gekry nie.

  3. April 11, 2008 11:36 nm

    Hi daar Boer!
    Baie welkom terug, jy is gemis, ek hoop jy het ‘n great tyd in SA gehad.
    Interessante insrywing, en pragtige foto’s, wow! Ek moet net vra, wat is ‘n “euro-afrikaan”? Groetnis

  4. April 11, 2008 11:53 nm

    Welkom terug Boer – die Afrikaanse blog-lewe is net nie dieselfde wanneer jy weg is nie.

  5. April 12, 2008 12:37 vm

    welkom terug! mooi foto’s en soos altyd ‘n sober inskrywing

  6. boendoe permalink
    April 12, 2008 1:12 vm

    Weereens, welkom terug! Soos altyd pragtige foto’s. Dit was goed om ‘n bekende ‘buitestaander’ se observasies te hoor.

  7. April 12, 2008 1:12 vm

    Pragtige foto’s. Ek voel bederf in daai opsig, want dis iets wat ek daagliks sien. Welkom terug. Jy was gemis.

  8. April 12, 2008 1:50 vm

    Baie mooi foto’s!

  9. April 12, 2008 5:14 vm

    Is bly jy is terug en het lekker vakansie gehou! Jou waarnemings is so in die kol, dis amper scary. Miskien moet jy terugkom en die politieke front kom join, BiB😆

  10. April 12, 2008 7:11 vm

    PRAGTIG… foto’s en woorde… oor een ding stem ek meer as 100% saam…dis die ruimte! wens ek het dit HIER gehad… !!

  11. April 12, 2008 10:09 vm

    Dis lekker om jou weer raak te lees! Hoewel jy dit (veiligheidshalwe?) verdedig as subjektief, dink ek jou opsomming is raakgevat.

    Ditto op die mooi foto’s. En jy skryf steeds knap prosa🙂

  12. April 12, 2008 4:32 nm

    Welkom terug.

    Dit is lekker om jou opinie te hoor as “buitestaander”. En die foto’s is pragtig.

  13. April 12, 2008 5:26 nm

    Ek stem met Johan, jy vat dit nogals mooi raak!

  14. April 12, 2008 6:03 nm

    ‘n Besondere nugter en goed deurdagte inskrywing. Ek glo nie ons sal ooit emigreer na ‘n vreemde land nie, of eerder: Ons wil nie. Maar indien ons ooit voor so ‘n besluit sou staan, dink ek ons sal ook eerste die Kaap oorweeg. Namibië is ons tweede opsie, my man is daar gebore.

    Klink of jy jou tydjie hier geniet het. Jou foto’s is soos gewoonlik pragtig. Bietjie meer as ‘n maand gelede was ek self bevoorreg om in die Kaap te draai. Jou foto van die berg met die wit rose het my getref. Ek het feitlik dieselfde foto geneem.

    (http://wagnbietjie.wordpress.com/2008/03/24/oomblikke/)

    Ek is daarvan oortuig dat ons amper op dieselfde plek moes gestaan het om die foto te kon neem? Ons het die middag geëet by Hillcrest Berry Orchards (net na Tokara) in Stellenbosch.

  15. April 12, 2008 7:06 nm

    Wow..mooi foto’s

    There’s no place like home ne?🙂

  16. Kaalvoetkind permalink
    April 13, 2008 1:29 vm

    Lekker om weer ‘n inskrywing van jou te lees!! Baie mooi foto’s. Interessant vir my dat ander Gautengers ook die Kaap as nuwe blyplek oorweeg. Dis presies die situasie waarin ek en my man ons ook tans in bevind. Daar is ‘n moontlikheid dat ons vir 18 maande in die Overberg kan gaan bly a.g.v. ‘n werkskontrak. Dit kan nie op ‘n beter tyd kom nie. Ek hou al my duime en tone gekruis dat dit gaan realiseer. En as dit gaan gebeur weet ek nou al dat ek nie sal wil terugkom Gauteng toe as die kontrak verstryk het nie!!

  17. April 13, 2008 3:33 vm

    Dit was heerlik om die inskrywing te lees. Dit het nogal my tonnelvisie bietjie oop gemaak. Jou foto’s is asemrowend. Ek is bly jy het lekker vakansie gehou.

  18. Laurence permalink
    April 13, 2008 3:33 vm

    Baie insiggewende opsomming. Jammer ons het jou nie gesien nie. Die buiteland doen jou goed. Afrika bly ‘n kontinent van ekstreme emosies.

  19. April 13, 2008 5:35 vm

    Welkom terug. Regtig lekker om dit te lees.

  20. April 13, 2008 8:08 nm

    Waar is daai foto van die witwynglasie en die berg geneem?
    Soos altyd skryf jy baie onderhoudend en stem jy ons almal tot nadenke!

  21. April 13, 2008 9:35 nm

    Ek noem nie elkeen by die naam nie, maar dankie vir julle kommentaar en komplimente – ek voel sommer gou weer baie welkom!
    Kop, dis jammer julle moes die skietding ingee. Ek stem saam die hernuwing is ‘n duur, omslagtige en tydrowende proses. Met genade van Bo het ek vasgebyt en dit gedoen toe ek nou in SA was. Ek moes R250 opdok en ure se frustrasies verduur, maar vir my is dit oor-en-oor die moete werd!
    Duskant: “euro-afrikaan” is sommer my eie term vir “blanke”.
    Wag-‘n-Bietjie: Jy het my – inderdaad ‘n luilekker middag-ete by Hillcrest – een van my gunstelinge plekke in die Kaap!
    Laurence, dankie vir die inloer – sal volgende keer graag julle wil sien en bietjie “caching” wil doen!
    Bertus (alweer jou blog-adres verander!), die foto is in Tamboerskloof geneem en ek neem aan jy weet watter kop dit is….(ek hoop so!)

  22. Thomas permalink
    April 14, 2008 2:33 nm

    Hmm, ek wonder wat het ons bygedra tot hierdie uitstekende opsomming van ‘n maand in jou lewe? Ek glo ons het jou relatief gesond gevoed, afgesien van die 2 bottels Sauvignon Blanc… Pragtige fotos, maak my sommer lus om in ons eie land op vakansie te gaan. Sterkte daar!

  23. April 14, 2008 7:40 nm

    Wat ‘n nice inskrywing!!! Hoe verlang ek nou na die Kaap en die blou see…
    *sug* ek moet maar die somer weer bietjie by die see uitkom net om die ergste onttrekkingsimptome te beheer🙂

  24. April 16, 2008 10:55 nm

    BiB
    Indrukwekkende foto’s (weereens) en defnitief een van die beste inskrywings tot op hede. Bly om te verneem jy is weer in ‘n posisie om te griffel. Sal kom inloer so af en toe.

  25. April 17, 2008 12:08 vm

    Kaalvoet, Japer..thanks.
    Dankie vir die kommentaar Thomas. Julle het my inderdaad goed gevoed!🙂

  26. April 21, 2008 1:59 vm

    Pragtige, pragtige foto’s!

  27. April 24, 2008 7:19 nm

    Het jy toe ‘n draai by Winesense gemaak?

  28. April 24, 2008 11:35 nm

    Roer, ‘n maand klink lank, maar ek moes so baie draaie gooi, dat ek toe nie daar uitgekom het nie.😦

  29. VanDonk permalink
    April 26, 2008 8:09 nm

    Aii.. dis altyd ‘n plesier om jou blog te besoek, en die pragtige foto’s en interessante waarnemings wat jy maak te geniet; Thanx BIB.

    Maar daar is ‘n paar dinge wat ek graag in reaksie op jou ‘skisofrenie’ blad sou wou sê. Eerstens dat daar iets soos SA skisofrenie is stem ek 100% saam, soos jy weet. En dat ek dink dat die materialisme in die samelewing in SA, soms selfs direk ten koste van die wat niks het nie, bestaan, en in my oë tragies is, weet jy ook. Waarmee ek egter wil verskil is die siening dat dit nie so sleg gaan as wat dit kan gaan nie. Ek het kontak met mense wat in Irak, Afghanistan, Sirie, en selfs Iran werk. En selfs hulle se dat dit daar nie so sleg gaan as wat dit kan gaan nie. Die norm wat ek graag gebruik, dink ek is, dat dit baie slegter gaan as wat mense hier, alle mense, verdien. Ek dink hierdie stelling is eg as in ag geneem word dat dit nog nie “slegter gaan as wat dit kan gaan nie”, na my meining feitlik 100% toegeskryf kan word aan die gewone mense se ongebeskryflike vermoëns om dit wat met hulle gebeur, die sg. slegte dinge, te absorbeer en op een of ander manier vredevol te verwerk. En as ek oor hierdie, vir my, wonderwerk, praat, dan sluit ek spesifiek die politici (met uitsondering van Mandele) uit. Gewone mense … van die Kaapse vlakte tot die verste afgelee gehuggies in die Noord Kaap en Limpopo, die steë van Alexandra, die boere op hul plase wat so ongelooflik uitgelewer is tot in die arm, middel en hoë klas buurtes van die stede van ons land. Almal word getreiter en geteister en almal verwerk op een of ander manier die gebeurtenisse en traumas in hul lewens. En ek verwys nie net na misdaad nie, maar dinge wat mense op elke raakvlak raak. Dit was byvoorbeeld vir my verstommend om te ervaar hoe die kragonderbrekings wat ons almal teister, in komedie verwerk word. Ek wonder of daar nog so’n land is met sulke mense! Dus, indien daar, gegewe hierdie skisofreniese bestel, soms negatiewe emosies kom in die doen dink en late van mense, is dit goed. Dit laat die vuilgoed uitsweer en vergiftig nie die “liggaam” nie, dink ek maar.

    Gepraat van skisofrenies, misdaadsyfers se akkuraatheid in ons land is ook skisofrenies:). Ek voeg hieronder ‘n stuk uit Beeld in, ten einde te wys dat daar mense is wat syfers rakende misdaad in die Weskaap versus Gauteng, anders lees.
    Groete en dankie BIB
    (moet nou afskakel – Ons beurt vir beurtkrag is op hande!)
    VanDonk

    Meer misdaad in Kaap
    Beeld: Apr 24 2008 10:13:57:710PM – (SA) Abigail Isaacs
    Hoewel gewapende rooftogte meer in Gauteng voorkom as elders in die land is dit nié die provinsie met die hoogste misdaadsyfer nie.

    In die Wes-Kaap kom die meeste moorde en huisbrake voor en daarom het dié provinsie, hoewel sy inwoners oor die algemeen die gesondste en rykste in die land is, die hoogste misdaadsyfer.

    Dié bevinding is gister deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) bekend gemaak as deel van sy verslag oor die toestand van die nege provinsies.

    Volgens me. Gail Eddy, navorser van die SAIRV, het inwoners van Limpopo die kleinste kans om vermoor te word met slegs 14,1 mense wat vermoor word uit elke 100 000. In die Wes-Kaap en Gauteng is dié syfer onderskeidelik 60,7 en 39,8.

    Daar is by 909 uit elke 100 000 inwoners van die Wes-Kaap se huise ingebreek, vergeleke met Gauteng se 707 en Limpopo se 227.

  30. April 27, 2008 3:52 nm

    VanDonk, lekker om jou weer hier te sien! Dankie vir die deurdagte en denkende kommentaar. Soos ek gestel het, was my waarnemings vlugtig en in wese subjektief (gebaseer op my kortstondige persoonlike ervaring). Wat jy se, is baie waar – dis die gewone mense wat SA nog maak werk en beslis nie die politici/regering nie. Jy stel dit baie mooi en empaties.
    Itv die bg. misdaadsyfers, kan ek net my kop skud. Ek dink misdaadstatistiek in die RSA is hoogstens so betroubaar soos die HIV/VIGS statistiek. As bg. statistiek korrek is, maak dit bv. ook ‘n einde aan die gewilde aanname dat armoede misdaad in die hand werk, aangesien die armste provinsie in die land (nl. Limpopo) ook die laagste misdaadsyfer het…
    Ek kan my eie denke nog baie ontrafel oor die misdaadstatistiek, maar dan raak dit ‘n inskrywing op sy eie.

Trackbacks

  1. “Ons bly in tronke” « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: