Skip to content

Geluk, Yelena!

Augustus 19, 2008


As jy goed is, is jy nou maar eenmaal goed! Gister het Yelena Isinbayeva , soos te wagte, stof in haar teenstanders se gesigte geskop deur die goue medalje in paalspring te wen met ‘n nuwe rekordhoogte van 5.05m. Haar naaste teenstander (wat toevallig voor die finaal vermakerig grootbek was) kon maar net 4.80m spring. Yelena is duidelik in ‘n klas van haar eie!

NS: My gelukwense ook aan Khotso Mokoena wat gister Suid-Afrika se eerste (en enigste?) medalje van die Olimpiese Spele verower het, toe hy tweede in die verspring geeindig het.

Advertisements
7 Kommentaar leave one →
  1. Augustus 19, 2008 11:40 nm

    Ek is baie bly ek is nie daai Yank wat in Yelena se stof moes byt nie. As jy grootbek wil wees, wees ten m inste seker van jou saak!

    Een medalje vir SA is seker beter as niks, maar dis nogsteeds tragies.

  2. Augustus 20, 2008 1:13 vm

    Go Yelena, dankie Bib, dat ek dit kon sien, want ek het dit ongelukkig op TV gemis.

    Mens moet ook seker maar bly wees oor die een medalje vir S.A – hwoopie!!!!!

  3. Augustus 20, 2008 7:01 nm

    Sjoe…..die girl KAN spring!!!!

  4. Augustus 20, 2008 8:15 nm

    Amper dag ek jy blog Yelena die skaakkampioen! lol! toe onthou ek jy het haar voorheen geblog… baie goed!

  5. Augustus 25, 2008 7:10 nm

    En die rekord was ook mooi, of hoe boer? 😉

  6. Augustus 25, 2008 11:30 nm

    Een van die min stukkies wat ek gekyk het op dstv en sy is pragtig

    Baie geluk!!

  7. Augustus 26, 2008 12:14 vm

    Dit was sekerlik die mooiste rekord van die spele. 🙂

    Net jammer YouTube moet altyd die party kom bederf! Ai, hulle kan my battery behoorlik natmaak. Grrrrrrr….

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: