Skip to content

Koreaanse spoedvraat

November 26, 2008

Ek het hierdie Koreaanse spoedvraat toevallig op ‘n Saterdagmiddag-uitstappie hier in Gyeongju raakgeloop. Ongelukkig was hy geklee in die verkeerde kleur, maar nogtans was die lyne indrukwekkend uitlokkend.

S7300340

Hierdie is die Genesis Coupe en dien as opvolg op Hyundai se (sover)suksesvolle luukse model, die Genesis wat verlede jaar bekendgestel is as direkte mededinger vir Toyota se Lexus en Nissan se Infiniti. Die Coupe is ‘n groot stap vorentoe vir Hyundai en hulle het ‘n kragtige agterwiel-aangedrewe sportkoepee gebou teen ‘n uiters mededingende prys. Hoewel nie in die klas van Ferrari of Maserati nie, het hierdie koepee se vlagskip-model die brul van ‘n lewendige 3.8 liter enjin onder die kap. Die verwagte versnelling is 6.3km/h van 0-100km/h, met ‘n topspoed van ongeveer 240 km/h. Die motor is dan ook gerig in direkte kompetisie teen die Infiniti G37 . Hierdie verrigting en gepaardgaand luukshede is nie te versmaai teen die sakpas prys van ongeveer $30 000 nie.

S7300338S7300336

Hyundai beplan om wereldwyd ten minste 40 000 eenhede per jaar van hierdie model te verkoop, maar met die huidige globale ekonomiese krisis sal ons maar sien hoe ver Hyundai met die plan sal vorder. Intussen dink ek dis een van die mooiste modelle nog uit die Hyundai-stal. Kyk hier na die advertensie van die Coupe wat ek daagliks op TV sien. Ek dink die advertensie is baie goed en stylvol gedoen.

Advertisements
11 Kommentaar leave one →
  1. Wipneus! permalink
    November 27, 2008 2:18 vm

    Mmmm Bib ek is baie lief vir spoed :mrgreen: En as hulle mooi is, is dit ‘n bonus!

    In my volgende lewe wil ek ‘n Ferrari hê.

  2. November 27, 2008 4:13 nm

    Wow!! Mooi was nog nooit lelik nie!! Ek hou ook van die lyne van hierdie model!! Indrukwekkende specs ook!! En in watter kleur sou jy hom verkies Bib?

  3. November 27, 2008 5:12 nm

    Niks anders as cherry red of midnight blue! Dankie Bib, jy kan hom solank pos 😆

    Stunning car!

  4. November 27, 2008 5:27 nm

    Het dit kragstuur? Anders stel ek nie belang nie.

  5. November 27, 2008 9:11 nm

    Aijaijai-jaijai!!!! 😈

  6. November 27, 2008 9:53 nm

    pos enetjie hierdie kant toe, toeeee?

  7. roer permalink
    November 28, 2008 12:20 vm

    Mmm…ek verstaan spoed (veral onder taxi’s) is nogal algemeen daar by julle, maar dit sommer terloops. Dis ‘n pragtige wa, Boer.

  8. November 28, 2008 10:03 nm

    Gewoonlik verkies ek enige sportmotor in rooi, maar hierdie spesifieke model lyk op sy beste in silwer.
    Kaalvoet, jy moet joune maar self hier kom haal, maar vir jou, Johan, kan ek dalk ‘n radiobeheerde modelletjie pos. 🙂
    Piesangverkoper, as ek vir jou die pinkie wys, moet jy darem nou nie die hele hand wil staan en gryp nie? 😉
    Roer, die Koreaanse taxis is nog steeds BAIE stadiger as die Suid-Afrikaanse weergawe!

  9. November 29, 2008 2:25 vm

    Wow!
    Ek sien niks verkeerd met die kleur nie? Lyk vir my WIT!

Trackbacks

  1. Hyundai pronk in Amerika « Boer in Ballingskap
  2. Nuut uit Hyundai se stal « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: