Skip to content

Baengyulsa en die Steen van Golbulsa

Junie 11, 2008

S7302717

S7302702Baengyulsa is ‘n klein tempeltjie in Gyeongju , gelee teen Sogeumgang-berg se koppies. Volgens oorlewering is hierdie tempel gebou om Park Inchadon se martelaarskap te gedenk. Die oorspronklike tempel is gedurende die Japanese inval van 1592-98 vernietig, maar is tydens die bewind van die Joseon- dinastie (1392-1910) herbou. Weens die historiese S7302705 belangrikheid van die tempel, is die klein aanbiddingsplek baie gewild onder Buddhiste. Wat die tempel ook uniek maak, is die feit dat daar nie die gebruiklike steen-pagoda gebou is nie, weens die gebrek aan spasie, so tussen die bergrotse. Die tempel is effe weggesteek tussen die granietstene en dennebome en dis ‘n hele entjie se opdraende stap om daar uit tekom. Dis egter die moeite werd. Soos ek nou al gewoond geraak het daaraan, is die tempel met pragtige muurskilderye versier.

S7302703S7302713S7302700S7302714S7302716

Naby Baengyulsa, is die historiese granietsteen, genaamd die Steen van Golbulsa gelee. Dis ‘n drie meter hoe granietsteen, waaruit verskeie Buddha-beelde gekerf is. Volgens oorlewering het Koning Gyeondeok van Silla (geheers van 742-765) op pad na Baengyulsa tempel, stemme van onder die grond hoor roep. Die koning het beveel dat daar gespit moet word en het op hierdie groot rots afgekom. Hy het toe beveel dat ‘n tempel op die plek opgerig moes word. Tydens opgrawings is vasgestel dat die plek waar die steen staan, die plek was waar die Golbulsa tempel steeds gestaan het tydens die heerskappy van die Goryeo- dinastie (918-1392). Dit is onseker hoe die tempel vernietig is, hoewel daar tot en met 1681 nog verwysings was na die bestaan van die tempel.

S7302724S7302731

Die Amithaba Buddha (Buddha van die “rein land en oneindige goeie dade”) saam met 2 Bhodisattvas (“verligte wesens met wysheid” wat streef daarna om volwaardige Buddhas te word) kyk na die weste. Die Bhaisajaguru (Buddha van Medisyne) kyk na die ooste. Aan die suidekant is oorspronklik drie staande Buddhas gekerf. Die Japanese het egter tydens die koloniale besetting (1910-45) een van die drie beelde gesteel en ‘n ander onthoof. Aan die noordekant is daar twee Bhodisattvas , waarvan een elf gesigte en ses arms het. Die een met die vele ledemate is in intaglio aangebring en is ongelukkig skaars sigbaar weens die verweer.

S7302723S7302726

Rondom die groot Steen van Golbulsa is daar verskillende plekke om kersies aan te steek en wierook te brand ter ere van die beelde. So vind mens dan ook heel dikwels Koreane wat hier hulle kersies kom brand en kom bid vir voorsoed. Hulle loop gewoonlik so vyf tot sewe maal om die steen en buig biddend voor elke kant van die steen.

S7302753

 

Advertisements
7 Kommentaar leave one →
  1. Junie 11, 2008 12:39 vm

    Wow! Dis so nice…ek sal verseker daar moet uitkom, want hier in my geweste is daar nie sulke nice tempels nie. Wel, nie waarvan ek weet nie in elk geval. Dankie vir die lekker leesstof.

  2. Junie 11, 2008 12:42 vm

    Baie dankie Bib. Nou ken ek die agtergrond agter hierdie tempel, ek was self hier gewees ‘n paar maande gelede, maar dit was te laat in die aand gewees, het nie rerig duer die hele plek beweeg nie.

  3. Junie 11, 2008 6:13 nm

    Ek toer lekker saam jou in Korea.

    Die tempel lyk ‘n goeie ervaring.

  4. Wipneus! permalink
    Junie 12, 2008 4:50 vm

    Baie interessant. Ek is mal oor tempels en kerke.
    Mooi foto’s

  5. Junie 12, 2008 6:57 vm

    BiB, toe ek hierdie lees dink ek weer aan ‘n stukkie wat ek raakgelees het in die SAL boekie Maandag op pad terug Engeland toe wat gehandel het op die “per ongelukke” ontdekking van die Terrakotta Krygers in China.

    Ek wonder hoeveel verlore dinge le steeds begrawe oor die wereld….

  6. Roer permalink
    Junie 13, 2008 2:37 vm

    Ek bid gereeld vir VOORSOED, maar dan’s ek ongeduldig en gaan koop sommer self ‘n sjokelade blokkie. 😉 Alle grappies op ‘n stokkie. Baie interessant soos gewoonlik. Jy’t darem ‘n baie interessante lewe, al het jy nou nie daai droom kar wat jou so laat kwyl nie.

  7. Junie 13, 2008 3:11 vm

    Ek werk aan my droom…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: