Skip to content

die Withuis wag…

Julie 5, 2008

Anders as in Suid-Afrika, geniet Amerikaanse burgers die voorreg om ‘n keuse uit te oefen tov wie hulle as president wil he. Weliswaar is daar, vir alle praktiese doeleindes, slegs twee kandidate, maar ten minste bied hulle uiteenlopende opsies. Vanjaar se verkiesing in November beloof om ‘n riller te wees omdat die twee kandidate haas onmoontlik nie meer verskillend kon gewees het nie.

john mccainIn die Republikeinse hoek is daar die Vietnam -veteraan, John McCain. Op 71 (in Augustus word hy 72) is hy die oudste presidentskandidaat ooit. Vir die Demokrate is daar die charismatiese Barack Obama, op 46 (hy word, ironies genoeg ook in Augustus, 47) een van die jongste kandidate ooit. McCain is blank en reeds jare in die politiek; Obama is die eerste Afro-Amerikaanse presidentskandidaat in die geskiedenis en op die koop toe,thmb barack profile loop sy bloedlyn na Afrika. McCain is een van die grootste voorstanders van voortgesette Amerikaanse militere teenwoordigheid in Irak; Obama wil sou gou moontlik Amerikaanse troepe uit Irak onttrek. Daar is nog vele ander verskille tussen hierdie twee kandidate, maar ek wil nie hier in verdere detail verval nie.

Wat is dus hierdie twee kandidate se sterkpunte en swakpunte? En wat kan mens van die twee onderskeie kampe verwag in aanloop tot November?

2667094283Ek dink albei kandidate se primere bemarkingstrategie is reeds duidelik. McCain verkoop homself as ‘n opregte, patriotiese Amerikaner wat graag sy land wil dien. Vir hierdie strategie maak hy ruim gebruik van sy status as ‘n heroiese oud Vietnamese krygsgevangene. Voorts hammer hy op sy baie jare ervaring in die Senaat en Amerikaanse politiek. Kortom skets hy homself as ‘n leier met die nodige ervaring, ‘n leier wat eerlik is en ‘n leier wat vertrou kan word om altyd die VSA se belange bo sy eie te stel. Hierop baseer McCain dan ook die skerppunt van sy offensief teen die Obama-kamp. Hy lig Obama se gebrek aan ervaring in veral buitelandse beleid en internasionale politiek uit. Volgens McCain is Obama, hoewel welsprekend, naief en nie mans genoeg om na die VSA se veiligheid om te sien teen geswore vyande soos Iran en Al Qaida nie.

Obama se (nou reeds bekende) slagspreuk isverandering. Hy verkoop3667031602 homself as die stem van ‘n nuwe geslag Amerikaners wat jonk, dinamies en nuut-denkend is. Hierdie nuwe geslag burgers is moeg vir die oorheersing van gevestigde belange in Washington DC en die ou manier van politiekery. Obama stel dit duidelik dat hy dinge anders wil doen, aangesien dit duidelik is dat die huidige manier van dinge doen, nie vir die VSA werk nie. Obama beskou homself as ‘nagent van verandering en daarvoor vra hy ‘n mandaat van die burgers. Obama se primere aanval op McCain is juis gebaseer op die aanname dat McCain nie ‘nagent van verandering is nie, maar sleg sal sorg vir die voortsetting van George Bush se mislukte beleidsrigtings. Male sonder tal het Obama al gese dat ‘n stem vir McCain slegs ‘n stem is ” for Bush’s third term” . Onder McCain, so redeneer Obama, sal die VSA slegs voortgaan met die ou manier van dinge doen en sal mislukte beleidsrigtings voortgesit word, aangesien McCain (volgens hom) ‘n Bush -meeloper is.

0701 1 lrgEn bogenoemde bring my by die twee kandidate se struikelblokke, asook dit wat in hulle guns tel. En inderdaad is die huidige Republikeinse President Bush die grootste albatros om McCain se nek. Bush is baie ongewild en een van McCain se groot uitdagings is hoe om hom van Bush te distansieer SONDER om die konserwatiewe Republikeine wat wel Bush steun, se steun te verloor. Inderdaad ‘n moelike balanseertoertjie. Terselfdertyd moet McCain poog om spesifiek Bush se regse Christen-evangeliese steunbasis te behou. Binne hierdie geledere is hy nie baie gewild nie, veral omdat hy (anders as die huidige president) feitlik glad nie na sy geloof verwys nie, asook nie spesiale aandag gee aan morele kwessies soos oa aborsie nie.

Aan die kredietkant is McCain redelik gewild onder die deursnee Amerikaner en het hy ‘n beeld kon bou as ‘n politikus “who walks the talk“. Hy se wat hy dink en het ‘n bewese rekord binne die Republikeinse Party as ‘n eiewyse gees wat sy gewete volg en gevestigde magte en belange teenstaan, wanneer hy glo dat sulke belange bo die van die VSA gestel word. Derhalwe het hy dan ook in die verlede nie geskroom op kop te stamp met Bush nie. Dit kan ook genoem word dat Goewerneur Arnold Schwarzenegger (wat baie gewild in die digbevolkte Kalifornie is) een van McCain se grootste ondersteuners is.

Obama se groot uitdaging is om in die kiesers se oe, sy beeld as jonk,1735722129 b9dd860454 maar onervare, te verander. Inderdaad is sy ervaring in internasionale politiek beperk en hy moet kiesers oorreed dat hy sterk genoeg leiding sal gee om Amerikaanse veiligheid te verseker. Uitsprake dat hy sal wil onderhandel met karakters soos Ahmedenijad van Iran, help nie om hierdie beeld af te skud dat hy dalk nie ferm genoeg sal optree teen Amerikaanse vyande nie. Die kiesers bly twyfel of hy selfgeldend genoeg sal wees binne die hond-eet-hond internasionale arena. Binne eie geledere moet Obama poog om die wonde te heel van Demokratiese binnegevegte wat gevolg het op ‘n taamlike bitter stryd vir nominasie met Hillary Clinton. Hy sal uit sy pad moet gaan om Clinton se ondersteuners (veral blanke vroue en blanke blouboordjie-werkers) se volle steun te wen.

In Obama se guns tel dat hy ‘n goeie spreker is, charismaties is en die verbeelding aangryp as die eerste Afro-Amerikaanse presidentskandidaat. Hierby tel dit in Obama se guns dat Bush die afgelope 8 jaar die Republikeinse Party se beeld onberekenbare skade berokken het en dat die Amerikaners regtig verandering wil sien. Laastens is die immergewilde Oprah Winfrey een van Obama se grootste ondersteuners.

0623 1 lrgOm op hierdie stadium ‘n voorspelling te waag sal kortsigtig wees. Alle aanduidings is dat dit ‘n baie noue stryd gaan wees. Obama behoort die gunsteling te wees, in aggenome dat die deursnee Amerikaner regtig moeg is vir die Republikeine en veral vir Bush. Maar om McCain af te skryf, sal dalk ‘n fout wees. Hy is ‘n ervare en uitgeslape politikus en hy is baie gewilder as Bush. En die geskiedenis het geleer dat daar nog baie water in die see kan loop. Daar is talle veranderlikes wat ‘n rol kan speel tot en met die verkiesing. Iewers kan een van die kandidate fatale foute maak; iewers kan ‘n ou3875561681 vergete geraamte hard uit ‘n kas kletter. Miskien kan daar ‘n dramatiese terroriste-aanval plaasvind, of ‘n oorlog in Iran of vele ander verwikkelinge. En natuurlik moet beide McCain en Obama nog hulle Vise-Presidentskandidate aanwys. Soveel gebeure kan dus op die ou-end ‘n rol speel in die uiteindelik verkiesingsuitslag.

Een ding wat seker is, is dat dit ‘n geweldige intense en passievolle stryd gaan wees. Ek weet nie van ander nie, maar ek gaan dit nougeset volg tot aan die einde. Vir die politieke dier in my, is so ‘n leierskapstryd stapelkos en ek geniet elke oomblik om die verskillende maneuvrerings, strategiee en taktieke te volg. Self moet ek erken ek het nie juis ‘n gunsteling in hierdie stryd nie. Ek is van mening dat beide kandidate goed kan wees vir die VSA. Maar onder Obama gaan dit dalk net soveel interessanter wees om te sien watter rigting die VSA inslaan.

Naskrif…

735490Wat hulle wederhelfte aan betref, verkies ek definitief vir Michelle Obama. Sy is selfversekerd, welsprekend en duidelik intelligent. Cindy McCain lyk (met respek gese) na ‘n silikoon-poppie. Blykbaar is sy ‘n ervare en intelligente besigheidsvrou, maar dis nie die indruk wat ek kry nie.

Advertisements
20 Kommentaar leave one →
  1. Julie 5, 2008 6:14 vm

    Ek het ook ‘n idee McCain kan dalk ‘n vervelige keuse wees – en die kiesers gaan waarskynlik ook so dink. Of sal hulle liewer vir ‘n “veilige” keuse gaan?

    Michelle is seker darem ook jonger as Cindy?

  2. Julie 5, 2008 1:07 nm

    As ek ‘n keuse moes maak sou dit definitief Oma gewees het. Ek dink Amerika het n nuwe perspektief bietjie nodig.

    En die naskrif – Ek dink nie Cindy McCain is dom nie, maar sy lyk definitief soos n barbie pop vanaf die 70 jare.

  3. Julie 7, 2008 5:32 vm

    Ek dink McCain is te oud…ek weet ook van Amerikaanse skaakspelers op die skaaksite wat se hulle gaan vir hom stem bloot uit die “obvious” rede…

  4. Julie 7, 2008 12:52 nm

    Dit gaan ‘n intressante battle wees hierdie en ek weet ook nie wie sal wen nie. Ek hou ook meer van Michelle Obama…dit lyk nie of sy gerecycle kan word as sy doodgaan nie. Cindy lyk soos ‘n plastiek poppie en tog so fake!

  5. Julie 8, 2008 9:47 nm

    Is daar nie hoeka ‘n boek oppad oor Obama nie? Dit laat my wonder oor die geraamtes!

  6. Julie 9, 2008 12:11 vm

    Kop, wat die Amerikaanse kiesers gaan besluit, is nog onvoorspelbaar, maar ek sal saamstem dat McCain moontlik die “veilige en vervelige” keuse is en Obama die “waagmoedige en avontuurlike” keuse. Cindy is 9 jaar ouer as Michelle, maar vir my lyk Cindy reeds 60 en oorgedoen…
    Nikita, jammer dat ek nou nie so vinnig van begrip is nie, maar wat is die “obvious” rede?
    Kaalvoet, “recycle”….jy stel dit baie goed! LOL!
    Marina, ek weet nie van so ‘n boek nie, maar laat my bietjie weet as jy ‘n titel het.

  7. Julie 9, 2008 2:01 vm

    hi boer..man, jy kom van Suid-Afrika en jy weet nie!! lol!! dink aan skaak man…”swart op wit en wit op swart..” -is daar nie ‘n liedjie met daardie woorde nie…….- 😯 ja, daar is nog honderde van die Amerikaners wat daarvan hou om “wit te speel”… jy sal verbaas wees wat ek op die skaaksite vertel word… 😉 ek was verstom myself..

  8. Julie 9, 2008 2:26 vm

    Jammer vir die kortsigtigheid 😉
    In wese het ek mos nou al lankal verby ras beweeg, maar die Amerikaners (net soos die Suid-Afrikaners) duidelik nie. Daar is sekerlik net soveel Afro-Amerikaners wat vir Obama gaan stem weens dieselfde rede…..As Amerika so lank vat om verby ras te beweeg, hoe lank sal dit nie nog in SA neem nie…? 😦

  9. Julie 9, 2008 2:33 vm

    Hierdie hele besigheid is scary om die minste daarvan te sê, maar ten minste het die Amerikaners darem nog ‘n keuse…

  10. Julie 9, 2008 2:53 vm

    Boer…hierdie Amerikaners wat so groot mond Apartheid geskree het in die jare 60’s… einste hulle wat steeds na kleur kyk, maar ook wanneer dit hulle pas!! hulle noem (het) dit seggregasie genoem…en ons noem dit (het) Apartheid…ons s’n was op die wetboeke geskryf, hulle s’n NIE! dis die verskil…so ook ander lande.. laat ek jou se “Apartheid” is lewendig in baie lande…onder ‘n ander dekmantel..saam met my het ‘n jong Kanadees gewerk en hy het my ook vertel van “groepe” en dat dit op “apartheid” neerkom! ag jong, ek is eeue verby kleur…maar dit sal nog vir baie jare ‘n besprekingsonderwerp bly… dis in die geskiedenisboeke geskryf, ons kan nie daarvan wegkom nie, net in die werklike lewe daarvan probeer wegbreek…hier in Engeland is dan ‘n boek wat in skole gebruik word (ek het toevallig ‘n kopie by my) wat slegs oor Apartheid gaan…dis in die Y10-sillabus..vir GCSE..geskiedenis en ek het hul vraestelle gesien hierdie jaar… en baie mense het nog steeds die wanidee van…jy’s wit, jy praat Afrikaans, dus…jy kan nie anders as om ‘n rassis te MOET wees nie… sad, but true.. en op die skaaksite moes ek al baie vrae beantwoord het…wat ek nie omgee nie, want dit verwyder daardie wanbegrippe…jy sal verbaas wees oor hoe ONingelig mense regtig is…oor SA ens…maar, jy moes al in die bed gewees het daar by jou! jy gaan nagmerries kry! 😉

  11. Julie 10, 2008 2:07 vm

    Pik, ek dink die dis scary nie…..net baie interessant.
    Nikita, ek ken die Amerikaners se eie rasse-geskiedenis en ek besef rasseverdeeldheid sekerlik maar oral tot ‘n mindere of meerdere mate bestaan. Ek haal egter my hoed vir die Amerikaners af vir hoe ver hulle al gevorder het. Die Afro-Amerikaners se rol in die politiek is hoe-profiel en belangrike kabinetsposte vir Afro-Amerikaners is niks meer snaaks nie. Die feit dat Obama ‘n presidentskandidaat is, spreek ook boekdele. Persoonlik glo ek nie sy ras sal in wese teen hom tel nie….maar natuurlik mag ek verkeerd wees.

  12. Julie 10, 2008 3:52 vm

    hi Boer…ek hoop nie jy was onder die indruk dat ek probeer se het dat jy nie van hulle geskiedenis bewus was nie… ;(

  13. Julie 11, 2008 12:55 vm

    Nee, man – glad nie! Jammer as dit verkeerd oorgekom het. 🙂

  14. rianabrand permalink
    Julie 11, 2008 3:55 vm

    Hallo Boer – Jong met so insiggewinde en opvoedkundige insig in die Amerikaanse politiek dink ek het jy dit heel goed opgesom. Natuurlik is Amerika nie hier op die voorgrond in Europa nie, want die deursnee Europese burger sien die Amerikaners as onopgevoede, luiddrigte egoiste en ‘know-it-all’s ‘ – waar in SA die Amerikaners nog indruk maak is dit hier by ons glad nie die geval nie – maar ek vind jou opsomming wel intressant en insiggewind. Dankie daarvoor. Groete tot volgende keer. Riana

  15. Julie 18, 2008 3:18 vm

    Goeie artikel. Goeie opsomming. As ‘n Suid Afrikaanse-Amerikaner kan ek net se beide kandidate is swak. Dis ‘n jammerte dat daar nie sterker kandidate in the preliminary verkiesings was nie. Hulle was almal pretty boring. Maar dit is ‘n mens se plig om the gaan stem en ek sal my besluit later maak, kort voor die verkiesing.

  16. Julie 22, 2008 9:21 vm

    Soos gewoonlik goed en gebalanseerd geskryf. Dit was lekker om hierdie inskrywing te lees en op datum te kom met die twee kandidate. Dankie, jy’t my ‘n hele paar besoeke aan websites gespaar 🙂

    Persoonlik hou ek meer van Obama, maar as ek ‘n Amerikaner was, sou ek vir McCain kies en hoop hy draai nie soos Bush uit nie. Hy lyk nogal jonk vir sy ouderdom…

  17. Julie 23, 2008 1:26 vm

    Ek besef dat nie alle mense ‘n erge belangstelling in die Amerikaanse verkiesing (of enige ander verkiesing for that matter) het nie. Dankie dus vir julle belangstelling en kommentaar.

    Riana, ek hou van die Europeers (uitgesluit die VK) juis omdat hulle nie skaapagtig swig voor Amerikaanse kulturele imperialisme nie. Hier in die Ooste is dit ongelukkig so dat alles wat Amerikaans is verheerlik word en slaafs nagevolg word. Soms steek dit my dwars in die krop. Maar in elk geval, soos ek verstaan is Obama baie gewilder in Europa as McCain.

    Bluegrass – interessante opmerking dat jy van mening is dat altwee die kandidate in wese swak is. Dink jy daar is andere wat beter kandidate sou wees? En as jy hulle met Bush vergelyk, kom hulle nog steeds oor as swak kandidate?

    JS, Bly ek kon jou tydspaar! Ek dink McCain lyk so goed, want daardie silikoonvroutjie van hom, hou hom maar seker jonk? 🙂

Trackbacks

  1. McCain se Alaska-waagstuk « Boer in Ballingskap
  2. Die verkiesing is reeds verby… « Boer in Ballingskap
  3. Obama vs Romney « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: