Skip to content

begeerte in ballingskap

Mei 27, 2008

S7302965

Ek begeer nie dikwels nie. Oor algemeen is ek redelik tevrede met wat ek (nie) het (nie). Maar so af en toe word ek gekonfronteer met ‘n visuele prikkeling wat begeerte deur my hele wese laat stu.

S7300292S7302979S7303030S7300295S7300294

Dit is presies wat gebeur het, toe ek die geleentheid aangegryp het om ‘n skou van supermotors hier plaaslik in Korea by te woon. Weliswaar is dit nou nie die grootste sodanige skou wat ek al bygewoon het, maar was dit mooi…

S7300066S7300111

S7302977Ek is die eerste een wat ruiterlik sal erken dat ek nie veel van ‘n motor se binnegoed af weet nie, maar ek kan die lyne van ‘n mooi motor meer waardeer as menige ander. Ek het ‘n totale swakheid vir mooi motors en moet bieg dat, as dit by motors kom, ek totaal en al slegs op die uiterlike ingestel is. As ‘n motor vir my mooi is, skeel dit my meestal min wat onder die enjinkap aangaan of wat die petrolverbruik is esm. Ek kan myself ure lank vergaap aan die pragtige kurwes en kinkels…

Van die hoogtepunte vir my was:

S7300008

Ferrari F50: Hierdie V12 knaap versnel in 3.7 sekondes vanaf 0-100 km/h en het ‘n topspoed van 325km/h . Beraamde prys (tweedehands): $850 000.

S7302996

Ferrari F430: Die V8 enjin versnel die bul in 3.5 sekondes van 0-100km/h en bereik ‘n topspoed van 315km/h . Beraamde prys: $220 000.

S7300025

Ferrari 612 Scaglietti: Nog ‘n V12 monster wat (in vergelyking met die ander Ferraris) “stadig” is: Hy neem 4.2 sekondes om van 0-100km/h te versnel en het ‘n topspoed van 315km/h . Beraamde prys: $250 000

S7300015

Lamborghini Murcielago LP640: Hierdie 7 liter monster versnel in 3.4 sekondes vanaf 0-100 km/h en het ‘n topspoed van 340km/h . Beraamde prys: $370 000.

S7300036

Lamborghini Gallardo: Die Lambo neem 3.8 sekondes om van 0-100km/h te versnel en haal ‘n topspoed van 315km/h . Beraamde prys: $200 000 (R1.5 milj). Hierdie motor was my persoonlike gunsteling.

S7300042

Porsche GT3: Hierdie bulletjie versnel in 4.2 sekondes van 0-100km/h en haal ‘n topspoed van 325km/h . Beraamde prys: $115 000

S7300084

Porsche 911 Turbo: Die staatmaker versnel in 3.7 sekondes vanaf 0-100 km/h en het ‘n topspoed van 310km/h . Beraamde prys: $125 000

S7300061

Mercedes Benz SLR McLaren: Die 5.4 liter V8 blits in so min as 3.1 sekondes vanaf 0-100km/h en bereik ‘n topspoed van 360km/h . Beraamde prys: $500 000.

S7302972

Aston Martin DB9: Die V12 enjin dryf die motor in 4.5 sekondes van 0-100km/h en die topspoed is 306km/h . Beraamde prys: $180 000.

S7302999S7302968

Self sal ek seker nooit een van hierdie pragstukke besit nie, maar dit gee vir my (en soveel ander klein seuntjies binne groot mannelywe) iets om oor te droom en te fantaseer. Ek het met lammerige kniee na etlike ure en honderde foto’s teesinnig die vertoonsaal verlaat. Sjoe! Mooi bly darem maar mooi…

Advertisements
38 Kommentaar leave one →
  1. Jo-Ann Schou permalink
    Mei 27, 2008 11:52 nm

    Mercedes Benz SLR McLaren….. my liewe hart….

  2. Mei 27, 2008 11:57 nm

    Ons was by Kaappunt toe hulle advertensies vir die Mercedes Benz SLR McLaren geskiet het. Ek het net daar die “visuele prikkeling wat begeerte deur my hele wese laat stu” waarvan jy praat ervaar. MUST HAVE!!

  3. Wipneus! permalink
    Mei 28, 2008 12:31 vm

    He he ‘n mooi kar was nog nooit lelik nie 😉

  4. Mei 28, 2008 12:31 vm

    “Ek kan myself ure lank vergaap aan die pragtige kurwes en kinkels…”

    Is jy seker jy praat van die karre en nie die girls by die karre nie??? 😉 Moet se, ek is teleurgesteld dat jy nie ‘n ou fototjie saam met een van die dames laat neem het nie of wil jy dit net nie wys nie??? 😉
    Ek sal nie omgee om die ooppad met daai Aston Martin aan te durf nie of daai laaste oranje nommertjie!!! (watse kar is daai so by the way?)

  5. Reisiger permalink
    Mei 28, 2008 12:55 vm

    So as daar nie nou goed soos spoedlokvalle was nie, en as die petrolprys nie so hoog was nie en as mens so vinnig kon ry soos wat jy wil en as jy een van hierdie speelgoedjies kon bekostig, sou mens soos blits in die Kaap of Durban kon wees van Johannesburg af… Ek sou daarmee kon saamleef!!

    Lyk my daai besoek aan die pretpark het jou nou lus gemaak vir spoed Boertjie! 😉

  6. Mei 28, 2008 3:25 vm

    Ek wil net noem dat ek nog altyd die geel span in fomule 1 ondersteun nie.

  7. Mei 28, 2008 3:26 vm

    Skuus, het. Geen nie nie.

  8. Mei 28, 2008 4:18 vm

    😆 @ George. Maak die karre jou skoon deurmekaar?

    Boer, die Liefie het amper gekwyl oor hierdie foto’s van jou! Ek sal die Ferrari vat, dankie, mits Michael Schumacher saamkom daarmee 😈

  9. Mei 28, 2008 10:19 nm

    Mmm, die Lamborghini Murcielago LP640 is ‘n lieflike dingetjie.

    NS. Daar is vir jou en Kaalvoet hotdogs op my blog! 😉

  10. Mei 29, 2008 12:19 vm

    Baie oulik!! En die motors is ook nie te sleg nie 😉

    Niks van die groot name nie – gee my die Ashton Martin!

  11. Roer permalink
    Mei 29, 2008 2:01 vm

    Die visuele is nice, maar dis wat daai karretjie vir my doen as ek agter sy stuurwiel in skuif wat my na my asem laat snak.

  12. Mei 29, 2008 2:52 vm

    Nou vir wat moet ek nou van die Porche gaan staan en hou. Ek kom om te kyk en ek loop al kwylende… Boer daar was nie ‘n ou prysie op daai geel Porche nie???

  13. Mei 29, 2008 10:25 nm

    Ek wed jou driekwart van die mans wat hierdie inskrywing gelees het, het nie die motors raakgesien nie… 😉

  14. Mei 29, 2008 10:47 nm

    Ek dink jy’s heeltemal reg! 😉

  15. Mei 30, 2008 12:14 vm

    Kaalvoet, lyk my jou en Emil se smaak stem ooreen. Ek dink julle het te veel James Bond flieks gekyk! En terloops, jy en Rene’tjie het die kat aan die stert beet. Die motors is verseker baie mooier as die poppies en soveel VINNIGER!

    Pik, die prys is onderaan die foto: $125 000 (meisie uitgesluit).

    NS: George, ek is ook ‘n kranige Renault-man in F1, maar ongelukkig het hulle bietjie spoed verloor…nou’s ek maar weer terug by Ferrari.

    NNS: Vind jy Michael Scumacher actually aantreklik????

  16. Mei 30, 2008 1:16 vm

    Terloops, ek weet nie watter motor daai laaste oranje-nommertjie is nie, maar dit is ‘n indrukwekkende stuk masjinerie. Miskien herken iemand anders die motor? Hy het nie naam gehad nie…

  17. VanDonk permalink
    Mei 30, 2008 4:57 vm

    Poppiess?? daar was poppies in die prentjiess???? Boer sit ‘n BACK TO POPPIES knoppie hieronder in!! sigggggggggggggg….. daai metaal oranje Lamborghini is net eenvoudig asemrowend mooi!
    Groete
    VanDonk

  18. Mei 30, 2008 1:19 nm

    Ek stry nie Boer! Die karrie IS MOOIER en BETER as die poppies! Wat sou ek nou tog met ‘n poppie wou maak….behalwe as sy dalk in my kombuis wil werk 😆

  19. Mei 30, 2008 4:17 nm

    Ek begin ook nou dink die een in die geel lyk al hoe sexier!

  20. Mei 30, 2008 4:22 nm

    Genade, maar die girls het lelike skoene aan…!! 😉

  21. Reisiger permalink
    Mei 30, 2008 9:21 nm

    Boertjie, vra net ‘n 22-jarige jong mannetjie!! My jongste reken daai oranje gevaartetjie is ‘n Koenigsegg-ccx. Dis ‘n Sweeds vervaardigde motor. Jy sien, die jongste se Bantam bakkie is hoeka in dieselfde oranje kleur geverf!

  22. Mei 30, 2008 10:11 nm

    Rene, nou praat jy!!!! In hierdie wereld koop ek NIKS anders as sneakers en plakkies nie. Jy sal my wragtig nie dood in enige ander paar Koreaanse skoene sien nie. Die goed pas by NIKS en is vrek lelik!
    Terug by die karre…Boer ek like darem nie die AM net oor JB hom bestuur het nie! Ek sal ook nie omgee vir ‘n ou AC Cobra nommertjie nie *sug* en dan het ek natuurlik ‘n swakplekkie vir ou motors soos die Morris en Anglia ens…wat sal ek se…ek like karre en bikes!

  23. Mei 30, 2008 11:39 nm

    Van Donk, ons 2 deel dieselfde smaak in motors. En glo dit (as jy wil), maar ek het ook NET die motors raakgesien toe ek daar was. Eintlik het die poppies net die foto’s van die motors ge-spoil!
    Kaalvoet, ek sal OOK nie omgee om so ‘n nommertjie in die kombuis te he nie…maar vir jou Rene’tjie: jealousy makes you nasty!
    Reisiger, baie dankie! Se vir jou jongste hy ken sy karre!

  24. Mei 30, 2008 11:46 nm

    Ek het nou net hierdie skrikwekkende statistieke opgespoor:
    Koenigsegg-ccx
    4.7 liter V8
    0-100km/h: 3.2 sekondes
    Topsoed: 395km/h (!)
    Prys: $650 000 (!!!!!)

  25. Mei 30, 2008 11:54 nm

    oh my goodness! Dis mos nou ‘n nice kar en dan kom dit boonop in oranje ook! Ek is mal oor oranje….imagine net die krag en spoed en die adrenalien om ‘n draai…. 👿

  26. Mei 30, 2008 11:54 nm

    Ek soek so ene om vir my kos te maak so BTW

  27. Mei 31, 2008 12:31 vm

    Daar’s ‘n Aston Martin dealership in die Kaap se waterfront. Eendag, eendag…

  28. Mei 31, 2008 4:41 vm

    Pragtige skrywe Boer, en die foto’s ook. Party van hulle is ook optiese illusies, as jy lank na die kurwes en lyne staar, verskyn daar ‘n motor!

  29. rondloper permalink
    Mei 31, 2008 5:10 vm

    Gaan soek Lamborghini Gallardo Dubai op youtube, die heel boonste video wat opkom oor die speedbump is die een om te kyk hoe lyk ‘n Lamborghini as hy deur die lug trek! Die Lamborghini kom eers heel aan die einde van die video op.

  30. reisiger permalink
    Mei 31, 2008 8:19 nm

    Boer, hier’s nog ‘n interessante brokkie oor die Koenigsegg-ccx by hierdie link:
    http://www.tazzcentral.co.za/forum/viewthread.php?forum_id=39&thread_id=1576

  31. Mei 31, 2008 9:23 nm

    mmmm…ek het nogal oor dieselfde gewonder as Kaalvoetinireen…lol! ek stem saam dat ek na ‘n motor se “buitekant” kyk, maar dan ook net sekere make/modelle…Honda bly my gunsteling…maar nee dankie vir al hierdie sportmotors..ek los dit vir julle manne…;)

  32. Ruhan Fourie permalink
    Junie 1, 2008 7:53 vm

    Nee. . . Dis karre soos die wat droom om by die koning van alle karre te kom! Die Audi R8!

  33. Junie 2, 2008 7:52 vm

    Damn. I have nothing impressive to say.

    Asian chicks en hot karre!!! HELL YEAH!

    (Let op my uitroeptekens 😉 )

  34. Junie 2, 2008 5:15 nm

    Hehehe Boertjie – gelukkig is ek toe nie die jaloerse soort nie! Wou sommer net bietjie jou been trek!! 😉

    Alle grappies op ‘n stokkie – ek sou my voortande gee vir daai Aston Martin DB9!!

  35. demoerin permalink
    Junie 3, 2008 6:19 nm

    Sjoe, bly om te sien die DB9 is onderlangs rond op die pryslys. Mans bly maar seuntjies en daai karre laat mens sommer lekker droom. Ek hoop MPH kom maak weer ‘n draai in SA volgende jaar! Van al die dinge wat ek onthou van Rome, is die presiese ligging van die Ferrari-winkel die duidelikste!

  36. September 25, 2008 10:05 nm

    thank you very much…nice pictures

Trackbacks

  1. Irredenta « Boer in Ballingskap
  2. Irredenta addendum « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: