Skip to content

Suid-Korea se St Helena

November 21, 2008

S7304578

Uleungdo is ‘n kleinerige eiland, gelee in die Oos-see, sowat 120km vanaf die Koreaanse kus. Ek sou die eiland beskryf as Korea se St. Helena. Dis nie ‘n Mauritius met wit strande en palmbome nie; dis ‘n dramatiese S7304505 ongekommersialiseerde eiland met lawa-rotskranse reg rondom. Die eiland is ongeveer 2.5 miljoen jaar terug deur ‘n massiewe vulkaniese uitbarsting gevorm en al die vulkaniese rotse, klippe en grond (hoofsaaklik basalt, kwarts, tragiet en andesiet) getuig daarvan. Die eiland is 56km in omtrek en op die verste punte is dit maar 10km breed. Dis ook hoofsaaklik ‘n vakansiebestemming vir Koreane en daar is min westerlinge wat daarnatoe gaan (daar is ander kommersiele witstrand-eilande wat die westerlinge lok).

S7304560

Die eiland het oorspronklik bekendgestaan as Usanguk en het eers in 1906 die huidige naam, Uleungdo, ontvang. Argeologiese opgrawings dui aan dat daar reeds teen 1000 vC mense op die eiland gewoon het. Die eiland se opgetekende geskiedenis begin egter eers in 512. In hierdie jaar S7304484(tydens die heerskappy van Koning Jijeung van Silla) het generaal Yi Sa-bu seerowers – wat die eiland as basis gebruik het – tot oorgawe gedwing en die eiland is amptelik as deel van die Silla-koninkryk ingelyf. Tussen 1370 en 1693 was daar verskeie skermutselings tussen Japan en Korea oor besit van die eiland. In 1696 het Japan amptelik Uleungdo en die naburige Dokdo (letterlik: “rotseiland”) as Koreaanse grondgebied erken. Tot en met 1884 was Uleungdo slegs gebruik as ‘n militere uitkykpunt, maar in daardie jaar is die eerste burgers toegelaat om hulle daar te vestig. Tydens die koloniale besetting van 1910-1945 het Japan weer die eilande beset, maar moes dit prysgee na hulle nederlaag in die Tweede Wereldoorlog.

S7304556

Dokdo (oorspronklik bekend as Usando) is gelee ongeveer 80 km suid-oos van Uleungdo en ongeveer 150km vanaf die Japanese kus. Dokdo bestaan uit twee reuse vulkaniese rots-eilande, genaamd Dongdo (“Oos-eiland”) en Seodo (“Wes-eiland”). Net soos Uleungdo, is Dokdo deur ‘n S7304381reuse vulkaniese uitbarsting gevorm, ongeveer 4,6 miljoen jaar gelede. Dis dramaties en pragtig om te sien, maar veral spesiaal weens die historiese belangrikheid van die eiland. Dokdo is Koreaanse gebied, maar nog al die jare is daar ‘n dispuut met Japan, wat die eiland Takeshima noem en nog altyd dit as deel van Japanese grondgebied beskou. Met die aanvang van die Koreaanse oorlog in 1950, het die Japanese opportunisties probeer om Dokdo te beset, maar hierdie poging is S7304324suksesvol deur die sg. Dokdo Loyal Defence Squad afgeweer. So onlangs as Julie 2008 het die Japanese die Koreane ontstel deur in nuwe skoolboeke na Dokdo te verwys as Japanese grondgebied, hoewel Dokdo nie meer op amptelike Japanese kaarte as Japanese grondgebied aangedui word nie. In ‘n emosionele diplomatieke relletjie het Korea hulle ambassadeur na Japan teruggeroep en Japan se optrede veroordeel. Nobutaka Machimura (Japanese Kabinetsekretaris) het verder olie op die vuur gewerp deur in die openbaar te verklaar dat Dokdo se regte naam Takeshima is en dat dit deel bly van Japanese grondgebied.

