Skip to content

Yi Sun-Sin en die Skilpadskip

Oktober 23, 2008

S7301274In die res van die wereld beteken die naam Yi Sun-Sin ( 1545-1598  ) nie veel nie, maar in Korea word hy gedenk as een van hulle grootste militere leiers ooit. Sy roem is baie nou verweefd met die sogenaamde Imjin-oorlog, oftewel Sewejarige Oorlog ( 1592-1598 ), en die bou van die revolusionere Skilpadskip. Hy is in 1591 op die ouderdom van 46 aangestel as aanvoerder van Korea se suidelike Jeolla-provinsie vloot. Hierdie aanstelling was baie belangrik, aangesien Korea op daardie stadium bewus was van ‘n bedreiging uit Japan. Yi het die Suidsee-vloot geherorganiseer in ‘n formidabele mag en was ook verantwoordelik vir die bou van van die beroemde Skilpadskip (Geobukseon). Hierdie tegnologies-gevorderde gevegskip word beskou as Yi se belangrikste nalatenskap en hy word tot vandag toe in Korea gedenk as die Admiraal van die Skilpadskip.

S7309053

Die Skilpadskip was die eerste gepansterde gevegskip in die wereld. Die skip het twee groot seile gehad, was ongeveer 7m itv mashoogte, 37 meter in lengte, ongeveer 8m in breedte en het 150 ton geweeg. Dit het S7309152 ‘n bemanning van 130 gedra en ‘n topspoed gehandhaaf van 6 knope, wat dit die vinnigste oorlogskip in Asie gemaak het. (onthou, hierdie was in die 16de eeu!) Die skip het 2 dekke gehad. Op die onderste dek was daar 24 leefkwartiere, terwyl die boonste dek gedien het as gevegsdek met tien kanonpoorte aan elke kant van die skip. Op die boonste dek is daar ook ‘n vuur gestook vanwaar rook gegenereer is wat uit die draakfigfuur seS7309187 bek aan die voorkant van die skip geblaas het. Hierdie rook het suur en swael bevat en het gedien om ‘n rookskerm te gooi en sodoende vyandige skepe te verwar en te intimideer. Wat egter die skip veral spesiaal gemaak het (en die skip sy naam gegee het), was die feit dat die boonste dek toe was en bedek was met staalplate en honderde skerp staalpenne daarop. Eerstens het die staalplate die dek teen kanonkoeels beskerm en tweedens het die staalpenne verhoed dat vyandige mariniers op die dek kon spring om S7309011 sodoende die skip te verower (soos in daardie dae die gebruik was). Slegs ses van hierdie skepe is tydens die Imjin-oorlog ontlpooi, maar hulle impak wasS7309186 deurslaggewend. Die skip is gebruik om op sy eie diep binne vyandige linies in te ploeg, waar hy verwoesting gesaai het met sy vuurkrag en gewoonlik daarin kon slaag om die vyand se vlagskip te sink. Die Japanese skepe het geen antwoord gehad nie. Miskien kan net genoem word dat die ander belangrike gevegskip tydens die oorlog ‘n oopdekskip was, genaamd die Panokseon (vanaf 1555 gebou). Hierdie skip was self bedrewe en het die ruggraat van die Koreaanse vloot uitgemaak.

S7309189S7309190

Yihet byna 2 jaar voorberei vir die oorlog, strategiee uitgewerk en skyngevegte gehou. Sy hoofdoel was om met die aard van sy strategiee (die baie suksesvolle skyn-terugval taktiek, asook sy bekende kraanvoel-formasie, waarmee hy daarin geslaag het om vyandige vlote te omsingel.) en die superioriteit van die Skilpadskepe die getalsterke Japanese vloot te elimineer. Hierin het hy dan ook uiteindelik geslaag.

S7309016Gedurende die die Imjin-oorlog het Japan Korea twee keer met groot getalle binnegeval. Altwee kere is die invalle uiteindelik suksesvol afgeweer, maar ten koste van geweldige verlies in menselewens aan die Koreaanse kant. Tydens die tweede inval (1597) was Chinese hulp aan die Koreaanse kant moontlik deurslaggewend (China het Korea te hulp gesnel weens die vrese van die Chinese Ming Dinastie, dat Japan se oorheersing van Korea S7308997 nadelige gevolge vir China sou inhou, aangesien China volgende in die Japanese visier sou wees). Gedurende die hele oorlog het Korea ongeveer 200 000 soldate ingespan, wyl Japan op die ou-end ‘n totaal van ongeveer 500 000 soldate gebruik het.Teen 1597 was China se totale bydrae 100 000 man. Tot vandag toe word hierdie oorlog meer vernietigend gesien as selfs die Koreaanse Oorlog van 1950-53. Behalwe dat die oorlog ongeveer ‘n miljoen lewens ge-eis het, is waardevolle kulture skatte soos Bulguksa, Bunhwangsa en Gyeonbokgung deur die Japanese troepe vernietig.

S7309156S7309155

Tydens die oorlog, was Yi gedurende die talle seegevegte verantwoordelik vir die kelder van ‘n totaal van 337 Japanese gevegskepe. Met die voordeel wat die Skilpadskip hom gebied het, het Yi in ‘n reeks kritieke seegevegte die Japanese vloot gedurende 1592 verslaan, nadat die Japanese Korea by Busan binnegeval het. Op hierdie wyse het Yi mitiese status in Korea verwerf. Hy het die Japanese vloot verslaan in groot seegevegte by Okpo, Sacheon (waartydens Yi gewond is) Dangpo, Danghangpo, Yulpo, Hansando en in Busan. Die geweldige groot see-slag van Hansando word tot vandag toe herdenk as een van Korea se grootste militere oorwinnings van alle tye. Die kleiner geveg van Myeongnyang gedurende 1597 word egter as Yi se grootste oorwinning beskou aangesien hy in daardie geveg met slegs 12 skepe ‘n Japanese vloot van 300 skepe verslaan het.

S7309000S7309153

Net soos Nelson van ouds, is Yi tydens ‘n seegeveg dood toe hy noodlottig gewond is, wyl die Koreaanse vloot die verslane Japanese vloot agtervolg het Japan toe. Tydens die hierdie geveg by Noryang is die vlugtende Japanese vloot nietemin beslissend verslaan is.

S7309163S7309168

Na sy dood, is die Tonae Yi-Gong Sugun Daecheop Monument in 1620 ter ere van Yi in Yeosu opgerig – die Suidsee-stad wat tuiste van Yi se vloot was en waar die Skilpadskepe gebou is. Die monument staan S7309164 agter slot en grendel binne ‘n tradisionele hanok-gebou, tesame met die sg. Taerubi – ‘n kleiner steenmonument in 1603 opgerig deur mariniers wat onder Yi gedien. Hierdie twee monumente binne die hanok -gebou vorm gesamentlik Yi se gedenkaltaar, bekend as Chungmisa. Die Daecheop-kliptablet is aangebring op ‘n basissteen in die vorm van ‘n skilpad. Hierdie skilpad het niks te doen met die Skilpadskip nie, maar is ‘n tradisionele Koreaanse simbool van lanklewendheid. In 1942 het die Japenese koloniale besetters die hanok-gebou afgebreek en die kliptablet verskuif. Gedurende 1948 is die kliptablet, asook die kleiner klipmonument in die vernietigde ruines van Gyeongbokgung opgespoor. ‘n Nuwe hanok is in Yeosu opgerig waarna die Daecheop-kliptablet en Taerubi-steen weer op hulle oorspronklike plek staangemaak is, vanwaar dit uitkyk op die Yeosu -kuslyn.

S7309050

Daar kan met reg gese word dat dit slegs die Koreane se superioriteit op see was wat tussen Japan en ‘n volslae oorwinning gestaan het. In hierdie konteks is ‘n vergelyking tussen Frankryk en Engeland gedurende die Napoleontiese oorloe onvermydelik. Want dit was ook ‘n geval waar slegs die Engelse vloot se see-superioriteit gestaan het tussen Napoleon en ‘n suksesvolle inval in Engeland. Yi se vloot het telkens die Japanese se verskaffingsroetes afgesny en ontwrig, wat Japan se seevierende troepe op land gedemoraliseer het. Dis dan binne hierdie konteks wat Yi legende-status verwerf het, amper drie eeue voor Horatio Nelson .

yisunsin nelson

Deur die jare het talle geskiedskrywers met reg dan ook duidelike ooreenkomste uitgelig tussen die befaamde Engelse admiraal Horatio Nelson en Yi Sun-Sin. In die verband sluit ek af met die woorde van die bewese Japanese admiraal, vlootkenner en skrywer, Admiraal Tetsutaro Sato, in sy 1908-boek, History of the Empire’s Defense :

“Throughout history there have been few generals accomplished at the tactics of frontal attack, sudden attack, concentration and dilation. Napoleon, who mastered the art of conquering the part with the whole, can be held to have been such a general, and among admirals, two further tactical geniuses may be named: in the East, Yi Sun-sin of Korea, and in the West, Horatio Nelson of England. Undoubtedly, Yi is a supreme naval commander even on the basis of the limited literature of the Seven-Year War, and despite the fact that his bravery and brilliance are not known to the West. Anyone who can be compared to Yi should be better than Michiel de Ruyter from Netherlands. Nelson is far behind Yi in terms of personal character and integrity. Yi was the inventor of the iron-clad warship known as the turtle ship (geobukseon). He was a truly great commander and a master of the naval tactics of three hundred years ago.”

(NS: Het vir my hierdie oulike houtmodel gekry wat ek nog moet bou.)

S7309973

15 Kommentaar leave one →
  1. Oktober 23, 2008 2:22 vm

    Boer- welgedaan. ek is mal oor geskiedenis en dis rerig interesant om in korea te kan wees en dit eerstehands te kan sien voor mens. Dis unbelievable om te dink dit het so lank terug gebeur. Wat my baie hartseer maak is dat die Japanese die kulturele aspekte soos Bulguksa kon verpletter het. Dis onnodig dat kuns en die mensdom se kultuur onder oorlog moet verwoes word. En dit gebeur reg oor die wereld, tot vandag toe nog.

  2. Oktober 23, 2008 2:50 vm

    Baie interessante stukkie geskiedenis! Jy moet vir ons ‘n foto kom wys as jy die model klaar gebou het!

  3. Oktober 23, 2008 11:46 vm

    Dit was nou baie lekker leesstof Boer! Dis amazing om te dink wat die ou alles reggekry het met daardie paar skepe en soveel minder soldate in vergelyking met die Japanese. Ek stem saam met MJ oor die verwoesting van kuns, maar as jy oorlog voer is jy sekr min gepla daaroor. Dis mos nie jou goed wat jy verwoes nie. Dit bly hartseer. Bulguksa is vir my die mooiste tempel waarby ek nog was veral nou in die herfs.

    Daai modelle is super cool, maar as mens dit hier bou weet ek nie of mens dit in een stuk by die huis gaan kry nie…Ek het ‘n paar as geskenke gekoop!

  4. meermin permalink
    Oktober 23, 2008 3:18 nm

    Geniet die dag.

  5. Oktober 23, 2008 10:25 nm

    Dis baie interessante leesstof. Geniet die modelbou.😉

  6. Oktober 24, 2008 4:59 vm

    Dankie Boer! Ons in die weste weet en leer so min van die Ooste se geskiedenis. As ek so na Nat Geo kyk dan is dit verstommend hoe ver voor hulle ons in die weste was in die verlede.

  7. Oktober 24, 2008 4:27 nm

    Dit was voorwaar interressante leesmateriaal. Ons weet regtig min van die Oosterse geskiedenis vanweë die fokus in ons opvoeding op Europa. Daar verskyn deesdae wonderlike leesmateriaal oor hierdie “vergete” tydperke. Min besef die Westerling hoe sterk die invloed van die Ooste op die ontwikkeling van beide die wetenskap en filosofie op ons is. Selfs Microsoft het in hulle rekenaarspeletjie “Age of Empires” die skilpadskepe en Yi Sun-Sin ingekorporeer😉

  8. Oktober 24, 2008 11:25 nm

    Ek is bly daar is ander wat ook hierdie geskiedenis interessant vind. Ek is nou maar eenmaal ‘n geskiedenis-verslaafde en ek is bevoorreg in ‘n posisie te wees om ander volke se geskiedenis te bestudeer. Die wereld is so geweldig groot en divers…en mens besef dit net al hoe meer en meer.
    Baie interessante brokkie oor “Age of Empires”. Het dit ook raakgelees, maar nagelaat om dit in te sluit.

  9. Mary Jane permalink
    Oktober 25, 2008 8:54 nm

    Hi Boer

    Dit was nou baie interessant! Baie dankie!!! Ons het gisteraand by K se Koreaanse vriende, Yonsoo en Jiwon gekuier en hy het ons toe ook van Yi vertel. Hy is BAIE trots op hom, want dis op sy tuisdorp wat als gebeur het. Wat hy als van die Japanese vertel (jy’t mos ook al vertel) laat VEEL te wense. Ek’s verbaas dat Hollywood nog nie op die Japanese wreedheid opgetel het nie. So onlangs as die 2eWO. Anyway, dankie vir nice skrywe!

  10. Oktober 28, 2008 5:54 vm

    So deur die eeue het Korea ook maar sy fair share van oorloe and geweld gehad lyk dit vir my en tans ervaar jy hul geskiedenis van skeiding “in live mode.” Lekker leesstof.

  11. November 3, 2008 4:19 vm

    Wow baie nice inskrywing Bib!
    Geniet die model bou.😉

Trackbacks

  1. Pawiljoene « Boer in Ballingskap
  2. Kastele van Japan « Boer in Ballingskap
  3. Wie is die man op die perd? « Boer in Ballingskap
  4. Die Monster « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: