Slaan oor na inhoud

Pret, plesier en die nutteloosheid van Prozac

Mei 20, 2008

S7302789

S7302874So word daar toe mos besluit om die eentonigheid van die klaskamer te verbreek en die pad te vat na die pretpark. Die aangewese plek is Gyeongju World, naby Bomun-meer, net buite die stad. Nou moet ek erken, pretparke is vir my soos sirkusse – hulle is almal min of meer dieselfde, maak nie saak waar in die wereld jy reis nie. Korea isS7302895 vervuil van sulke plesierplekke en Gyeongju World is een van die kleineres (Everland, naby Seoul, is die grootste in Korea en ook een van die 10 gewildste pretparke in die wereld). Nieteenstaande, skat ek Gyeongju World effe groter as Ratanga Junction in Kaapstad.

Die betrokke dag besluit die helfte van Korea natuurlik om ook die park te besoek (hoewel sulke openbare plekke seker maar altyd so lyk in die Ooste). Tussen die res van die massas straal die kinders se gesigte en hulle loop oor van opgewondenheid. Ekself dink aan die lang dag wat voorle…

S7302783 Almal word vooraf mooi georganiseer in bondels wat veronderstel is om soos rye te lyk. Die toegangskaartjies, in die vorm van oranje armbandjies, word sorgvuldig en onder entoesiastiese druk van die kinders om die klein polse gedraai. As ons uiteindelik binne is, ontplof die bondels S7302788 eensklaps en die kinders kartets jillende die vier windrigtings in. Ek bly staan, gedwonge hand-aan-hand met ‘n paar bittereinders wat daarop aandring dat hulle saam met die “teacher” die pretpark wil ervaar. Alles goed en wel, maar die enigste probleem is dat daar by elke ryding ellelange rye (bondels) Koreane staan.

S7302820 Ek moet bieg dat my arsenaal van deugde nie veel geduld bevat nie. Ek ignoreer dus die bittereinders se wense om in lang rye te gaan staan en kies koers na die Big Wheel , wat skynbaar nie so gewild is nie. Dit lyk ook immers of dit nie my binnegoed gaan herrangskik nie. Die rustige rit gee my ‘n pragtige uitsig en ek kry kans om ‘n paar mooi panorama-foto’s te neem.

S7302808S7302830

S7302854Die wiel draai en minute later swig ek voor dieS7302912 bittereinders se versoeke om vir 45 min. in ‘n ry te gaan staan om die Flume te ry. Daar gaat ons toe in die nagemaakte boomstompbote en ry met die waterstroom langs net om, na die laaste steil helling, byna papnat onder te kom. Maar, ondanks die halfnat denim aan my bene, voel ek opeens so bietjie lewe in my roer en sweempies van ongebonde pretgevoelens begin deurskemer. Die rye waarin mens moet wag, is skielik nie meer so lank vir my nie. Nou is dit ek wat die kinders moet oorreed om saam met my die sg.S7302829 Megadrop te gaan ry. Ek blameer hulle nie dat hulle eerder verkies om te gaan rondomtalie op die skynbaar veiliger seekat nie. Dus is ek en 19 ander gillende Koreane op met die toring, wat aanvanklik nie so hoog gelyk het nie. Soos die karretjie stadig boontoe beweeg, raak die lewe daaronder skrikwekkend klein. Die Koreane wat altyd soos miere krioel, LYK ook nou soos miere. As ons bo kom, besef ek dis bleddie hoog (met ‘n hoofletter F!). Miskien was dit nou nie so ‘n goeie idee nie…

S7302853 Die volgende oomblik val die hele groot kontrepsie met ‘n duiselingwekkende spoed na onder en ek knyp my oe styf toe. Vir etlike sekondes voel dit asof ek my te pletter gaan val daaronder en ek kan reeds sien hoe vee hulle die “teacher” met ‘n besem op! Genadiglik skop die hidrouliese remstelsel betyds in en ons kom veersag tot stilstand. Ek klim af met helfte van my organe in my keel en my bene effe lam. Dit was lekker op ‘n sadistiese wyse, maar weer sal ek nie.

S7302827

Die bittereinders is nerens te sien nie en so op my eie sluk ek ‘n sterk koffie, terwyl ek wonder oor wat om volgende te doen. Ek voel braaf en besluit op die gewildste rit in die park, nl. die vinnige pretwurm, genaamd Phaeton, aan te durf. Hoogtes en masjiene wat jou in die rondte draai het my nog nooit gemaklik laat voel nie, maar ek het ‘n swak vir spoed – hoe vinniger, hoe beter.

S7302916

S7302930Die ry lyk langer as al die ander, maar ek besluit om te wag en teS7302917 wag…en te wag. Na ongeveer 45 min, kom ek by ‘n bordjie wat my vriendelik (in Koreaans) meedeel “Verwag om vanaf hierdie punt gemiddeld nog ‘n uur en ‘n half te wag”. Byna begewe my moed my, maar gelukkig byt ek vas. En hulle is nie verkeerd nie: ‘n uur en ‘n half later word ek vasgegespe in die karretjie en op daai stadium is die lang gewag sommer vergete – ek’s opgewonde.

S7302905Die pretwurm het nie teleurgestel nie. Die Phaeton gooi jou binegoed behoorlik rond oor ‘n kort afstand teen ‘n ysingswekkende spoed. Al wat jy voel is die spoed en al wat in ‘n waas verby jou skiet, is stukkies blou lug en groen gras, soos jy gat-oor-kop rondgeslinger word. Die sensasie kan nie oorvertel word nie, maar jy kraai willekeurig van die pret.

Ek klim af en daar’s ‘n bree glimlag op my gesig. Die adrenalien pompS7302855 onverpoos deur my are. Ek het lanklaas SO goed gevoel. Daardie skielike besef dat ek LEEF, oorweldig my. Dis asof die pretwurmrit vergete bronne van energie wakkergeskud het. 100% suiwer toonkrul-lekkerte! (Lank terug het ek eenmaal die Cobra by Ratanga Junction gery en hoewel die Cobra en die S7302943Phaeton sekerlik min-of-meer dieselfde ervaring bied, kan ek nie onthou dat ek die Cobra SO baie geniet het nie). Om laatmiddag die klomp jillende kinders, soos ‘n skaapwagter van ouds, weer bymekaar te maak, is vir my ‘n maklike taak en ek doen dit met ‘n glimlag.

S7302876

Na my ervaring by Gyeongju World, is my raad die volgende: Gooi weg die Red Bull, Berocca en die Prozac ! Besoek so gou as moontlik jou naaste pretpark. Jy sal nie spyt wees nie en dit sal jou jonger laat voel as wat jy in ‘n lang tyd gevoel het! Ekself beplan om nou sommer baie gereeld te gaan…

21 Kommentaar leave one →
  1. Mei 21, 2008 12:08 vm

    Ek het vir ‘n oomblik gedink jy gaan se dat die kinders jou broek sal moet afvee na die megadrop! 🙂 Klink soos iets wat ek sal geniet! Ek beplan egter om spoedig in die toekoms by Everland uit te kom!!! Jy is reg as jy se dit voel soos nuwe lewe wat deur jou skiet! Dankie vir ‘n lekker inskrywing!

  2. netjane permalink
    Mei 21, 2008 12:09 vm

    Ek’s maar ‘n bangbroek as dit by rides kom, maar ek hou daai gevoel van absoluut lewendig wees van die kere wat ek wel die moed bymekaar geskraap het. Bly jy’t ‘n lekker dag gehad!

  3. mockajava permalink
    Mei 21, 2008 2:56 vm

    Ek moet sê ek vind dit amuserend om jou inskrywings te lees.
    Ek kan net dink hoe die lot koreane mens kan oorweldig.
    Bly jyt die outing genotvol gevind op n manier

  4. Mei 21, 2008 4:11 vm

    Moet bieg dat ek ook nie vreeslik uitgesien het na ‘n uitstappie na Ratanga Junction nie. Maar toe ek eers aan die gang gekom het, was daar geen keer nie. Is papnat huis toe.

    Ek sal wel baie eerder iets soos die Cobra aandurf as ‘n big wheel. Ek doen nie big wheels nie. O nee.

  5. Mei 21, 2008 2:14 nm

    Dit lyk pret. Pragtige foto’s. Ek was op daai Cobra. Nog nooit so baie gebid nie. Gee my eerder die Crocodile Gorge. Ten minste maak jy jouself nie nat nie.

  6. Reisiger permalink
    Mei 21, 2008 3:11 nm

    Lekkerte!!! Was laas jaar by Gold Reef City saam met die seuns en daar’s NIKS wat my meer opwinding verskaf as so ‘n dag in ‘n pretpark nie. Ek hou die meeste van goed waar water by betrokke is!!

    Sjoe, maar die uitsig uit die Big Wheel is stunning! Jou foto’s is baie mooi soos altyd!!

  7. Mei 21, 2008 3:30 nm

    BiB: Ek vat ook graag die kinders en is ook baie bang vir die goete wat dalk my binngeod kan herrangskik soos jy sê.

  8. Mei 21, 2008 3:33 nm

    Ek het lekker gelees aan jou dag vol rides. Ek hou ook van vinnige goed en spoed. Ek sou verseker lag-lag so lank in die ry gestaan het vir ‘n Phaeton rit, veral as dit jou Red Bull vervang 😉

  9. Mei 21, 2008 4:17 nm

    Oooo lekkkeeerrrrrrrrrrrr! Ek is MAL oor pretparke en spoed en rides wat jou organe herrangskik! Wens ek kon ‘n vlieg teen die “muur” wees om jou gesig te sien toe daai Megadrop val!! Whahahaha! Vetpret!!

  10. Jaco permalink
    Mei 21, 2008 9:59 nm

    Weet jy, jy mag dalk net reg wees. Ek gaan dit probeer.

  11. Mei 21, 2008 10:01 nm

    Ek moet ruiterlik erken……ek is nie gebou vir die rides nie. My binnegoed wil nie eers herrangskik nie….hulle wil uit!!! Nogtans is dit vir my net so ‘n tonic om almal dop te hou as hulle afklim van die rides af!!!

  12. Mei 22, 2008 12:42 vm

    Ek ek kon, sou ek elke liewe dag sulke rides gery het!!!

  13. Mei 22, 2008 4:18 nm

    Ja ek het ook onlangs ‘n paar andersoortige ondervindings gehad wat my laat besef het ek wil dinge doen, lewe, nie net aankarring op die ou trant nie. Maar ‘n pretpark, nee, ek weet darem nie!
    (Uitstekende foto’s, soos altyd.)

  14. Mei 22, 2008 11:43 nm

    Die pretpark is regtig die moeite werd! Vir almal wat nie wil of kan probeer, ai….julle mis uit – maar ek verstaan. Almal kry nie adrenalien-toevoer vanaf dieselfde bronne nie.

    NS: kaalvoet, as jy everland toe gaan, laat asb. weet. ek sal nie jou mooi soet vergesel. 😉

  15. Mei 23, 2008 12:07 vm

    Dis ‘n deal BiB! Hoop jou “ou” hart sal kan byhou by die “KIND” 😉

  16. Mei 23, 2008 12:07 vm

    BTW: Ek sien jy gaan NIE soet wees nie of was dit dalk ‘n tikfout???

  17. Mei 23, 2008 12:40 vm

    Oeps! 😮
    Freudiaanse glipsie…

  18. Mei 23, 2008 3:39 nm

    Ek wonder…. 🙄

  19. boendoe permalink
    Mei 26, 2008 11:12 nm

    Hei, julle teachers…soet wees! Dit was nou lekker om albei se ervaring van ‘n uitstappie saam met die kinders te lees! Klink my die terries is nie TE erg nie?
    Boer, mooi foto’s!

  20. Junie 5, 2008 10:35 nm

    Ek het net vanoggend teen Gold Reef City verby gery toe ek kasdeurtjies vir my kombuis by ‘n fabriek in die omgewing moes gaan bestel. Ek was baie tempted, maar dit sou nie lekker wees om alleen daar in te gaan nie. MAAR…. die kasdeurtjies moet volgende Vrydag weer gaan afgehaal word en ek het nog genoeg tyd om die geliefde te oorreed om dag af te vat en saam met my te gaan!!

    Maar as ons daar uitkom, sal ek liefs by die Tower of Terror verby hou – ek wil nie nou al doodgaan nie! Never mind die “change of underwear”, my “ou” hart sal gaan staan! 😆

Lewer kommentaar