S7304555

Die tog na Dokdo is dus vir meeste Koreane ‘n tipe van ‘n Mekka-tog. Hulle is geweldig patrioties oor Dokdo en trots op hierdie rotse. Oral op Uleungdo kan mens plakkers, t-hemde ens. koop wat dit duidelik in Koreaans stel: Dokdo is our land! Op Dokdo self is daar basies net ‘n S7304246vuurtoring, hoewel daar ook ‘n militere kommunikasiesentrum is (wat nie algemeen bekend is nie). Vanuit hierdie sentrum word die bewegings van Rusland se Stille Oseaan vloot gemoniteer, asook die vloot- en lugmagbewegings van Noord-Korea en Japan. Onlangs is daar ook groot natuurlike gasreserwes in die see naby die eiland gevind. Dus is hierdie twee yslike rotse baie meer werd as wat dit op die oog af voorkom. Maar die dispuut tersyde…dit kom eerder voor asof die letterlik miljoene swartstert-meeue die eiland besit. Beide die lug en die ruwe rotse is skoon wit van hierdie voels. (Kyk hier na ‘n video van Dokdo )

S7304564

Maar terug by Uleungdo…Wat veral pragtig is, is die sg. Nari Basin wat reg in die middel van die eiland gelee is. Dis ‘n groot plat stuk aarde wat gelee is in die oorspronklike krater. Hier is meeste van die plase waar die eilandbewoners (daar is so 10 000) hulle groente, kruie, knolle en bolle verbou. Dis regtig pragtig groen (in die somer) so tussen die omringende berge.

S7304571

S7304526Die wandelpad langs die kus af vanaf Uleungdo se S7304522“hoofstad”, Dongdo na die volgende hawedorpie, Jeongdo, is baie indrukwekkend. Dit neem jou al langs die see af, op na die vuurtoring en deur ‘n pragtige inheemse bos. Dis moeilik om hierdie wandelpad in blote woorde te omskryf en ook die foto’s laat nie regtig reg geskied aan die indruk wat dit op mens maak nie. Getrou aan hulle aard, het die Koreane uit hulle pad gegaan om ‘n pragtige en dramatiese wandelpad te bou – iets wat ek nog nie gesien het vantevore nie. Een aspek wat geweldig tref van die see hier, is die byna onnatuurlike blou van die water. En natuurlik sien mens amper tot die bodem, so helder is dit.

S7304576

Net buite Dongdo, by die Dokdo -museum, is daar ‘n kabelkarretjie, wat jou neem tot bo-op een van die hoogste punte op die eiland. Hier kan jy ‘n pragtige panorama-uitsig indrink en bo by die klein Koreaanse restaurantjie ‘n yskoue bier geniet om die somerhitte te weer.

S7304280Ek kan nie volledig oor die eiland skryf as ek nie die kos noem nie. Kyk, die Koreane is pyl-inkvis (squid) befoeterd. Uleungdo is bekend vir die beste kwaliteit pyl-inkvis in Korea en dis dan ook ‘n groot industrie op die eiland. Jy eet hom rou, gaar, lewendig, dood, heel, opgekap en VERAL gedroog. Die gedroogde pyl-inkvis van Uleungdo is vir die Koreane omtrent ‘n S7304283delikatessen. Die ink van die vis word voorts ook gebruik in haarkleursel ens. Behalwe vir die inkvis, is vars seekos die spreekwoord op Uleungdo: groot, smullekker oesters, perlemoen, alikreukel, mossels, seekat en nog talle ander gediertes wat ek nie by die naam ken nie. Die onpretensieuse eetplekkies is almal so reg langs die see en ek dink nie mens kan varser seekos te ete kry nie. Jy kan sien hoe word die vis/mossels ens. van die bote afgehaal, letterlik na die eetplekke gedra en net daar skoongemaak om oomblikke later op die bord te verskyn.

S7304270S7304200

Bo-en behalwe die seekosse is die verskillende soorte seegrasse ook baie gewild. As jy ‘n biertjie drink, kan jy ‘n ruim porsie vars bamboes/kelpS7304273 verwag. Uleungdo is ook bekend vir die verskeidenheid kruie wat op die eiland gekweek word. Die kruie is in gedroogde vorm oral te koop en ‘n S7304388 byvoeging tot al die kosse. Verder is die eiland bekend vir die oorvloed van Chinese jenewerbome. Oral by winkeltjies kan mens die pragtigste beelde, borde, lepels ens. koop wat sorgsaam uit die jenewer gekerf is. Die hout is uniek in die sin dat dit ‘n geweldige aromaties geur afgee. Mens ruik dit dadelik as mens die snuiswinkeltjies betree.
Die eilanders roem hulle natuurlik daarop dat al hulle produkte vars is en baie beter as op die vasteland. Daar is geen besoedeling nie en dis net vars lug en reenwater wat alles lewe gee.

S7304470 S7304501

In geheel gesien bied Uleungdo ‘n wonderlike en raar geleentheid om ‘n feitlik ongerepte eiland te besoek, die vergesigte in te drink en in verwondering te staan oor die resultate van die natuur se wispelturigheid oor miljoene jare heen. Vir my persoonlik is die ervaring deels religieus, aangesien ek ‘n groot Skeppershand agter sulke natuurprag gewaar. Ek weet sulke natuurkunswerke is geologies en wetenskaplik 100% verklaarbaar, maar binne my geloofsraamwerk kan ek nie sulke dramatiese natuurkunsskeppende gebeure as blote lukrake natuurverskynsels sien nie…selfs al sou ek graag wou.

S7304577

Advertisements
22 Kommentaar leave one →
  1. waterstroom permalink
    November 21, 2008 3:01 vm

    *beter as enige koffietafel glans boek – pragtig *
    simply beautiful and very informative en so kunstig is die foto’s gedoen!
    well done!
    ***
    annora
    **
    *

  2. November 21, 2008 3:08 vm

    Wow! Ek het nooit gedink ek sal Korea wil besoek nie, maar na hierdie foto’s het jy my oortuig. Maar eers wil ek na die regte, egte St Helena toe gaan – dalk vir ‘n tweede wittebrood! 😆

  3. waterstroom permalink
    November 21, 2008 3:11 vm

    *****Uleungdo ******
    Ek moes nou eers weer dit als lees en indrink. Hoe wonderlik! Wat ‘n fraaie eiland en al die seekos, so vars, te heerlik. Eks ook mal oor seegras. Shoe, wat ‘n pragtige plekkie wat jy ontdek het liewe boer in ballingskap.
    Annora.*****

  4. waterstroom permalink
    November 21, 2008 3:13 vm

    En nou kan ek glad nie onthou waar St Helena is nie, maar ek dink nie ek was al daar nie, dan sou ek seker othou het.

  5. Tersia permalink
    November 21, 2008 5:07 vm

    Sjoe, dit is pragtig! Wonder of daar nie dalk iewers vir my ‘n plekkie is nie!

  6. November 21, 2008 3:07 nm

    Baie interessant. BiB dis die pragtigste foto’s. Dit moet ‘n belewenis wees om sulke plekke te kan besoek.

  7. November 21, 2008 7:31 nm

    Kan jy dalk ‘n bietjie meer vertel oor hoe hulle die seegras voorsit? Word dit gedroog of kry jy dit in ‘n sop? En hoe proe dit? Proe dit soos dit ruik? Is dit dieselfde soort seegras as die wat mens hier op die strand optel, of is dit spesiale seegras?

  8. November 22, 2008 1:12 vm

    Dankie vir die meelewing!
    Sonkind…daar is immers net een St Helena en dis iets wat ek nog definitief gaan doen. Ek kan nie eers onthou hoe lank al ek hierdie St Helena obsessie het nie – ook oor die ryke geskiedenis wat aan hierdie rotseiland verbonde is. Dus, as jy gaan voor ek gaan – weet maar ek’s jaloers!
    piesangverkoper – die seegras smaak glad nie soos piesang nie. 😉
    Ek sal nie kan se watter tipe seegras hier ge-eet word en hoe dit verskil van SA-seegras nie. Ek dink egter die Koreane sal alle grasse wat in SA uit die see uit spoel voor die voet eet, want dis wat hulle hier doen. Die seegrasse word letterlik in alle vorms ge-eet, maar veral gedroog (as ‘n versnapering) en as deel van gekookte kosse. Miyoguk (of te wel seegras-sop) is baie gewild en ook lekker. Daarbenewens word rys dikwels in seegras gerol en so ge-eet. Die smaak is maar baie sout-en-see, maar word gewoonlik getemper deur die toevoeging van sesame-saad en/of sesame-olie. Omdat die Koreane glad nie sout by hulle kosse voeg nie, is ‘n seegrassie altyd ‘n lekker toevoeging vir mense soos ek, wat van sout hou. Hoe dit ookal sy – dis baie gesond.

  9. Jo-Ann Schou permalink
    November 22, 2008 1:24 vm

    BiB, wanneer kom jou boek uit? Jy mag maar !

    Hierdie bly ‘n fantastiese blog… ek wonder of jou gasheerstreek weet hoe en met hoeveel moeite jy hulle bemark en watter groot impromto ambassadeur jy is.

  10. November 22, 2008 4:00 vm

    Uleungdo is ‘n ongelooflike mooi eiland! Hierdie is een van dié tipe inskrywings wat my só beïndruk dat ek dit weer en weer sal kom lees en foto’s kyk! Dankie!!

  11. November 23, 2008 2:06 nm

    Wow ek kan net weereens sê ‘n baie lekker interessante inskrywing Bib!
    Dankie

  12. November 23, 2008 8:50 nm

    Toe ek uit Afrika weg is, het ek gewonder of ek weer daai ongelooflike gevoel van ‘naby die natuur wees’ aan my bene gaan voel in ‘n ander land.
    Gou kom ‘n mens agter dat die natuur met ‘n mens gesels orals waar ‘n mens is – mens moet net jouself oopmaak vir ‘n geselsie. Tog sien ek baie mense wat hulle self afsluit van dit wat mooi is, omdat hulle so hard soek na dit waaraan hulle gewoond is in hulle ‘ou’ land. Dit is plekke en beskrywings soos die, wat my sommer weer die pad laat vat – hoe interessant is die hele lewe en wêreld nie? Hoe baie is daar om nog te leer, te proe en te sien.

  13. November 24, 2008 2:27 vm

    Aaaa… BiB, dit is nou rerig pragtig. Dankie.

  14. November 24, 2008 3:13 vm

    Baie mooi, die seekos lyk lekker! Ek sien hier’s ‘n piesangverkoper hier rond. Het die omie in Arende (Prinses se pa) nie ook piesangs verkoop op St. Helena nie?

  15. November 24, 2008 3:41 vm

    Wow, dit klink na ‘n ongelooflike plek. Ek sal nie omgee om ‘n paar jaar op so ‘n eiland te bly nie. 🙂

  16. November 25, 2008 11:05 nm

    Ek glo mens sal die skoonheid vind as jy hard genoeg daarvoor soek. Enige plek op aarde het sy eie, unieke bekoring en prag. Dus, waar jy ookal land, kan mens weer skoonheid vind. Dit is altyd daar…
    Ek sal ook nie omgee om ‘n ruk op Uleungdo te woon nie, maar dit kan nogal alleen raak, dink ek. Behalwe vir die militere teenwoordigeheid, is daar slegs 2 mense (‘n ouerige, getroude paar) wat op Dokdo woon. Hulle het ook ‘n tv-program daaroor gehad en dis ‘n baie unieke en alleen bestaan. Maar miskien is mens tog op ‘n stadium in mens se lewe reg vir juis so ‘n bestaan.

    NS: Jo-ann, wanneer ek ‘n uitgewer kry. 😉

  17. November 26, 2008 1:08 vm

    Travel bly maar lekker. Dis seker hoekom so baie mense dit geniet.

  18. November 26, 2008 7:42 nm

    Ek loer net vinnig hier in….

    Omdat ek self daar was kan ek beaam wat jy alles se oor die twee unieke klippe in die see. Dis absoluut ‘n belewenis en ek stem saam dat mens die mooi oral sal raaksien as jy hard genoeg soek. Eintlik hoef mens nie eers te soek nie, mens moet net jou oe oopmaak.

    Weereens ‘n great inskrywing Boer en ek verlang nou sommer terug na Korea, al is die Kaap ‘n lekker plek om te wees.

    Ek is een van die dae terug, dan kan ek ook weer bietjie travel in Korea! Klink my ek sal my moet regmaak vir die koue aangesien dit al reeds gesneeu het!

    Lekker bly!

  19. November 27, 2008 12:11 vm

    Ek voel ge-eerd dat jy tyd inruim in jou UITERS besige vakansieprogram om hier kommentaar te lewer! 😉
    En ja, bring maar al die warmgoedjies saam, want dit gaan nog snerpend raak.

  20. November 30, 2008 7:50 vm

    pragtige foto’s, daardie een met die rotse lyk nogal soos ‘n skilpad.. die vorm -en dan met ‘n renosterhoring 🙂

Trackbacks

  1. Padlangs deur Korea: Deel III: Die grotte van Danyang en ander besienswaardighede « Boer in Ballingskap
  2. Padlangs deur Korea: Deel III: Die grotte van Danyang en ander besienswaardighede « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: