Skip to content

Sit ‘n bietjie Soave in jou somer

September 23, 2008
tags: , ,

Soave (uitgespreek “swa-wy”) is die streekseie naam van ‘n lieflike witwyn afkomstig uit die Veneto-streek, noord-oos Italie. Veneto is ‘n internasionaal-erkende wynstreek en Soave is een van die gewildste wyne in Italie. Die basis van Soave is die staatmaker Italiaanse witdruif, Garganega, met die Trebbiano-druif (ook bekend as Ugni Blanc) en enkele ander wat ‘n mindere bydrae lewer tot die versnit.

Ek was baie bly om ‘n 2007 Soave Denominaziones di Origine Controllata (DOC) Classico in die hande te kry, ingevoer deur Tesco vir hulle Koreaanse winkelgroep (bekend as Homeplus). Die terme DOC Classico dui spesifiek aan dat die hierdie wyn afkomstig is van die gebied binne die Soave munisipaleit in Veneto. (indien die wyn slegs DOC geklassifiseer is, kan die wyn wyn ook afkomstig wees van ander munisipale gebiede in Veneto).

S7308331

Die wyn het my beindruk deur te lewer presies wat ek van ‘n Soave sou verwag. Op die oog is die kleur aanloklik en helder strooigoud sonder enige fout. Die wyn se neus slaan nie jou asem weg nie (Soave doen dit selde), maar die geur van Granny Smith appels, die effe sitrus en ‘n subtiele neutagtigheid (miskien amandel?) is aangenaam. Die smaak is mega-vars, baie droog en skree “somer”! Baie goeie suur soos ek daarvan hou, maar in balans met die geure van sitrus, ‘n aangename mineraalagtigheid en selfs ‘n net-net waarneembare nasmaak van spanspek in die mond. Soos te wagte met Soave, is daar ook geen sweempie van hout nie. Hoewel dit nou op pad herfs toe is hier, is hierdie wyn veral wonderlik gepas vir die warm en humiede Koreaanse somers. Die wyn laat jou verfris en is maakpas vir lang warm somersmiddae en steurgarnale. Meer hiervan sal ek beslis drink, veral met die feit dat die wyn ‘n alkoholvlak van slegs 12% het. By die gebrek aan steurgarnale op die oomblik wat ek die kurk getrek het, het ek die wyn gepaar met beskuitjies en geurige (duur) Skotse cheddar . En vir ‘n paar oomblikke was ek sommer verplaas na ‘n ander dimensie. As jy ooit Soave in die hande kry, probeer dit! Dit sal nie jou beursie of lewer skade doen nie.

Prys in USD (teen huidige wisselkoers): $7.65

Advertisements
14 Kommentaar leave one →
  1. Wipneus! permalink
    September 23, 2008 1:06 vm

    Dit klink baie lekker, miskien moet ek ook maar ‘n kurk gaan trek. Dit sal nou nie Soave wees nie, wonder of mens dit hier in SA te koop sal kry?

  2. September 23, 2008 2:47 nm

    Ken dit glad nie, maar sal uitkyk daarvoor – is juis deesdae op die witwynwa. 🙂

  3. September 23, 2008 6:00 nm

    ek koop sommer na skool vir my een, ek het dit nou nodig, om te relax, na n dag van maskers maak saam met kindergarten kids.

  4. September 23, 2008 7:50 nm

    Jy laat dit so lekker klink Boer! Ek kry net nie vat aan witwyn nie. Die reuk sit my meer af as die smaak van sommige witwyne. Dalk moet ek hierdie ene tog probeer.

    Mocka, wat is dit met blerrie kindies wat mens so klaarmaak??? Ek drink sommer ‘n kelder leeg soos ek nou voel!

  5. September 23, 2008 10:25 nm

    hmmm…klink nie te sleg nie, sal bietjie uitkyk vir dit…gedag ek gaan ‘n inskrywing oor ons nuwe president hier kry! 🙂 en ek sien nou so pas op beeld se site dat 11 ministers bedank het! Ons het sommer ‘n paar bottels wyn nodig!! 🙂 of sal dit baie sterker moet wees?

  6. September 24, 2008 12:55 vm

    Wipneus, George…ek is nie seker of dit in SA beskikbaar is nie, maar die beste plekke om te probeer is spesialis-wynwinkels soos Caroline’s Fine Wines.
    Kaalvoet, MJ…ek verstaan hoe julle voel, glo my! Soos ek gese het, Kaalvoet, ek sal jou ‘n paar lesse gee…
    Nikita, wyn is tog SOVEEL edeler en interessanter as SA Politiek.

  7. September 24, 2008 3:44 nm

    Ek het bietjie geloer by Caroline’s se webwerf, hulle het wel ‘n Lamberti Soave teen R82.50. Klink lekker vir my! Ek sien Veneto is nie so ver van Brescia waar ek in Junie was nie, en veral nie vanaf die lughawe Villafranca di Verona waar ek tussen die vrugteboorde en wingerde rondgewaal het terwyl ons vir ons vlug terug na Parys gewag het nie. Ek het toe die woorde “die wingerde vanVerona” in ‘n liedjie ingewerk. Ek sal graag ‘n Soave probeer!

  8. September 25, 2008 12:02 vm

    Kop, jy’t redelik vinnig opgevolg, lyk my jy’s dors! 😉
    Ek dink die prys is billik (maar min-of-meer in Rand wat ek ook betaal het), veral as dit ‘n DOC Classico is of miskien die superieure DOCG, hoewel ek twyfel. Jy was bevoorreg om daardie wereld te sien en jy’s heeltemal reg – jy was in Lombardye wat aan Veneto grens. Ek praat onder korreksie, maar ek dink Verona (die hoofstad van Veneto) le naby die grens tussen die 2 provinsies.
    Laastens, aan jou en almal wat hier lees en in SA sit: Braai lekker vandag!

  9. September 25, 2008 4:11 vm

    Boer ek lees jou blog al ‘n hele rukkie maar hierdie “post” is werklik een van die mees beïndrukkende stukkies “wynprosa” wat ek in my hele lewe al gelees het. Die manier waarop jy dit omskryf laat my voel asof ek in Venesië sit en sélf daai wyn drink met die Italiaanse somerson se strale op my gesig. Ek’s nou baie beslis oortuig om dit iewers te gaan kry. Rêrig, soos in A.S.A.P. Hopenlik kry mens dit hier in die sentrum van Europa ook!

  10. September 25, 2008 6:20 vm


    Hierdie is nou glad nie wyn nie, maar kon nie help om die link hier vir jou te los nadat ek dit so pas geluister het nie! Verbeel jou maar dis ‘n glasie/bottel van hierdie heerlike wyn!

  11. September 26, 2008 9:57 nm

    Cijferkes, baie dankie vir die mooi woorde. Ek waardeer dit! Besef ook weer eens dat daar baie mense is wat hier lees, maar selde kommentaar lewer. Ek’s egter bly jy’s uit die kas, want nou kan ek ook bietjie op jou blog gaan lees!
    Thanks, Nikita! 🙂

  12. September 27, 2008 8:33 nm

    Dis regtig ‘n groot plesier want ek bedóél dit alles. Miskien moet ek probeer om ook hier so bietjie meer kommentaar te kom lewer in die toekoms… Ag, ons sal seker nog sien 😉
    In elk geval ook baie dankie dat jy ook sal kom oplees by my blog, maar natuurlik weet ek nie in hoeverre jy bitter min of ontsettend baie sal kan verstaan van alles wat ek op my blog geskryf het, aangesien dit nie eers altyd in die standaardtaal van my moedertaal is nie. Ek’s Vlaams en trots om dit te wees maar ek weier maar net om áltyd in ‘n gestandaardiseerde boeketaal te skryf. Ek glo dit help o.a. om die lewe kleurryk te hou. En solank daar nog mense is wat my blog kom lees en ek nog die gebruikelike paar reaksies kry is dit seker ook reg dat ek dit só aanpak 😉

  13. September 28, 2008 12:53 nm

    Het vanoggend the kleindogter na die circus geneem and daarna by Liquor Barn in Lexington paar botteltjies gaan koop vir die wynrak. Gaan loer altyd in by die Italiaanse ry want ek is mal oor Chianti Classico (enige een) opsoek na ‘n special. En wragtag daar loop ek ‘n Soave raak. Nog nooit gesien of geproe nie, maar na ek gelees het van die wyn in jou blog en die naam my oog gevang het, dog ek waarom nie. Dis ‘n Folonari Soave afkomende van Valmonica in Veneto. Prys $8.79. Sal laat weet hoe die proe, maar ek kan dit natuurlik nie so poetic beskryf soos jy nie. Jy kan die Folonari gaan beloer by http://www.frederickwildman.com/wildmansite/wmphp/wine.php3?wine_id=47831&submit.x=7&submit.y=8.

  14. September 29, 2008 11:10 nm

    Ek geniet ook Chianti. Dankie vir die skakel – lyk heel lekker. Hoop dit was ook so!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: