Skip to content

Steurgarnale en Sauvignon Blanc op ‘n Saterdagaand

Julie 27, 2008

Die vorige keer toe ek steurgarnale ge-eet het, moes ek dit rou eet. Hierdie keer het ek hulle self gaan koop en seker gemaak die outjies is gaar. Vars gevang uit die Oos-see, het ek hulle in die pan gegooi en net hier en daar die nodige sousie en spesery bygevoeg.

S7305748S7305751

S7305753S7305754

Die resultaat was smullekker! Op die koop toe, was ek baie bevoorreg om ‘n Chileense Sauvignon Blanc op te spoor en, hoewel nie epogmakend nie, was die wyntjie aangenaam en ‘n perfekte maat vir die see-gediertes. Lekker bly darem maar lekker!

Advertisements
16 Kommentaar leave one →
  1. Blondie permalink
    Julie 27, 2008 6:51 nm

    Hey man dis nie fair nie!
    Nou maak jy my honger.
    Uit die boonste rakke!

  2. Julie 28, 2008 2:40 vm

    Dit lyk baie smaaklik. Ek is hoeka baie lief vir steurgarnale. Kan jy dalk met ons deel watter “sousie en speserye” het jy bygevoeg?

  3. Julie 28, 2008 4:11 vm

    Sug,,,ja!

  4. thepooks permalink
    Julie 28, 2008 4:27 vm

    Is dit nou diesefde as prons? Het jy dit alleen geëet of het jy ‘n metgesel gehad?

  5. Julie 28, 2008 6:39 vm

    Ek moet my kulinere horisonne verbreed 😦

  6. flippiefanus permalink
    Julie 28, 2008 7:12 nm

    Dit lyk baie lekker. Nou het ek skoon ‘n craving daarvoor. Sal moet ‘n plan maak.

  7. Julie 29, 2008 4:55 nm

    Al weer jy en jou kos! Heerlik lyk daardie garnale! Boer werk jy of eet jy in Korea?
    Lyk meer na eet.

  8. Julie 29, 2008 11:00 nm

    BIB nee, man jy het die vermoë om mens se kwylkliere heeltemal beserk te laat gaan. Dit lyk HEERLIK!!! Ek LUV garnale….enige grootte!

  9. Julie 30, 2008 11:47 nm

    Boer…geniet dit! Ek skip hierdie ete met jou!… my man sal jou geselskap kan hou met dit wat jy hier het… hy vrek oor die “goete”.. 😉

  10. Augustus 2, 2008 12:18 vm

    Hoe honger is ek nou….ek ruik al die geure wat deur die lug trek…
    Dit lyk baie lekker!

  11. Augustus 2, 2008 12:44 vm

    Ek is bly julle vind my nederige Saterdagaand-etetjie aanloklik. Ek’s bevoorreg, want hier in die Ooste is die steurgarnale en garnale (shrimps) algemeen, vars en goedkoop.

    Roer, ‘n kok verklap NOOIT sy/haar geheime nie!
    pooks, ja – dis die ordentlike Afrikaans vir prawns, hoewel ‘n baie omslagtige woord. Ongelukkig het ek op hierdie betrokke aand toe NIE ‘n metgesel gehad nie (5 van hierdie outjies is net genoeg vir een persoon…)
    Wipneus, ek’s bly jy besef dit!
    Rustig…ek werk om te kan eet. Werk is slegs vir my ‘n produktiewe manier om die tyd tussen etes om te kry. 🙂
    Nikita…sien Wipneus se kommentaar…
    Kaalvoet – as jy van steurgarnale hou, hoef jy nie verder pondegi te eet nie. Ek is tevrede!

  12. Augustus 4, 2008 8:13 vm

    No thanks… 😉

  13. Augustus 8, 2008 10:45 nm

    Ek het middagete gemis vandag en is nou nogal honger. Vanaand lê ‘n braai voor, maar ek sou eerder aan daardie steurgarnale wou smul.

  14. Augustus 8, 2008 10:50 nm

    Ek sou DEFINITIEF vanaand eerder ‘n bietjie braaivleis wou eet…

  15. Augustus 12, 2008 4:21 vm

    Dit lyk my jy sukkel maar om ‘n goeie of selfs ‘n bekende wyntjie in die hande te kry.

  16. Augustus 12, 2008 11:49 nm

    Dis omtrent ‘n gesukkel as jy nie in een van die groot stede woon nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: