Skip to content

Dis mos nou hoe mens seekat eet!

Oktober 12, 2008

Onlangs het ek op die ingewing van die oomblik besluit om saam met ‘n paar Koreaanse kollegas regte egte vars seekat te gaan eet. Maar voor ek verder skryf, is dit nodig om so bietjie te verduidelik wat presies onder die term “seekat” beskou word in Korea. Seekat hier staan bekend as muneo en is die regte groot menere uit die Geel-See of die Oos-See. Die kleiner spesie van seekatte wat meer algemeen ge-eet word en baie goedkoper is, word nakchi genoem. Beide die spesies is ook baie gewild in gedroogde vorm, terwyl nakchi ook soms lewendig ge-eet word. Terloops, in geval die woordjie “calamari” by jou opkom – dis natuurlik niks anders as pyl-inkvis nie. Laasgenoemde is hier baie gewild, maar dit word nie calamari genoem nie en ook nie in die vorm van ringe ge-eet nie.

mosaic3876343

Die klaargaar seekat het ewe op ‘n gesofistikeerde houtbord op ‘n trollie by ons aangekom, waarna ‘n uiters aantreklike dametjie dit mooi in eetbare porsies opgesny het. Hierdie was die hoofdis en is ge-eet met sojasous en wasabi . Baie vars en lekker! Die bykosse het nie afgesteek nie. Die gebraaide stukke tuna-steak was sekerlik die hoogtepunt – murgsag en regtig geurig. Die tipe oranje, ronde see-uintjie (ek ken nie die regte naam nie) was rou en baie vars. Dit het ‘n bietjie chillisous nodig gehad om die wilde see-smaak te tem. Dan was daar nog enkele porsies sushi, ruiskluitjies in bamboes toegedraai, koolslaai en ‘n pikante gaapskulp (clam) soppie. Die hele ete was baie lekker en uiters vullend. Ek het net ‘n witwyntjie saam met die maal gemis (selde beskikbaar in tradisionele restaurante) en moes maar doen met somaekchu – ‘n kombinasie van Koreaanse gifwater en bier.

16 Kommentaar leave one →
  1. Oktober 12, 2008 11:59 nm

    Ek stem 100% saam Bib! Hierdie outjie is devine as hy gaar is, maar ‘n perd van ‘n ander kleur as dit van die bord af probeer ontsnap…
    Ek dink mens het eerder soju nodig as jy dit half lewendig aandurf😉

  2. Oktober 13, 2008 1:03 vm

    Klink baie belowend! Nie vreeslik lief vir seekat nie, maar is ook iemand wat hou van proe. Die gifwater klink maar na ‘n wrede gedeelte van die maal.🙂

  3. Oktober 13, 2008 2:10 vm

    Nee vet weet BiB! Ek doen nogal seekos en is mal oor sushi, maar as iets uit my bord begin loop, dan moet dit maar sommer aanhou loop, ek gaan dit nie eet nie!😆

    Ek is baie lief vir calamari, maar probeer gewoonlik nie dink dat dit eintlik seekat is nie. Ek het eendag met ‘n handlyn van die boot af, in die diepsee, ‘n seekat uitgetrek. Die Liefie lag vandag nog oor my gille toe daai poot so oor die boot kom!

  4. Oktober 13, 2008 2:32 vm

    Nee, Griet, hou verby! My maagjuices word sommer dik as ek daarna kyk…

  5. Krista permalink
    Oktober 13, 2008 2:37 vm

    Eeeeeeuuuuuwwwwwww!

  6. reisiger permalink
    Oktober 13, 2008 3:36 vm

    Hierdie kriewelende gediertetjies laat my aan Fear Factor dink! En skielik weet ek ook nie meer of ek ooit weer calamari gaan eet nie!

    My opskrif sal wees: Dis nou hoe mens see(kat) skiet!! 🙂

  7. Oktober 13, 2008 5:03 nm

    Inderdaad is seekat HEERLIK! Sagter en geuriger as Calamari maar net ‘n BLIKSEM om skoon te maak!

  8. Oktober 13, 2008 5:30 nm

    Solank dit net nie lewe nie…:mrgreen:

  9. Oktober 13, 2008 6:03 nm

    Die vraag wat heeltyd by my opkom, (letterlik) is hoe ruik dit????

  10. Oktober 13, 2008 7:59 nm

    In hierdie geval ook gaar, asb!

  11. Oktober 13, 2008 10:44 nm

    Ek moet se bib, mens kan sien jy is in jou element in korea wat kos aanbetref. Ek kan dink dat dit lekker kan wees as dit gaar is, en om eerlik te wees die klein seekatjies of nachi is ook lekker, maar ek volstaan vir eers met vars seekos, ek sal miskien weer volgende jaar dit aandurf.

  12. Oktober 14, 2008 2:39 vm

    Bib wat het jy nou weer hier aangevang😆
    Ek skrik my elke keer oorhoeks vir alles wat ek op julle borde sien!

    Kyk nou net hoe siek het MJ geword!!!

    Pikkie dit ruik soos rou vis vriendin!!! Soos die wille see 😉

  13. Oktober 14, 2008 4:47 vm

    Ek sal nie oorleef sonder witwyn nie en daai ander goed klink vieslik.😆

  14. Oktober 14, 2008 8:22 vm

    Dis teen my tien gebooie om “krioelende diere” te eet…jy het weer net vir die res van my gesin geblog…hulle sal jou lief vir hierdie inskrywing…maar ek wil ook eeeeeuwww se..soos Krista!🙂 geniet dit boertjie..ek eet “boere”-kos eerder …

  15. amanda permalink
    Oktober 14, 2008 1:18 nm

    dis maar goed ek het eerder Amerika toe getrek…ek en die disse van die ooste sal nie mekaar vind nie. gee aan die taco’s en tamales!!

  16. Oktober 15, 2008 1:17 vm

    Neil, klink my jy’s die enigste een wat enige waardering vir seekat toon.🙂
    Aan die ander wat so gril – ek verkies die gaar seekat en dis werklik heerlik! Rou is seekat (soos enige ander seekos) heel smaaklik. Self is ek nie so lief vir die krioelende goedjies (bloedjies?) nie, want dis moeite om dit te eet.
    “Dis hoe mens (see)kat skiet” lol!!! Sommiges sal saamstem!
    Die kos hier in die Ooste bly ‘n voortgaande avontuur en daar is vir my niks so lekker as om vreemde kosse te probeer nie. Probeer alles en behou dit wat lekker is, se ek mos! 8)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: