Skip to content

Ek het my hart verloor…

Oktober 29, 2008

S7300006

….op ‘n Saterdagoggend tussen die dwarrelende droe blare van herfs. Haar toevallig bespeur in die venster van ‘n veearts. Sy het met groot, geel oe na my gekyk en haar gesig en lyf was pragtig en aanloklik. Ek het dadelik aanklank gevind by haar persoonlikheid en speelse geaardheid. Braaf het ek dit na binne gewaag en navraag gedoen. Helaas…sy was reeds geneem. Maar steeds droom ek van haar elke nag, wyl haar priemende geel oe al hoe groterwordende gate in my hart bly brand…

Advertisements
25 Kommentaar leave one →
  1. Oktober 29, 2008 12:35 vm

    Sy is mooi!
    Ek sou aanbeveel dat jy maar vir jou ‘n ander katjie soek 😉

  2. Oktober 29, 2008 12:54 vm

    Eet hulle nie katte ook nie? 🙄

  3. Oktober 29, 2008 1:02 vm

    Wat ‘n jammerte dat sy geneem was! Ek mis ons katte wat ons gehad het geweldig, veral as ek daardie dierbare goedjies op youtube sien! 🙂
    http://uk.youtube.com/watch?v=O_onrMQCD64
    myne sou nou nes hierdie enetjie gemaak het!

  4. Oktober 29, 2008 1:33 vm

    Ai Boer,dis nou jammer. Jy sal maar moet verder soek. 🙂

  5. Oktober 29, 2008 4:47 vm

    Mens moet pasop vir sulke “dier”bare gesiggies in winkelvensters! Ons s’n grawe ons “tuin” al meer vol gate.

  6. Oktober 29, 2008 5:45 vm

    Boer, toe ek die opskrif “Ek het my hart verloor…” lees, toe knoop my vingers op die sleutelbord in my haas om hier uit te kom! 😆 Ek wou meer van hierdie girl hoor…

    In elk geval, dit IS ‘n baie mooi kieter. Dis jammer sy is alreeds geneem. Ten minste weet jy nou waarvoor jy soek. 😉

  7. Oktober 29, 2008 12:24 nm

    Sy is inderdaad beeldskoon! Ek sal ook nie omgee vir so gevreetjie nie…
    Ek stem egter saam met Wipneus 😉

  8. Oktober 29, 2008 3:47 nm

    Double wow .. as die kat so ‘n stunning ‘ode’ kry kan jy even begin om te imagine as dit ‘n homo sapien hartedief moes wees. Pragtige kat en yup jy MAG maar skryf!

  9. Oktober 29, 2008 3:58 nm

    Ek het altyd geweet jy is ‘n groot ou softie! 😉

  10. Oktober 29, 2008 4:06 nm

    Ek kan verstaan dat jy jou hart verloor het… daai gesiggie praat met mens!

  11. Krista permalink
    Oktober 29, 2008 4:08 nm

    Moenie ophou soek nie!

  12. meermin permalink
    Oktober 29, 2008 8:08 nm

    Moenie moed opgee nie, soek verder, sy is pragtig!! Ek self het twee mooi katte, net nou die dag foto’s van hulle op my blog gehad, die ene het die mooiste blou ogies denkbaar!!

  13. Oktober 29, 2008 8:17 nm

    Ai tog, ek kan nie help om saam met ELF te stem nie.

  14. Oktober 30, 2008 5:48 vm

    Sy is baie pragtig!
    Dit is daardie oë wat ‘n mens se hele wese oorneem. Al wat sy wil hê is liefde en ‘n goeie huis, en ja, natuurlik ‘n lekker bakkie kos en ‘n vryfie af en toe.

  15. Oktober 30, 2008 8:31 vm

    Ditto Elf.

    BiB, mag jy gou vrede kry en jou eie kietsie huis toe vat!

  16. Oktober 30, 2008 1:19 nm

    Ek bly terugkom na die foto! Daai kietsie lyk vir my baie stout, maar so liefdevol. Daar is iets uitdagend en tartend in haar oe…

  17. Oktober 30, 2008 10:16 nm

    Sjoe, sy’s beeldskoon!

  18. Oktober 31, 2008 12:13 vm

    Ek is so bly julle sien in hoekom ek my hart so vinnig kon verloor. Ek is maar nou eenmaal ‘n geswore katliefhebber, maar dis nie sommer enige kat wat my aandag so vinnig vasvang nie. Hierdie kat was vir my regtig besonders…daar was net iets aan haar. Seker maar vir my herinner aan my eie geliefde kat wat ek jare terug gehad het.

    NS…en nee, die Koreane eet gelukkig nie katte nie!

  19. Oktober 31, 2008 5:58 nm

    As jy nou so iets pragtig vir jou kat skryf, wonder ek net hoe gaan jy jou vrou eendag bederf…..

  20. Oktober 31, 2008 5:59 nm

    Heelaas nie jou kat nie, ‘n kat!

  21. November 1, 2008 4:38 vm

    Dis ‘n pragtige kieterkater! Ek het besluit as ek eendag by my huisie by die see bly, wil ek drie katte he. ‘n Gemmer een, ‘n spierspierwitte en ‘n pikgietswarte. Dalk kan ek vir jou ‘n kleintjie bere? 😆

  22. November 1, 2008 9:14 nm

    Pikkie, ek stem! Mag jy gou vir jou ‘n (K)ietsie kry wie jy kan bederf…!!!

  23. November 3, 2008 8:16 vm

    Don’t take this te wrong way, maar ek hou baie meer van jou prosa in hierdie post as die kat. (Ek’s meer ‘n hondmens.)

    Nice prosa 🙂

  24. November 6, 2008 11:48 nm

    Vrouens en katte is maar so ‘n bietjie verskillend…Ek meen as ‘n kat regtig kwaad raak vir my vrees ek immers nooit vir my lewe nie! 😉

    Dankie, Johan! 😳
    (maar as jyself hierdie kietsie gesien het, sou jy dalk gewtwyfel het of die prosa wel mooier is…)

  25. November 27, 2008 7:04 nm

    Ek stem met Johan Swarts saam … ek is ook nie ‘n kieter-fan nie, maar jou skrywe oor haar is briljant!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: