Skip to content

Koning Shinmun van Silla

Augustus 22, 2008

S7305726Koning Shinmun van Silla was die 31ste monarg van die Silla Dinastie en het geheers vanaf 681 tot 691. Hy was die oudste seun van die invloedryke Koning Munmu (heerser van 661-681) en het aan bewind gekom na sy pa, nie net suksesvol die koninkryke van Baekje en Gorguryeo verslaan het nie, maar ook die Chinese magte uit Silla verdryf het. Ter ere van sy ontslape pa het hy die groot Gameunsa tempelkompleks, halfpad tussen Gyeongju en die Oos-see, in 682 voltooi. Daar is geglo dat hierdie tempel Silla teen invalle uit die Oos-see sou beskerm. Shinmun was tydens sy heerskappy deurentyd betrokke in ‘n felle stryd teen dieS7305729 invloedryke adelstand wat hom van die troon af probeer verwyder het, omdat hy sommige van hulle voorregte ontneem het. Dit het gelei tot tot sosiale onrus en verskeie opstande teen sy bewind. Gedurende 689 het hy selfs ‘n poging aangewend om die Silla hoofstad vanaf Gyeongju na Daegu te verskuif om sodoende die aristokrasie se invloed te erodeer. Hierdie poging het egter te veel teenstand ontlok en is laat vaar.

S7305732Afgesien van die wrede onderdrukking van diegene wat sy gesag uitgedaag het, is Shinmun na sy dood as ‘n goeie regeerder vereer. Hy het ‘n groot uitdaging gehad om die verslane koninkryke van Baekje en Gorguryeo op georganiseerde wyse onder Silla-beheer te plaas. Dit het hy gedoen deur die staatsdiens te hervorm en deur verskeie nuwe wetgewings. So het hy daarin geslaag om Silla se nuutgewonne grondgebied ordelik te administreer en die nuwe Silla burgers sosiaal te integreer. Hy het Silla in nege nuwe provinsies gedeel en provinsiale hoofstede gevestig. Hy het ook vir die eerste keer in Silla ‘n akademie op die been gebring om opleiding in Confucianisme moontlik te maak.

S7305735

S7305736Shinmun se groot somergroen graf is te vinde aan die voete van Nangsan (berg), tussen die treinspoor en die hoofpad vanaf Gyeongju na Bomun -meer. Daar is moeite gedoen om ‘n mooi ingang te skep, asook ‘n tradisionele teelmuur reg rondom die graf te bou. Wat ek hier vir die eerste keer teegekom het, is die vertikale ondersteuningsstene wat deel vorm van die graf se basisstene.

Vir baie mag hierdie grasgrafte vervelig voorkom, maar ek hou baie van hierdie grafte in Korea. Dit laat my voel of ek darem vir so ‘n paar nano-sekondes die geskiedenis kan aanraak en my gedagtes kan laat gaan in ‘n poging om die lewes en strewes van die heersers van weleer vas te vang.

Advertisements
12 Kommentaar leave one →
  1. Augustus 22, 2008 1:02 vm

    Soos gewoonlik, ‘n BAIE interessante inskrywing! Daai ingang en muur is ongelooflik mooi en die grafte het ook nuwe lewe gekry in die somer, met die dat dit so groen is.

  2. Paula permalink
    Augustus 22, 2008 2:40 vm

    Baie interessant!
    Leer ek nou weer ‘n ietsie 🙂

  3. Augustus 22, 2008 2:59 vm

    Dankie Bib. Ek moet eerlik se ek wag elke keer in spanning om jou blogs te lees sodat ek die agtergrond van sekere plekke kan kry. Ek dink ek sal die naweek definitief probeer uit kom by n paar graftombes. Ek vind dit ook baie gerustellend om by die grafte te wees. Ek kry my kop skoon van die daaglikse aktiwiteite en vol kreatiewe denke.

    Moet se die inskrywing is aansienlik korter as in die verlede maar nogsteeds baie goed gedoen. 🙂

  4. reisiger permalink
    Augustus 22, 2008 4:10 vm

    Ek weet ek sê dit elke keer, maar jou foto’s is regtig besonders!! Die gras is so lieflik groen daar!

  5. Augustus 22, 2008 9:00 vm

    ek weet dis van die punt af, maar ek het ‘n tydjie terug ‘n meisie van korea olimpiese sierdans (of iets) sien doen, toe dink ek onwillekeurig aan jou. klein wêreld…en tog juis nie…hehe…

  6. Bertus! permalink
    Augustus 22, 2008 4:59 nm

    Ek wed jou jy kan nie al daai name uitspreek as jy gesuip is nie

  7. Reisiger permalink
    Augustus 22, 2008 11:48 nm

    Hehehe… die gras is definitief groener aan die ander kant van die draad op die oomblik (lees wêreld)!!

  8. Augustus 23, 2008 1:23 vm

    Geskiedenis was nog nooit my sterkpunt nie, maar hierdie is interessant.

  9. Augustus 23, 2008 6:33 nm

    Johan, ek dink die “olimpiese sierdans” waarna jy verwys, is dalk ritmiese gimnastiek. 😉
    Bertus, jy sal verbaas wees…
    Kaalvoet, Paula,MJ, reisiger, en Riaan: Dankie vir die kommentaar. Ek is bly ek is darem nie die enigste een wat hierdie geskiedenis interessant vind nie.

  10. Wipneus! permalink
    Augustus 23, 2008 7:28 nm

    Dankie Bib, jy bederf ons vreeslik met hierdie interessante inskrywings!!

Trackbacks

  1. ‘n Pagoda genaamd Neungjitap « Boer in Ballingskap
  2. Vir oulaas dus: Die pagodas van Gameunsa « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: