Skip to content

Irredenta addendum

September 26, 2008

Na die lofbesinging van ‘n Italiaanse wyn, keer ek terug na ‘n ander Italiaanse produk wat my oorrompel het. So ‘n paar maande terug het ek vir die eerste keer gebieg oor my begeertes hier in ballingskap. ‘n Kort tydjie daarna het ek gebieg dat die nuutste Maserati GT Koepee my aan’d kwyle het. Vandat ek egter die eerste keer my oe kon le op die nuwe Ferrari California, lyk die Maserati skielik minder aanloklik. Passievol! Watter visuele prikkeling! Watter lus vir die oog! Baie, baie mooi (met ‘n hoofletter F)! My mond, nou al vol vliee, hang steeds oop. Die Italianers kan maar ophou om wyn te maak, maar hulle moet asseblief NOOIT ophou om motors te maak nie!

manual-transmission-w

2009-ferrari-california-1 1024x0w

4.3 liter V8 enjin;

Voorspelde versnelling 0-100km/h: onder 4 sekondes;

Verwagte topspoed: 340km/h;

Verwagte prys: Wie gee regtig om?

Foto’s: Topspeed

Advertisements
12 Kommentaar leave one →
  1. Wipneus! permalink
    September 27, 2008 1:44 vm

    Mmmm, mens kan maar droom! 😉

  2. September 28, 2008 5:08 nm

    Ag ja! SUG

  3. September 28, 2008 6:49 nm

    Beautiful!!!
    Ek sal nie omgee om die topspoed te toets nie! Ek is seker hy kan vinniger ry 😉

  4. September 29, 2008 2:24 nm

    Dis reg Boer, hulle mag maar karre maak. Ek wens net hulle wil ook leer om ‘n ‘pit stop’ te hanteer sonder dat die ou met die petrolpyp onderstebo geruk word!

    Nadat Massa gister heel agter beland het en van daar af hond haaraf moes probeer maak, het hy darem net weer bewys hy’s nie van dieselfde stofasie as Schumi nie.

    Vir Raikonen, wat eers die vyand was, het ek besluit om ‘n kans te gee omdat ek Ferrari ondersteun, maar hy voldoen beslis nie aan verwagtinge nie, ek is spyt dat hulle ‘n kontrak met hom gesluit het tot 2010. Hulle moes Alonso gekry het!

  5. September 29, 2008 11:19 nm

    Ai…Ferrari het dit regtig weggesmyt! En dit terwyl Ferrari tradisioneel so professioneel in die kuipe is! Ek is egter baie bly vir Alonso se onthalwe. Hy’s ‘n baie beter jaer as wat sy resultate vanjaar aandui. Hy’t baie goed gedoen in Singapoer en dit verdien. En ja, min mense kan met Schumi vergelyk word – hy was geniaal.

  6. meermin permalink
    Oktober 1, 2008 2:10 nm

    ‘seblief leen die kar vir my, net vir ‘n JAAR! Sal hom mooi oppas, belowe!!

    Sal probeer om nie vinniger as 120 te ry nie! Ek het nog nie my vlieg lisensie nie!!

    Geniet jou dag.

  7. Oktober 1, 2008 10:57 nm

    tjirts boer! kyk bietjie weer na my Honda en na jou Italiaanse motortjie..hey! hulle lyk soos familie! 🙂 ek stem, hierdie een lyk meer na ‘n spogmotor as die Masserati! Ek sal die rooie neem, dankie!

  8. Oktober 1, 2008 11:30 nm

    Goeie genade, genits! dis iets verskrikliks!!
    Sjoe, ja,, jaa,,,, jaaaaa,,,!!!!!!!!!
    dis Beautiful!!!
    ai, moet maar lank spaar…

  9. Oktober 2, 2008 3:31 vm

    http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=53500&cat_id=160
    Ek gaan jou ook spam! 🙂 kyk of jy…en almal wat hier lees…bietjie kan JA stem vir Afrikaans…voor 20/8!

  10. Oktober 2, 2008 10:20 nm

    Melanie, bly om te sien jy leef nog en lekker om weer jou avatar op my blog te he vir ‘n slag! 🙂
    Meermin, SOU en OOIT in ‘n ander wereld en ander lewe so ‘n motor besit, sal ek dit nie eers vir Schumi leen nie!
    Ai, Nikita….jy vergelyk alweer appels en pere. 😉

  11. Oktober 3, 2008 2:49 vm

    Nee boertjie, hierdie keer is dit mielies met mielies, ou perd! 🙂

Trackbacks

  1. Koreaanse spoedvraat « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: