Skip to content

President Obama

November 5, 2008

t1

Foto: Korea Times

Senator Barack Obama sal vanaf 20 Januarie 2009 bekendstaan as President Obama. Obama het gister die oorweldigende steun van Amerikaanse kiesers ontvang en so ‘n euforiese einde gebring aan een van die langste, interessantste en hewigste VSA-presidentsverkiesings ooit. Met hierdie oortuigende oorwinning is maandelange meningspeilings as korrek bewys. Die Amerikaners het nou meningspeilings amper verhef tot ‘n eksakte wetenskap. Om die waarheid te se, die uitslag van die verkiesing was reeds weke terug ‘n voldwonge feit en die verkiesing het op die ou-end gegrens aan ‘n blote formaliteit. Mens wil amper so ver gaan om te vra of ‘n verkiesing op die ou-end enigsins nodig was. Maar dis dalk ‘n debat vir ‘n ander dag. Vandag is Obama se dag.

Om die redes te identifiseer agter Obama se groot oorwinning verg nie regtig ‘n graad in fisika nie. Na agt jaar onder George W Bush en die Republikeinse administrasie was dit van die begin af duidelik dat hierdie verkiesing die Demokrate s’n was om te verloor. Die Bush-administrasie is sekerlik een van die ongewildste Amerikaanse regerings in ‘n lang tyd en dit sou vreemd (en selfs kommerwekkend) wees indien die Demokrate nie hierdie verkiesing kon wen nie, want byna alles was in hulle guns. Maar afgesien van hierdie voor die handliggende verklaring, is dit nogtans nodig om die volgende aspekte uit te lig, wat ‘n groot bydraende faktor gelewer het tot Obama se sukses:

Eerstens: Barack Obama self. Hy is een van die gewildste Demokratiese kandidate in dekades en nie sedertdien John F Kennedy het ‘n individu op hierdie wyse daarin geslaag om Amerikaners (en inderdaad die hele wereld) se verbeelding aan te gryp nie. Hy is jonk, dinamies, ongelooflik welsprekend, charismaties en ‘n inspirerende leier. Hy het daarin geslaag om ‘n professionele en baie effektiewe verkiesingsveldtog te voer en (baie belangrik) daarin geslaag om die Demokrate agter hom te verenig na die bitter stryd teen Hillary Clinton tydens die voorverkiesings. Hy het meeste van die tyd met sy blote teenwoordigheid John McCain oorskadu en dis duidelik dat hy, soos hulle in sport se, BMT het. Hoewel daar euforie in die VSA is omdat Obama uit ‘n minderheidsgroep kom, verkies ek om te fokus op Obama se persoonlike kwaliteite as individu, eerder as hom te skets as ‘n verteenwoordiger van ‘n etniese groep.

Tweedens: McCain kon net nooit daarin slaag om uit die skadu van Bush te beweeg nie. Maak nie saak hoe McCain gepoog het om homself van Bush te distansieer of te differensieer nie, dit het bloot net nie die kiesers oortuig nie. Die Republikeine en Bush se ongewildheid was die dryfsand waarbinne McCain sy veldtog moes veg en het gesorg dat hy net nooit onafhanklike vastrapplek kon kry nie.

Derdens: McCain se Alaska-waagstuk het duidelik nie gewerk nie. Inteendeel, die keuse van Sarah Palin as vise-presidentskandidaat het eerder die teenoorgestelde effek gehad en McCain se oordeelsvermoee verdag gemaak. Wie nie waag nie wen nie, maar hierdie keer het sy dobbelspel misluk.

Vierdens: McCain se negatiewe verkiesingsveldtog waarin Obama se karakter selfs op venynige wyse aangeval is, het hom van baie onafhanklike kiesers vervreem. In teenstelling het Obama deurgaans verkies om eerder op sy eie boodskap van hoop te fokus, as om te poog om McCain se karakter af te breek.

Laastens (maar verseker nie die minste nie): Die huidige ekonomiese krisis in die VSA het Obama en die Demokrate ‘n geweldige hupstoot gegee. Tot ongeveer middel September, was buitelandse beleid en veiligheid (McCain se sterkpunte) nog hoog op die agenda in die verkiesingsveldtog. Selfs in meningspeilings het McCain nog ‘n kans gestaan om te verras. In Oktober het die volle omvang van die ekonomiese krisis egter begin duidelik raak en het dit die nuwe fokus van die verkiesing geword. In hierdie klimaat van ekonomiese paranoia het Obama net eenvoudig baie beter oorgekom as McCain en daarin geslaag om sy beleidsrigtings kalm, selfversekerd en duidelik uit te stip.

Hoe dit ookal sy, President Obama sal die leisels op ‘n kritieke tydstip in die VSA se geskiedenis oorneem en daar is nie ‘n tekort aan krisisse en uitdagings wat op hom wag nie. En watter ander verassings sal op die nuwe president wag?. Wie sou in 2000 met die verkiesing van George W Bush die gebeure van 11 September 2001 kon voorspel? Op die ou-end het hierdie gebeure Bush se presidentskap in totaliteit gedefinieer. Wat wag op Obama en op die VSA? Net die tyd sal leer…

Advertisements
9 Kommentaar leave one →
  1. Wipneus! permalink
    November 6, 2008 11:01 vm

    Ja-nee Bib dit kan jy weer sê: Obama neem die leisels oor in baie moeilike tye. Daar lê baie werk vir hom voor wat definitief tyd gaan neem.

  2. November 6, 2008 6:40 nm

    Goeie inskrywing.

    Ek weet eintlik heeltemal te min van politiek om kommentaar te kan lewer, maar Obama was wat my betref die mees belowendste kandidaat. In totaliteit verteenwoordig hy hoop vir baie Amerikaners.

    Ek kan nou maar net hoop en vertrou dat hy al sy beloftes gaan kan nakom.

  3. 34' South permalink
    November 6, 2008 6:46 nm

    Obamanie wereldwyd!
    Ek is bly ek is nie in sy skoene nie, want dit kan nie maklik wees om met soveel chaos oor te neem nie. Nou moet ons maar net hoop hy is opgewasse vir die taak!

  4. boendoe permalink
    November 6, 2008 6:49 nm

    Ek weet ook min van Amerika se politiek, maar ek hou van die ‘look’ van die man.

  5. Mary Jane permalink
    November 6, 2008 8:21 nm

    Howzit BIB(lioteek), het sommer onmiddellik op jou blog kom kyk wat jy te sê het oor die uitslag vir jou insiggewende kommentaar. Ja, stem saam met jou oor Obama. MAAR soos die een ou op tv hier gister gesê het, hierdie was nou die powerpoint presentation, nou moet die werk begin en net tyd sal leer of sy charisma en welsprekendheid gelyk is aan die kwaliteit werk wat hy lewer. Hy praat goed,kom ons hoop hy werk ook goed…. My pa het ook nou die dag die vergelyking tussen Obama en Kennedy getrek. Daar is meer ooreenkomste as wat mens dink. Bv, Kennedy moes met die cuban missile crisis deal, en Obama moet met Oorloë in Irak en Afghanistan deal. Kom ons hoop net Marilyn Monroe maak nie weer haar verskyning nie 🙂

  6. November 6, 2008 11:13 nm

    As the old saying goes, time will tell what Obama can do. Maar ‘n mens kan nie veel swakker as George Bush doen nie. Ek dink ons beweeg in ‘n nuwe tydvak in.

  7. November 7, 2008 12:01 vm

    Bib(lioteek)! 🙂

    Obama kan inderdaad nie veel swakker as Bush vaar nie. Solank die kiesers, wat hom tot ‘n ampere messias verhef, nie wonderwerke van hom verwag nie (en soms kom dit voor of dit die geval is), behoort hy sy legitimiteit en gewildheid te behou. Maar soos met soveel ander presidente met geweldige goeie voornemens, kan internasionale realiteite en onvoorsiene gebeure ook Obama se termyn onwillekeurig kenter en definieer, onafhanklik van sy oorspronklike idees. Maar dit gaan baie interessant wees om te sien hoe Obama die beloofde veranderinge deurvoer en die VSA gaan herposisioneer binne die internasionale gemeenskap.

  8. 34'South permalink
    November 7, 2008 3:18 vm

    It’s going to be an interesting journey…
    Ek hou van die Bib(lioteek)…baie skerp en absoluut gepas!

  9. November 10, 2008 4:59 vm

    Net om te bewys dit gaan nie vir my oor ras nie: ek is baie meer gemaklik met hom as president van Amerika as met Lewis Hamilton as Formule 1 kampioen!

    Ek het net een probleem met hom. Vir die eerste keer in my lewe gaan ek ouer as die Amerikaanse president wees!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: