Skip to content

‘n Kaapse bederf in die vreemde

Mei 13, 2008

S7302619So af-en-toe, is ek darem gelukkig om ‘n Kaapse wyntjie hier in die vreemde raak te loop. Hierdie keer was ek aangenaam verras om af te kom op KWV se Golden Kaan Shiraz 2006. Die Golden Kaan reeks is een van KWV se grootste uitvoerreekste en is gemik om in dieselfde liga mee te ding as suksesvolle internasionale handelsmerke soos die Aussies se Jacob’s Creek en Yellow Tail reekse.

Die wyn se kleur is uitlokkend dieprooi met robynkleurige rante. Die neus van die wyn laat jou met geen twyfel oor watter kultivar hier ter sprake is nie. Jy word openlik gekonfronteer deur ‘n peperige, speseryagtige karakter. Daar is elemente van koljander en biltong te bespeur, asook fyn nuanses van bloekom. Nie te kompleks nie, maar ten minste is die geure kultivarspesifiek.

Hierdie geure volg deur op die palaat. Die wyn het sagte tanniene, maar ‘n effe skerp kant. Die alkohol pla en dis asof dit nie so lekker S7302621 geintegreerd is met die res van die komponente nie. Houtkarakter is hoofsaaklik afwesig, hoewel die wyn moontlik tog skrikgemaak is met ‘n paar vlokkies hout. Die nasmaak is beperk en laat geen blywende indruk nie.

Opsommenderwys is daar niks verkeerd met hierdie shiraz nie. Dis ‘n lekker eenvoudige wyn om op die oomblik te geniet en nie veel verder oor te filosfeer nie. Prysgewys dink ek tog dat etlike Australiese en Chileense wyne ‘n aangenamer drinkervaring bied teen ‘n laer pryspunt (die Golden Kaan se prys was die ekwivalent van ‘n stewige R112.00)* Ek is ook nie so seker of die etiket en die naam van die wyn so ‘n groot wenner is nie.

Maar vergeet nou maar eers wat ek hier geskryf het…gaan gooi gou ‘n lekker tjoppie en ‘n stukkie boerewors op die kole, trek die kurk en geniet die wyntjie hoe hy bedoel was om te geniet.

* Yellow Tail Shiraz kos bv. die ekwivalent van R103.00, terwyl die Gracia de Chile reeks hier goeie waarde vir geld bied teen R94.00.

Advertisements
17 Kommentaar leave one →
  1. reisiger permalink
    Mei 13, 2008 3:36 vm

    Moet sê ek’s ook nie vreeslik beindruk met die naam en die etiket “Golden Kaan” nie. Ons het onlangs ‘n bottel Savanha Cabernet Sauvignon 2006 present gekry by ‘n vriend en ek sal jou bietjie na ons volgende braai laat weet wat ek van hom dink!

  2. Reisiger permalink
    Mei 13, 2008 3:49 vm

    Wou nog byvoeg, jou kennis van wyne is uitstekend!!

  3. Mei 13, 2008 4:54 vm

    Gelukkige hoor ek nie dat jy iets sê oor gebrande rubber nie! Nou wat sê jy hieroor: SA rooiwyne onder vergrootglas? http://www.orangeriverwines.com/index.php?page=home

  4. Mei 13, 2008 6:41 vm

    Bib, jy verstom my. Ek is self ‘n roker en daar is nie ‘n manier wat ek wyn so kan proe nie. 😀 Ek gaan jou woord vat en ‘n botteltjie Kaan by die kelder loop haal. As dit nie so proe nie gaan ek vir jou ‘n laaaaaang e-mail stuur 😉

  5. Mei 13, 2008 11:44 vm

    Baie raak beskrywing Bib! Dis glad nie ‘n slegte wyn nie, net jammer ons kan nie hier in Korea ‘n vleisie op die kole gooi nie 😉 Ek is ook nie mal vir die etiket nie en het dit gekoop omdat van SA is. Obikwa se shiraz is egter vir my ook ‘n baie lekker Kaapse wyntjie.

  6. Wipneus! permalink
    Mei 13, 2008 4:58 nm

    Nou kyk dis nog baie vroeg in die oggend, maar vanaand maak ek ‘n rooie oop.
    Ek is lief vir ‘n goeie wyntjie 😉

  7. Mei 13, 2008 7:00 nm

    Mmmmm, lyk my ek sal maar moet leer om ‘n ou rooietjie te drink. Ek moet ook nou bietjie “proe” om te weet waaroor julle gesels! 🙂

  8. Mei 13, 2008 10:24 nm

    Weet julle wat is rerige lekker wyn.. Angels Tears..
    OOOO,,,jjjjaaaaa!!!

    As eksamens nou uiteindelik verby is gaan ek in die 2 bottels wat op my yskas staan invaar!!!

  9. Johan Horn permalink
    Mei 14, 2008 4:49 vm

    Naand doer Bib. Ek vermoed jy kan Coke ook laat klink na skaars kultivar amerkikaanse wyn 🙂 Klink altyd vir my of die wyn waarvan jou so eksoties praat net lekker kan wees! Hier waar ek is sal ek sekerlik nie KWV wyne raak loop nie, of dalk sal ek. Sal more gaan kyk!
    Groete
    VanDonk

  10. Mei 14, 2008 6:12 vm

    Helaas….
    Ek kry nie een van die 2 wyne hier in Engeland nie….

  11. Mei 14, 2008 7:52 nm

    Ek hou van ‘n rooi soete af en toe..maar een vraag…waarom het ons bottels sulke “boring” etikette…! daardie wynplase is so mooi…waarom nie ‘n foto van die wynplaas op die agtergrond…as ek na Golden Kaan kyk, dan sal ek hom nie eers probeer as ek na daardie etiket kyk… 😉

  12. Mei 15, 2008 12:11 vm

    Reisiger, Jasper ea, my palaat is nie beter as ander s’n nie. Soos alles in die lewe, is dit maar net oefening. Jy moet net baie gereeld proe!
    Kop, ek volg daardie debat. Ek dink aan die eenkant is dit net…wel…suur druiwe. SA se bestes staan nie ‘n tree terug vir die res van die wereld nie. En sogenaamde wynkenners bly maar op die beste ‘n subjektiewe lot, met hulle eie agendas.
    Kaalvoet, Obikwa is inderdaad nie slegte waarde vir geld nie! Ek dink dalk meer so as Golden Kaan.
    Johan, miskien moet ek eenkeer ‘n Coke doen 🙂 Jy kry KWV-wyne by meeste supermarkte in SA, maar Golden Kaan is slegs vir uitvoer. Die gewone KWV Shiraz is egter ‘n aansienlik beter wyntjie.
    Jasper, Golden Kaan is nie beskikbaar in die VK nie. Obikwa Shiraz is wel beskikbaar teen ongeveer 4 Pond ‘n bottel. Daar is ‘n baie groter verskeidenheid en beter kwaliteit-wyne van SA daar by jou beskikbaar. Probeer gerus ook die KWV Shiraz vir so 5 Pond ‘n bottel. Jy behoort dit by Oddbins, Tesco’s of een van daai plekke op te spoor.
    Nikita, daar is ook darem baie beter en mooier etikette. Ek sou eerder wou dink die Golden Kaan etiket is ‘n uitsondering op die reel.

  13. Mei 15, 2008 3:52 nm

    BiB: ‘n Wynmeester het my hierdie naweek in Stellenbosch bietjie ‘n kursus gegee oor hoe ‘n mens wyn moet hanteer, ek moet sê jou kennis is besonder goed.

  14. Mei 15, 2008 8:35 nm

    Ek drink glad niks nie, maar dit klink so mooi. Ek kom lees net omdat dit so ‘n lekker lees is…

  15. meermin permalink
    Mei 15, 2008 11:05 nm

    Haai oe boer in ballingskap jou blog lyk nogal baie soos myne!! Stem daai vier nefies gee mens nogal ‘n hoefpyn!!

  16. Mei 15, 2008 11:56 nm

    Meermin, ek hou van jou Kaapse aksent…”hoefpyn”. 😉

Trackbacks

  1. ‘n Nuwejaarsgeskenk so na my hart « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: