Skip to content

Wintervers

Augustus 10, 2008
tags:

Met my muse soek en my eie woorde soldaatagtig verstok, is ek bly daar is nog mense soos jy, my vriend, wie se woorde nog vry is…wie se woorde nog sagvoet kan vlerk gee aan gevoelens. Dis woorde wat salwend deur stagnante denke breek en my weer ruimte skenk, wanneer my eie spasies so klein word…

Winter

as die lug more

uit-die-blou-van-ons-hemel blou is

en die skadu’s winterig sag

soos kinderklere met slaaptyd

die vloere van jou tuin vol le

 

neem tog vir my ‘n oogfoto

soos met ‘n gaatjieskamera

en woord die beeld

op die kreukelvrye wit papier

van jou rekenaarskerm neer

 

mail dit dan

onverfraai deur akademies ligsinnige lintjies

stuur dit snelpos sodat ek

in daardie jong uurtjies van die dag

wanneer alle spasies om my klein word en ek

verban staan tot die buitewyke van die nag

 

oor jou pas gesnyde grasperk heen

tot in jou dag kan kyk

 

(c) Johan Horn

Julie 2008

Advertisements
21 Kommentaar leave one →
  1. Augustus 11, 2008 12:07 vm

    Dis ongelooflik mooi!

  2. Augustus 11, 2008 12:24 vm

    Die man MAG maar skrywe! Jou inleidende stukkie dui nie juis op woorddroogte nie Boer! Ek is seker jou muse is wel in die omtrek!

  3. Wipneus! permalink
    Augustus 11, 2008 3:04 vm

    Pragtig!

  4. reisiger permalink
    Augustus 11, 2008 3:57 vm

    Baie mooi!!

  5. sterrewind permalink
    Augustus 11, 2008 3:59 vm

    luuuuvely

  6. boendoe permalink
    Augustus 11, 2008 3:37 nm

    Baie mooi, Boer.

  7. Roer permalink
    Augustus 11, 2008 3:53 nm

    Wat ‘n talent!

  8. Augustus 11, 2008 5:53 nm

    Nee kyk, Johan het homself nou al oor en oor bewys! Die man MAG MAAR skryf!! Stunning!!

  9. voetjies permalink
    Augustus 11, 2008 8:31 nm

    Sjoe…..dit is baie baie mooi!!!

  10. Augustus 13, 2008 5:54 vm

    Hmmm… Ek vra weer Boer – kry vir Johan om nog songs te skryf soos daardie een wat Lucas Maree sing! Ek sal help betaal vir die pot gom om hom aan die stoel vas te plak.

  11. Augustus 14, 2008 12:25 vm

    Ek wag vir Johan om self hier te kom antwoord, maar intussen stuur ek vir hom ‘n buisie superglue. 🙂

  12. Augustus 14, 2008 12:46 vm

    “Dis woorde wat salwend deur stagnante denke breek en my weer ruimte skenk, wanneer my eie spasies so klein word…”

    Jy jou self skryf bitter mooi.

    Die lied is ongelooflik.

  13. Augustus 15, 2008 6:28 vm

    Te mooi vir woorde.

  14. Paula permalink
    Augustus 15, 2008 6:15 nm

    Pragtig geskryf!

  15. Johan Horn permalink
    Augustus 17, 2008 5:08 vm

    Haai almal, Baie dankie vir die mooi woorde! en dat julle die pogng van my gelees het. En ja, soos Rosalindfranklin se, Boer, jou talente is groot. Ek kan dit getuig want ek het al baie meer van jou werk gelees as die ouens hier! Miskien is dit tyd dat jy weer van jou gedigte plaas? hmmm?
    Mykopop, ek is baie bly dat jy Wintersdagboek geniet! Was lekker om te skryf, maar toe ek daai song gemaak het was my vingers nog hard van al ghitaar speel … 🙂 Nou is my vingers sag, en kan nog net die sleutelbord se keys gedruk kry. Dit is in elkgeval baie moeiliker as om gedigte te probeer doen. Mens moet inderwaarheid daardie kolletjies en strepies op ‘n notebalk verstaan: Soos my vrou eenkeer toe ek haar vir 1000ste keer vra om die goeters te verander, tereg opgemerk het: “jy is musikaal gestremd” 🙂 Mooi naweek aan almal en baie dankie.
    Johan Horn

  16. Augustus 19, 2008 12:14 vm

    Johan, dankie dat ek die gedig kon plaas en vir jou kommentaar hier. Ek sal poog om my muse te gaan soek, maar belowe niks.
    Ek het self jou nog nooit as “musikaal gestremd” voorgestel nie…maar aan die anderkant het ek ook jou nog nooit hoor sing nie. 🙂
    Groetnis!

  17. Augustus 19, 2008 4:56 nm

    Ai Johan en Boertjie – julle is tog so beskeie!! :mrgreen:

  18. Augustus 20, 2008 8:13 nm

    Oulik… 😉

  19. Augustus 21, 2008 6:13 nm

    Dis bitter mooi!

  20. Mefri permalink
    Augustus 25, 2008 12:54 vm

    Dit is regtig baie mooi.

  21. kyker permalink
    September 3, 2008 1:21 nm

    Dit is besonders mooi ja.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: