Skip to content

Somer

Julie 24, 2008
tags:

Elke seisoen hier in Korea het sy eie bekoring. Herfs hier is ‘n pragtige tyd, wanneer die plate bladwisselende bome, elk met unieke skakerings, hulle groen somersjas afskud. Die lug is meestal blou, die dae stil en die landskap is mooi impressionisties geskets, asof deur kunstenaars van oud.

S7305658

Teen November is die dae aanvoelbaar kouer en teen Desember is die pragtige kleurespel abrupt verby. In die winter is alles kaal, vaal, geel en verlep soos die vriespunt temperature hul tol begin eis. Dit laat mens met ‘n gevoel van verlatenheid agv die totale afwesigheid van kleur in die natuur. Teen einde Desember en Januarie begin dit egter sneeu en die kaal landskappe word oornag omgetower in ‘n wit sprokieswereld waaraan die oog homself kan verlustig.

S7305623S7305545S7305572S7305627

Die sneeu wyk, dit word effe warmer en teen einde Maart maak die lente ‘n dramatiese buiging met ‘n kakofonie van kleur wat jou sintuie totaal oorweldig. Vir ‘n paar weke word die natuur se nuwe lewe deel van jou en stap jy ook sommer met ‘n ligter tred. Teen middel Mei volg die somer…

S7305476S7305630S7305635S7305637S7305632

Ek het nog altyd geglo dat elk van hierdie seisoene inderdaad hulle eie, unieke bekoring het…behalwe somer. Weliswaar is die sporadiese donderstorm aangenaam en orals waar jy kyk, sien jy net groen…later eentonig groen. Maar dis bedompig, klewerig en al gevoel wat jy die heeltyd van bewus is, is die permanente, irriterende klammigheid op jou vel. Die dae is deinserig en soms voel dit of jy die vog wat om jou hang, met ‘n mes kan sny. Jy is tam en nie entoesiasties om veel te sien of te ontdek nie. Jy bly ook permanent dors.

S7305742

Maar dan begin jy dit versigtig buite waag, neem verlief met jou ongemak en die klam klere wat altyd kleef. En, kom wat wil, jy vat die pad uit die stad en soek die natuur op. En te midde van die hitte, kom jy agter daar is baie meer voels as gewoonlik, baie van die plante blom nou eers ten volle en jy begin die honderde insekte en gediertes ervaar vir wie somer soos ‘n handskoen pas.

S7305640S7305602S7305605S7305603

Die groenbegroeide paadjies wat jy stap is skielik mooi en herinner aan die bangmaakbosse van die Suid-Kaap. Jy stop dikwels om voels te kyk en ook die honderde verskillende gogga-gediertes waar te neem, elkeen trots met hulle eie vorm en kleur.

S7305653

Die talle ryslande, wat in die ander seisoene soos brandsiekmerke op die landskap le, is nou geilgroen en skep pragtige windwuifende panoramas. Dan besef jy dat die somer wel sy eie bekoring het, synde dat dit die seisoen is wat die natuur regtig leef! Die somer is warm en ongemaklik, maar soos al die ander seisoene hier, bied dit vir die wat die pad vat, die beloning van unieke skoonheid.

S7305722S7305717S7305709S7305723

17 Kommentaar leave one →
  1. VanDonk permalink
    Julie 24, 2008 3:04 vm

    Ai BIB, Indien jy ooit hierdie blog sou stop sal ek, vir een, jou nooit vergewe nie!! Dit is wragtag altyd ‘n hoogtepunt om jou woorde te lees, en daardie wereld waar jy jou dae beleef, deur jou kameralens te sien!
    Beste daar
    VanDonk

  2. reisiger permalink
    Julie 24, 2008 3:09 vm

    Baie mooi omskrywing van al die seisoene!! Jou foto’s is stunning!!

  3. Julie 24, 2008 11:09 vm

    Ek beaam jou gevol oor die klewerige somer! Dis nie lekker nie, maar di nog steeds beter as die koue vir my! Ek is mal oor die groen ryslande in die wereld! Stunning foto’s Boer…soos altyd!😉

  4. Julie 24, 2008 4:51 nm

    Jou foto’s is altyd fenomenaal maar die groot een van die rysland is double wow ek is mal daaroor. En ek hou van die manier waarop jy altyd daarin slaag om verby die slegte, negatiewe of ongemaklike dinge te kyk en met opset te soek na die mooi daarin totdat jy dit vind. Mooi gemaak meneer.

  5. Krista permalink
    Julie 25, 2008 1:32 vm

    Sjoe, dis nou so droog by ons, ek lus sommer die groenigheid daar by jou!

  6. Julie 25, 2008 6:15 nm

    Ek verlang na die somer! Soos altyd is jou foto’s pragtig.😉

  7. Julie 26, 2008 12:52 vm

    Sjoe, dit is pragtig! Dit lyk soos vakansie….! Geniet die naweek!

  8. Julie 26, 2008 12:59 vm

    Dankie vir julle waardering en meelewing. Dis vir my lekker om iets van my ervaringe hier in die vreemde te deel.

    Tersia….dit LYK nie net soos vakansie nie….dit IS vakansie…’n hele week lank!

    NS: Wou ook noem: ek haal my hoed af vir Yelena en al die ander Olimpiese atlete wat in hierdie tipe weer op die hoogste vlak gaan deelneem.

  9. Julie 26, 2008 2:19 vm

    Jinne maar daai foto’s van jou is mooi! Ek raak skoon jaloers as ek so na die sandduine om my kyk en die groen, groen, groen wereld daar by jou sien . . .

  10. Julie 26, 2008 6:03 vm

    My eerste keer hier en ek is verstom oor jou foto’s!

  11. Blondie permalink
    Julie 26, 2008 10:02 vm

    Fantasties!!

  12. Julie 26, 2008 3:55 nm

    Baie mooi BiB, Boeta, oor ‘n paar maande gaan julle darem weer bibber! Ons wintertjie is so kort, laas Saterdag het ek ons appelkoosboom gesnoei, hy het nog bietjie blare aangehad, en ek verwag dat hy voor die einde van Augustus weer gaan begin bot.

  13. Julie 26, 2008 10:20 nm

    Sjoe! pragtige foto’s en fotografie!! Daardie spinnekop laat my dink aan een in Potgietersrus-omgewing…was op my skoonpa se wildsplaas en loop in die veld en skielik, reg voor my in die “paadjie” (wat nie eintlik ‘n paadjie was nie!) hang hierdie web met hierdie..vieslike…gruwelooslike geel spinnekop in die web!! kyk, ek is nie bang vir slange nie, jy kan hulle sien…ek vat selfs aan hulle…maar ek hou niks van spinnekoppe nie, ek is morsdoodbang vir een… hulle is altyd so “skielik” daar en op plekke waar jy hulle nie verwag of wil he nie… alhoewel ek dink hulle is wonderlike diertjies……

  14. Julie 27, 2008 4:33 vm

    Mensig, jou foto’s is, soos altyd, asemrowend. Dankie!

  15. Julie 28, 2008 6:05 nm

    Dis seker die mooiste foto’s wat ek in ‘n baaaaaaaaie lang tyd gesien het! Stunning Boertjie! /me is impressed!!:mrgreen:

  16. Augustus 2, 2008 1:05 vm

    🙂

Trackbacks

  1. Herfs as halfweghuis « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: