Skip to content

Koreaanse karaoke

Junie 16, 2008

S7305066S7305067S7305068S7305077S7305069

Jy was nie in Korea as jy nog nie gaan noraebang het nie. Noraebang beteken letterlik song room. In Korea is dit ‘n nasionale obsessie en een van hierdie Oosterlinge se gunsteling tydverdrywe. Elke naweek loop hierdie karaokeplekke vol van Koreane. Mens tref die noreabangs oral aan. Daar is nie eers ‘n straat waar mens kan afloop sonder om op ‘n noraebang af te kom nie.

S7305062

Anders as in Suid-Afrika en ander plekke, is daar nie karaoke kroee hier nie, maar noraebang-kamers. Dis gewoonlik ‘n gebou met so tussen 5 S7305074en 10 kamers van wisselende grote. Jy gaan bloot binne en as hulle nie vol is nie, kry jy ‘n kamer wat per uur betaal is. In so ‘n kamer kan jy en jouS7305066 vriende dan in privaatheid sit en kuier en karaoke tot die son opkom, sonder dat die res van die publiek aanskou hoe jy jou naam krater maak. Jy ontspan dus al te lekker, bestel ‘n paar biere, soju (Korea se nasionale drank – ek noem dit sommer Koreaanse mampoer) en peuselhappies en probeer jou longe uit te sing, terwyl jy komies poog om ou vergete danspassie uit te haal.

S7305081S7305070

Die kamers is netjies ingerig en versier in tipies Koreaans kitsch. Die luidsprekers is meestal oorverdowend en die draaiende, polsende ligte omskep jou kuier in ‘n privaat-disko. Dis ‘n goedkoop en baie lekker tydverdryf. Maar ek weet nie of mens dit sonder die noodsaaklike bier en soju sal kan aandurf nie.

kyk hier na ‘n video

Advertisements
25 Kommentaar leave one →
  1. Junie 16, 2008 2:25 vm

    Lyk na ‘n lekker storie, maar ek sal beslis ‘n paar drankies moet inhê, verkieslik my luisteraars ook – ek het nooit koor gesing nie…

  2. mockajava permalink
    Junie 16, 2008 4:45 vm

    Bib, dit was ‘n ervaring 2000. Soju en Norebang is absoluut ‘n wenner

  3. Junie 16, 2008 4:46 vm

    Ek stem saam met Jane op die drankies! Ek is nie een vir die kollig nie, maar dit is nogal iets om te beleef, veral saam met ‘n paar Koreane.

  4. Junie 16, 2008 6:30 vm

    Het jy dit al gedoen BiB? 😆

  5. Amanda permalink
    Junie 16, 2008 1:47 nm

    ….en het jy ‘n video van jou waar jy karaoke..??

  6. mockajava permalink
    Junie 16, 2008 2:07 nm

    Amanda, daar sal definitief iewers ‘n norebang of iets soorts gelyks daaraan van Bib een van die dae verskyn……

  7. Junie 16, 2008 4:31 nm

    Dit klink na groot pret!! 🙂

  8. Junie 16, 2008 7:25 nm

    Ek stem saam met Amanda.

    Vergeet die foto’s. Plaas die Youtubie! 🙂

  9. Junie 16, 2008 8:20 nm

    Wys ons hoe N-bang jy! Flip om dit te doen sal ek baie dronk moet wees. Ek kan nie sing nie, ek sal dit nie aan my vriende doen nie.

  10. Junie 16, 2008 11:28 nm

    Ja, ek het gaan noraebang en dit was inderdaad groot pret! Ek verstaan nie die versoeke vir ‘n video nie – ek het mos ‘n skakel geplaas na die video toe, of het julle dit misgelees? 🙂

  11. mockajava permalink
    Junie 17, 2008 12:57 vm

    Die skakel is inderdaad ‘ n norebang video snitsel Bib, maar definitief nie van jou nie!

  12. Junie 17, 2008 1:15 vm

    Maar Kaalvoetinireen het ‘n cameo rol in die video? 😉

  13. Junie 17, 2008 1:21 vm

    Iewers daarbuite sweef daar dalk ‘n video van my ook rond, maar ekself besit nie sulke inkriminerende materiaal nie. 😉
    Kaalvoet in die video?? Wag laat ek weer gaan kyk…

  14. Junie 17, 2008 9:19 vm

    Huh??? 😯

  15. Junie 17, 2008 9:20 nm

    Klink my karaoke is groot in Asië. Ons het dit oral in Thailand ook gesien. En daar is die mense wat sing super ernstig daaroor. Daar word nie gelag vir die sanger nie hoor!

  16. mockajava permalink
    Junie 18, 2008 12:17 vm

    Dis dan juis die rede dat die soju vloei in die norebang kamer, sodat mens nie te veel omgee wat hulle reaksies teenoor mekaar gaan wees nie. Mens moet net versigtig wees met die soju, dit kan nogals potent wees.

  17. Junie 18, 2008 12:30 vm

    Hier’s ‘n geldmaakskema…verkoop oorpluisies aan die mense in die gebou terwyl ek sing 😀 dis ‘n wen wen situasie…split die profyt 😉

    Dink dit kan ‘n lekker jol wees…wonder of dit in SA sal kan inpas

  18. Junie 18, 2008 12:42 vm

    Iewers het ek iets gemis…

  19. Junie 18, 2008 4:05 vm

    Word die liedjies in die snaakse teks op die skerm gewys? Ek sal sukkel daarmee.

  20. Junie 18, 2008 5:44 vm

    durf dit met die bier…en oorpluisies aan! 😉

  21. Junie 18, 2008 5:05 nm

    Wees vandag deel van ‘n amptelike Guinness Wêreldrekord!

  22. Nico permalink
    Junie 20, 2008 12:58 vm

    BIB, waar is die foto van JOUSELF wat sing?

  23. Junie 20, 2008 9:18 nm

    So vier vinniges en ek sing soos Kimera- natuurlik sonder die belaglike eye shadow!

  24. Junie 20, 2008 10:57 nm

    Bib, ek stem met Nico. Opmerklik, jou afwesigheid!

    Dankie vir die mooi woorde by my.

  25. Junie 22, 2008 6:04 vm

    Het nog nooit ‘n privaat vertrek (kamer) per uur gehuur nie! Wonder of daar nie lekkerder goed is as ‘sing’ is om te doen nie… 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: