Skip to content

Die Spanjaard is terug!

Oktober 15, 2008

Alonso

Foto: Yahoo

Die Spanjaard, Fernando Alonso (na my mening die mees talentvolle huidige F1-jaer), het Sondag die Japanese Grand Prix gewen – die tweede ren wat hy hy in soveel weke wen. Hy was die wereldkampioen vir Renault in 2005 en 2006, maar die besluit om gedurende 2007 vir McLaren te jaag het sy loopbaan geknou. Hierdie jaar het hy egter weer aangesluit by Flavio Briatore se Renault-span. Sedert die begin van die seisoen het hy baie wisselvallig vertoon en grotendeels gesukkel. Met die afgelope twee oorwinnings (Singapoer en Japan) het hy egter weer eens sy talent onderstreep en is terug op die podium, waar hy na regte hoort. Hoewel hy geen aanspraak het op vanjaar se titel nie, maak hy dit duidelik dat hy in 2009 weer ‘n realistiese kans sal he om ‘n paar reputasies in die grond te vryf en sy derde wereldtitel in te palm.

Dus: Welkom terug, Alonso!

Advertisements
11 Kommentaar leave one →
  1. Oktober 15, 2008 1:22 vm

    Hi Bib, ek het opgehou kyk toe schumacher afgetree het, ek het sondae saam my pa gesit en kyk, net om te besef dat my pa vas aan die slaap was teen die tyd hulle die eerste keer om die baan beweeg het, en moenie waag nie remote vat nie want dan is hy wakker.
    Maar ek is bly hy is weer terug. 🙂

  2. Wipneus! permalink
    Oktober 15, 2008 1:40 vm

    Ek is mal oor motorsport!!

    Ai MJ Schumi was darem ‘n bielie agter die stuur!

    Alonso is ‘n goeie jaer Bib. 🙂

  3. Oktober 15, 2008 3:36 vm

    Schumie was ook my gunsteling, en vir ‘n ruk, nadat hy uitgetree het, kon ek nie weer lekker vat kry aan die Grand Prix nie. Ek het destyds gehoor Alonso gaan Ferrari toe, maar toe het hy nie. Nou is Alonso die renjaer waarvan ek deesdae die meeste hou, maar ai tog – ek hou nie van Renault nie 😈

  4. Oktober 15, 2008 8:00 vm

    Haai, BMW is baas, dis al wat ek kan sê. Jy sal dit sien, ons gaan net beter en beter raak. Onthou net my profetiese woorde 😉

  5. Oktober 15, 2008 12:29 nm

    So baie as wat ek van motorsport hou, kan ek nie die hele race van begin tot einde sit en kyk nie. Ek sal van my kop af raak!
    Ek is ook bly oor Alonso!

  6. Oktober 16, 2008 12:03 vm

    Sport wat my nie veel aanstaan. Ek hou nie eers van Skylactrix nie.
    🙂

  7. reisiger permalink
    Oktober 16, 2008 3:38 vm

    Baie mooi foto van Alonso!! 😉 😳

  8. Oktober 27, 2008 4:56 vm

    Ek hoop hy het een van die beste karre volgende jaar, want soos die rooi karretjies deesdae aangaan sal ek maklik my ondersteuning oorskuif na Alonso toe! (Massa het darem nog so ‘n buiteperd kans.)

  9. Tharina permalink
    Oktober 27, 2008 2:37 nm

    Alonso is al van sy Minardi dae af my favourite. So ek’s baie bly!!!

  10. November 7, 2008 12:05 vm

    Hamilton het op dramatiese wyse die kampioenskap Sondag ingepalm en hy’s inderdaad ‘n waardige kampioen. Maar ek glo Alonso gaan volgende een van die sterk aanspraakmakers wees. Hy het ook sopas ‘n verdere 2-jaar kontrak met Renault geteken.

Trackbacks

  1. Schumi jaag weer! « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: