Skip to content

Vyf grafte en ‘n takbok of twee

Junie 5, 2008

 

S7301613S7301619

Oreung is ‘n grafpark (tumuli) in Gyeongju waar vyf groot grasgrafte gelee is. Dis ‘n groot area, mooi versorg, omring deur die alomteenwoordige krom Koreaanse dennedome. Ek was self baie verbaas om ‘n paar takbokke te vind wat rustig in die park ronddwaal. Die grafte is gemiddeld tien meter hoog en twintig meter in omtrek. Soos met die ouer Silla grafte is hierdie simplisties, sonder enige basisstene of ander tierlantyntjies.

S7301831

Omrede die geskiedenis so ver teruggaan en die feite met die tyd vervaag, is daar verskillende verklarings van wie of wat nou eintlik hier begrawe le. Die eerste is dat die stigtingskoning van Silla, Koning Hyeokgeose (geheers van 57vC-4nC), met sy dood na die hemel opgevaar het. Na sewe dae het sy liggaam in vyf stukke na onder gestort. Toe die mense die vyf stukke bymekaar wou sit om hom te begrawe, het ‘n reuse slang verskyn en hulle verhoed om die vyf stukke saam te begrawe. Die burgers het toe ‘n afsonderlike graf vir elk van die vyf stukke gebou. Sy vrou, Alyeong het gesterf toe sy haar man se liggaam in vyf stukke sien en is ook hier begrawe.

S7301832

Die tweede verklaring (en verseker die meer geloofwaardige) is dat verskeie heersers van die Park-familie (ook gespel Bak of Pak)* hier begrawe is. Spesifiek Koning Hyeokgeose, sy vrou Alyeong, Koning Namhae (2de monarg van 4nC-24nC), Koning Yuri (3de monarg van 24nC-57nC) en Koning Pasa (5de monarg van 80nC-112nC).

S7301830

Meer onlangs het historici hulle twyfel uitgespreek of hierdie grafte welS7301602 die van die genoemde konings is. Nuwe bewyse dui daarop dat die grafte uit ongeveer 500nC dateer en nie vroeer nie. Hulle redeneer ook dat sommige van die tombes te klein is om die van konings te wees.

Hoe dit ookal sy, hierdie park is ‘n baie rustige plek om te gaan rondwandel, die kop skoon te kry en te ontspan.

*Hier le nog lede van die Park-familie en rus:

https://boerinballingskap.wordpress.com/2008/02/19/graftombes-en-eggos-van-gister-iii/

Advertisements
9 Kommentaar leave one →
  1. Wipneus! permalink
    Junie 5, 2008 12:50 vm

    Bib dit is ‘n interessante inskrywing.

  2. Junie 5, 2008 12:50 vm

    Hierdie Koreaanse graf “heuwels” is altyd vir my vreeslik interessant!

  3. Junie 5, 2008 9:52 vm

    Ek neem aan die foto’s is in die winter geneem? Baie nice inskrywing en ek hou van die “topoki’s” hehehe!

  4. Junie 5, 2008 6:06 nm

    Nou toe nou, heuweltjiegrafte!!!! Dit lyk so rustig. Ek sal dit graag ook self wil sien en ervaar.

  5. Junie 5, 2008 8:25 nm

    Die Man met die Pienk Zuit weet nog steeds alles.

  6. Junie 5, 2008 10:10 nm

    Dankie, lekker gelees! Kyk of jy jou vote hier kan plaas! march against crime…as jy nog nie het nie
    http://www.millionmanmarch.co.za/

  7. Junie 5, 2008 10:48 nm

    Die krom dennebome is vir my interessant. Die dennebome in Rome het my ook destyds opgeval, maar ek dink dis ‘n ander tipe denneboom as dié in Suid-Korea.

  8. Junie 13, 2008 3:05 vm

    Dankie vir julle kommentaar. Ek was ongelukkig nog nooit in Rome nie, maar sal graag daar wil draaigooi! En ja (Kaalvoet), die foto’s dateer uit die wintertyd, synde dat die grafte so vaalbruin is. Tans is hierdie grafte grasgroen!

  9. reisiger permalink
    Junie 13, 2008 5:08 vm

    Ek sal met tyd ‘n inskrywing oor Rome doen en ‘n foto plaas van die dennebome daar Boer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: