Skip to content

‘n Pagoda genaamd Neungjitap

November 2, 2008

In die omgewing van die heilige berg Nangsan , naby die grafte van Koningin Seondeok en Koning Shinmun , tref mens Neungjitap pagoda aan. Hierdie tweevlak-pagoda is die oorblyfsels van ‘n antieke pagoda wat oorspronklik vyf vlakke hoog was. Die huidige struktuur is ongeveer 5.5 meter hoog en is vermoedelik opgerig tussen die 7de en 10de eeu.

S7305676

Volgens oorlewering is Koning Munmu hier veras, voordat sy as in die Oos-see begrawe is. Hierdie pagoda se vorm en grootte verskil baie van ander Koreaanse pagodas van die Silla -tydperk. Hedendaagse kenners is daarom van mening dat hierdie pagoda ‘n sg. boolgam is – ‘n pagoda waar heilge afbeeldings van Buddha begrawe is. Die pagoda het, soos die grafte van Genl Kim Yu Sin en Koning Wonseong, die twaalf afbeeldings van die diere van die Chinese Zodiak reg rondom as deel van die basisstene. Ondanks die verweer van baie eeue, is hierdie afbeeldings nog verbasend herkenbaar.

S7305671S7305673S7305674S7305678

Advertisements
7 Kommentaar leave one →
  1. November 3, 2008 4:23 vm

    Dis ongelooflik dat hierdie afbeeldings nog so mooi herkenbaar is!
    Ek word slim hier by jou! 🙂

  2. annie permalink
    November 3, 2008 7:30 nm

    oegh dit is NEt te PAragdtagh!!!!!! Ek gaan sommer daar vertoef vandaaagg!!!
    Beurifulll en misterioso!!
    Simply luvely
    x

  3. November 4, 2008 7:37 vm

    baie mooi, ek sal heerlik op daardie gras speel! en gebraaide hoender en slaptjips daarbo eet!–as ek nie geweet het dis ‘n graf nie! 🙂 mooi foto’s met die bome so aan die een kant! en daardie kat het besonderse oe! nou net weer eers na haar gekyk, ek’s ook ‘n groot katliefhebber. – maar net so lief vir honde ook!

  4. November 5, 2008 1:04 vm

    Geskiedenis bly maar ‘n interressante onderwerp.

  5. 34'South permalink
    November 6, 2008 6:43 nm

    Dis regtig ongelooflik en stunning. Nogal ‘n vreemde vorm vir ‘n graf en dit lyk eerder soos ‘n reuse pagoda! Baie interessante skrywe Boer, dankie!

  6. November 6, 2008 11:51 nm

    Miskien was my inskrywing verwarrend, maar ek wil net bevestig dat hierdie struktuur wel ‘n pagoda is en nie ‘n graf nie.

  7. 34'South permalink
    November 7, 2008 3:15 vm

    Nee Boer, glad nie verwarrend nie. Ek het net soos my agterwereld gelees of verkeerd geskryf…ek weet nie meer wat in die kop van my aangaan nie, maar dis soos voor die skepping upstairs. Nie so leeg nie maar so woes, jy weet!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: