Skip to content

Koningin Seondeok van Silla

Augustus 2, 2008

Meeste van die grasgrafte in Gyeongju is redelik sentraal gelee en maklik toeganklik. Maar soms moet mens so ‘n bietjie die minder-bewandelde paaie aandurf om van die ander historiese grafte te siene te kry.

S7305706Ek het besluit om myself weg te skeur uit my koel, lugversorgde woonstel en die uitmergelende, humiede Koreaanse somerweer aan te durf. Die pad het my geneem na Nangsan, ongeveer 8km uit Gyeongju se middestad. Hier word daar na Nangsan as ‘n berg verwys, maar inderwaarheid is dit maar ‘n reeks van groot, aaneenlopendeS7305695 heuwels. Nangsan word as ‘n heilige berg beskou. Volgens legende het Koning Silseong (heers vanaf 402-417vC) van Silla in die jaar 413 gesien hoe ‘n groot, verligte wolk op Nangsan neerdaal. Na die wolk weer verdwyn het, het ‘n baie aangename geur oor die berg bly hang. Silseong was oortuig dat dit ‘n hemelse god is wat die berg besoek het. Hy het die berg heilig verklaar en beveel dat geen bome op S7305694hierdie berg mag afgekap word nie. Hierdie bevel word tot vandag toe in stand gehou en daarom is Nangsan pragtig ruig, groen en ongerep. Hoe dit ookal sy, ek het gesweet langs Nangsan se pragtige wandelpaadjies, deur die skewe dennebosse om uiteindelik papnat en uitasem bo-op Nangsan, Koningin Seondeok se graf te vind.

S7305686

Seondeok het geheers vanaf 632 tot 647 en was die eerste koningin van die Silla Dinastie (en een van net 3 koninginne wat Silla ooit gehad het in die koninkryk se byna duisendjarige bestaan). Sy was ‘n baie gewilde heerser en word onthou as ‘n buitengewoon intelligent en begaafd. Haar pa, Koning Jinpyeong (heers vanaf 539-632), het geen seuns gehad nie en daarom het sy oudste dogter hom opgevolg op die jeugdige ouderdom van 22. Tydens haar heerskappy het Silla vooruitgegaan. Sy het Silla se S7301131bande met die Tang Dinastie in China uitgebou en landmerke in Gyeongju wat vandag nog bestaan, is in haar opdrag gebou. Onder die bekendstes tel Bunhwangsa tempel en Cheomsangdae. Laasgenoemde was die eerste sterrewag in die Verre Ooste en die steenstruktuur staan vandag nog as teken van Silla se vooruitstrewendheid. Sy het ook die groot Hwangryongsa tempel klaar gebou, insluitend ‘n indrukwekkende 12 verdieping pagoda van hout. Ongelukkig is hierdie strukture in die 13de eeu deur Mongoolse invallers vernietig.

Seondeok se heerskappy was egter nie sonder probleme nie. Sy het twee staatsgreeppogings oorleef en was in verskeie oorloe met die Baekje Koninkryk gewikkel. Die bekende Generaal Kim Yu Sin was een van haar getrouste ondersteuners en het ‘n leidende rol gespeel om dieS7305688 staatsgreeppogings te onderdruk, asook in die oorloe teen Baekje. Volgens oorlewering het was Seondeok heldersiende en agv hierdie gawe is vele veldslae teen Baekje gewen. Sy het ook die dag en datum van haar dood presies reg voorspel. Reeds voor haar dood het sy versoek om in Nangsan begrawe te word. En dis hier waar sy steeds rus bo-op die berg, in ‘n groot graf in die middel van die ongerepte bosse.

Vandag word Koningin Seondeok beskou as as een van die wysste heersers wat Korea nog gehad het en word ge-eer as een van Korea se geskiedkundige vrouehelde.

Advertisements
12 Kommentaar leave one →
  1. Reisiger permalink
    Augustus 2, 2008 9:41 nm

    Dit is so mooi groen daar!! Ek sal egter nie weer die fout maak om te dink dis koel in die skaduwees daar nie! 🙂

  2. Augustus 4, 2008 8:14 vm

    Leer die kinders in die skole van al hierdie konings? Jy ken ook seker hul geskiedenis amper beter as hulself! 😉

  3. Augustus 4, 2008 8:16 vm

    Ek wou nog se, mooi foto’s! en ek hoop jy save you blog van tyd tot tyd met al hierdie mooi foto’s en inligting!

  4. Augustus 4, 2008 11:03 nm

    Dit was DEFINITIEF alles behalwe koel! En ja, ek doen moeite om die geskiedenis te bestudeer – was nog altyd my gunsteling veld! Veral ook omdat ons in SA (en die Weste) omtrent niks oor die Oosterse geskiedenis leer nie.

  5. Augustus 5, 2008 4:05 nm

    Dis amazing! Dis so mooi…

  6. Augustus 5, 2008 6:43 nm

    Baie interessant Boertjie! Ek is bly jy het die hitte oorleef…

    O-ja, jy het huiswerk!

    http://woestynsand.wordpress.com/2008/08/05/hier-is-ek/

  7. Augustus 6, 2008 5:17 vm

    Mens kan amper nie glo dat dit so warm is nie, dit lyk dan so koel! Interessant want ek het nie hierdie goed geweet nie.
    Ek stem pragtige foto’s!

  8. Augustus 6, 2008 5:28 vm

    Baie interessante geskiedenis en boustyl wat hulle gehad het. Dankie weer eens.

  9. Augustus 7, 2008 1:33 nm

    Weereens baie nice inskrywing! Daai koelte en groenigheid is baie bedrieglik…maak nie saak waar jy staan nie, dis warm! Jy is gelukkig om in so mooi stad te bly, hier by my is alles moer hoog en al die nice goed is buite die stad. Hopeloos te ver om te loop en hier is ook nie sulke indrukwekkende grafte nie.
    Ek het darem al die sterrewag gesien waarvan jy praat en van ‘n paar van die konings se grafte ook. Bly interessant en besonders.

Trackbacks

  1. ‘n Pagoda genaamd Neungjitap « Boer in Ballingskap
  2. Kaalvoet + Wipneus = Kattekwaad « Wipneus speel onder die maan en sterre
  3. Korea se eerste eerste vrouepresident? « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: