Skip to content

Die verkiesing is reeds verby…

Oktober 17, 2008

ap ypoll 10162008

…of is dit?

(Lees voorafgaande inskrywings hier en hier)

10 Kommentaar leave one →
  1. Oktober 18, 2008 4:00 vm

    Ek volg nie nou alles op die oomblik nie, maar het gehoop vir Sarah…volgens wat vir my op die skaak site gese word van Obama…weet ek nie mooi of dit gaan goed wees as hy gaan wen nie…dis nou wat Amerikaners vir my se, nie wat ek self gelees het nie, ook as ek Ray se blog lees, op my blogroll…sal ek se soos wat hulle van SA/Afrika se…”hulle moet hulle self maar uitsorteer”…:) dankie dat jy ons op hoogte hou, ek lees graag Ray se blog en so kom ek ook agter wat die ouens op die “grond” dink/se.

  2. Oktober 18, 2008 5:43 vm

    persoonlik boer dink ek nie dis verby nie, maar mcain sal rerig iets uit sy mou moet haal om die verkiesing te wen. Obama het self gese sy mense moen nou al die sjampanje uit haal nie, want die verkiesing is nog nie verb

  3. Oktober 20, 2008 6:13 nm

    Dit raak al hoe interessanter…

  4. Oktober 20, 2008 10:49 nm

    Dit wil my voorkom asof McCain op ‘n onafwendbare nederlaag afstuur en ek dink mens kan op hierdie stadium met redelike sekerheid se, dat die Palin-waagstuk toe nie gewerk het nie. Inteendeel, is die keuse van Palin een van die redes hoekom McCain soveel steun verloor het, want dit het baie onafhanklike kiesers afgeskrik (hoofsaaklik weens haar konserwatiewe retoriek). Vandag het Colin Powell (‘n Republikein en voormalige Bush-minister EN ‘n groot voorstander van die oorlog in Irak) sy steun aan Obama toegese. Een van die redes wat hy aanvoer is juis Palin as keuse vir Vise-Presidentskandidaat.
    Enigiets is seker moontlik, maar op hierdie stadium kan ek nie sien hoe die Demokrate kan verloor nie. En indien hulle sou verloor, sal dit die geloofwaardigheid van meningspeilings vir altyd skaad.

  5. amanda permalink
    Oktober 21, 2008 2:34 nm

    Jy is heeltemal korrek dat Sarah Palin, ‘n baie verkeerde besluit was. Vandag in die motor gesels ek en 2 kollegas oor die verkiesing. Die een kollega wat ‘n baie konserwatiewe Republikein is, het onomwonde gese dat sy beslis nie vir McCain gaan stem nie, agv Sarah Palin. Een van haar redes was McCain se ouderdom en gesondheid en has hy moet sterf in die amp is die gedagte aan die onervare Palin as president eenvoudig net te vreesaanjaend.

  6. Oktober 22, 2008 12:29 vm

    Vir my het McCain kort voor en sedert die konvensie te veel maverick besluite gemaak insluitende sy keuse van Palin en dit was sy ondergang. Dit terwyl Obama ‘n “steady boat” was, nie afgewyk het van sy normale boodskap nie. Obama se hele veldtog lyk net beter beplan terwyl McCain sy storie elke week verander. Die feit dat Bush nog steeds top nuus is gedurende die finansiele situasie help ook nie eitlik vir McCain nie.

    Ek’s ‘n independant maar het klaar besluit. Tyd vir nuwe bloed, tyd vir ‘n nuwe generasie. Ons het genoeg gehad van mavericks en Texas deplomasie die afgelope 8 jaar.

  7. Oktober 22, 2008 2:51 vm

    Ek wens dit is verby, maar is nie so seker nie. Daar word baie gepraat oor die Bradley-faktor (wit Amerikaners sê hulle gaan vir Obama stem om nie rassisties voor te kom nie, maar het geen intensie om vir hom te stem nie). Party sê dit gaan nie ‘n groot faktor wees nie; ander weer meen dit gaan.

    Ek stem wel saam dat Palin deel van die probleem is vir McCain. Natuurlik het sy die “base” opgewonde gemaak. Die probleem is egter dat die Republikeinse “base” aan die krimp is en nie genoeg is vir ‘n Republikeinse oorwinning nie. Onafhanklike kiesers is daarvoor nodig. En soos Betty White oor Palin gesê het: “She is one crazy bitch.” Baie konserwatiewe meningsvormers is ook teen haar gekant (vgl. David Brooks, Peggy Noonan, Buckley e.a).

    Ek sien ook dat McCain basis Colorado, Nieu-Meksiko en Iowa aan Obama afstaan – hy gaan sy hulpbronne daar onttrek. Dit is almal state wat vir Bush gestem het in 2004. Dus, as Obama net die Demokratiese state van 2004 behou en bg. 3 wen, wen hy. Nou lyk dit of McCain hoop om Pennsylvanië te wen. Dalk weet hy iets wat ons nie weet nie, maar ek dink Colorado is byvoorbeeld makliker om te wen as Pennsylvanië.

    Ek hoop Obama maak dit. Amerika en die wêreld verdien nie nog 4 jaar van Bush nie.

  8. Oktober 24, 2008 12:17 vm

    Hulle verwys deesdae baie na die Bradley-effek omdat dit sekerlik die engiste veranderlike is wat McCain nog van nederlaag kan red. Persoonlik glo ek nie dit gaan ‘n wesenlike rol speel nie, want ek glo Amerikaner is al lankal oor daai hekkie….hopelik sal ek nie na 4 Nov my voet uit my mond moet probeer grawe nie!
    Die enigste ander ding wat ek kan aan kan dink wat McCain kan red, is ‘n Bin Laden-onderhoud op Fox, waarin UBL sy steun aan Obama gee.🙂

    Van die begin af het ek gese hierdie is die Demokrate se verkiesing om te verloor. Met of sonder Obama kan ek nie sien hoe die Demokrate kan verloor na 8 jaar van Bush en die Republikeine nie…

  9. skoembs permalink
    Oktober 29, 2008 4:58 vm

    Al Quaida het klaar vir McCain endorse.🙂

    http://www.nytimes.com/2008/10/26/opinion/26kristof.html?_r=1&ref=opinion&oref=slogin

  10. Oktober 31, 2008 12:16 vm

    Dankie vir die skakel…interessante artikel.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: