Skip to content

Pawiljoene

Desember 3, 2008

mosaic2926289

Die hele Korea is vol van, wat hulle hier “pawiljoene” noem. Maar dis nie pawiljoene soos in jy gaan kyk na groot sportgebeurtenisse nie. Nee, dis die plekke waar Koreane reeds eeue lank funksies, partytjies, onthale en byeenkomste hou, of net luilekker sit en kuier. Die kontemporere weergawes van hierdie pawiljoene is klein, rond en kan orals gesien word in parke, oop stukke onbeboude gebiede of op staproetes in die berge. Baie van hierdie pawiljoene het pragtige uitsigte. Dis tipies die plekke waar Koreane uitspan, plat op die houtvloer, besig om piekniek te hou of sommer net om laatmiddag ‘n soju of twee (of drie of vier…) af te sluk. Soms sit veral die ouer garde salig en baduk (ek noem dit sommer Koreaanse skaak) speel. Die antieke pawiljoene wat al honderde jare oud is, is egter baie groter, majestieus en indrukwekkend. Hierdie pawiljoene (wat ook soms “gastehuise” of “onthaalareas” genoem word) is meestal deur koninklikes, adelikes of ander mense met hoe sosiale status gebruik om te kuier. Jinnamgwan val in hierdie kategorie.

mosaic96483

Hierdie is die grootste bestaande eenvlak hout-pawiljoen in Korea. Dit is gelee in die suidelike kusstad van Yeosu, vanwaar dit uitkyk op die Suidsee. Wat dit veral spesiaal maak, is die feit dat dit op die presiese plek opgerig is, waar die beroemde Admiraal Yi Sun Sin se bevelspos was tydens die Imjin -oorlog teen Japan. Dis oorspronklik in 1599 opgerig as ‘n tipe gedenksaal na die einde van hierdie uitmergelende oorlog in 1598. In 1716 is dit feitlik van voor herbou en sedertien verskeie kere herstel, soos die elemente dit afgetakel het. Dis regtig indrukwekkend. Tot op die nok van die dak is dit 14 meter hoog en ongeveer 55m in lengte. Daar is altesaam 68 pilare wat elk 2.4m in omtrek is. Om dit te sien en daar te staan, kan mens jouself net indink hoe hier gekuier moes gewees het soveel lange jare terug…

mosaic2926289

 

Advertisements
16 Kommentaar leave one →
  1. Desember 4, 2008 2:57 vm

    Interessant! Nie een ou Simson sou daardie pilarie kon omtrek nie!

  2. Desember 4, 2008 6:39 vm

    Baie ek hou baie van enige ander tipe argitektuur wat ek nie ken nie. Dit was nou mooi.

  3. Desember 4, 2008 2:16 nm

    Wow dis baie mooi! Ek is mal oor Korea se argitektuur!

  4. Desember 4, 2008 5:34 nm

    Dit maak ‘n mens nederig om na hierdie klas argitektuur te kyk en te besef dis baie, baie ouer as jy.

  5. Desember 6, 2008 10:21 nm

    Daar is ‘n onbeskryflike rustigheid in die Oosterse argitektuur. Ek sou dit graag harmonie wil noem. En, ja – hierdie eeu-oue strukture maak mens inderdaad nederig en laat mens besef that life is but a mere whisper in die ear of eternity.

  6. Desember 7, 2008 2:33 vm

    Iemand stuur vir die Ethiopier ‘n tikmasjien as geskenk. Hy skryf ‘n brief terug wat lui, “Baie dankie vir die pawiljoen.”
    Dis ‘n ou grappie wat ons op laerskool vertel het.

  7. Desember 7, 2008 5:22 nm

    Indrukwekkend inderdaad!

    OMW!! Wie’s die tannie met die oranje kopdoek? 😯

  8. Desember 7, 2008 8:27 nm

    piesangman: 🙂
    (ek vergewe jou hierdie stukkie politieke foutiwiteit)

    thea, dis nie ‘n tannie nie, dis ‘n oom!

  9. Desember 7, 2008 10:41 nm

    So gedink ja! 😉

  10. Kaalvoetinireen permalink
    Desember 8, 2008 7:31 nm

    Hierdie pawiljoene is baie indrukwekkend. Dankie vir die deel van die geskiedenis daaragter.

    Probeer jy die mense bangmaak wat hier lees met jou nuwe avatar? Dit lyk soos iets wat uit n gruwelverhaal ontsnap het;-)

    Ek is een vd dae ook weer terug en aan die skryf.

  11. Desember 9, 2008 12:06 vm

    Boer, dis rerig interessant, maar meer nog, dis pragtig! Ek wil ook so ene in my tuin hê, dit lyk so feestelik formeel!
    BTW – jou avator is scary! 😯

  12. Desember 9, 2008 9:07 nm

    Vriend Boer, ek is jammer om aan jou nuwe avatar te sien dat jy aan hardlywigheid ly. Hoop jy voel gou beter.

  13. Desember 9, 2008 10:44 nm

    Hardlywigheid??? Whahahahaha!!!!!!!!

  14. Desember 9, 2008 11:23 nm

    😆

    Ek’s bly my nuwe avatar vind so wyd aanklank. Dis om almal af te skrik wat wil nonsens kwyt raak op my blog! 😈

  15. rianabrand permalink
    Desember 10, 2008 10:17 nm

    OOOHHH dan gaan ek maar stilletjies in my hoek sit….hiehieha…

Trackbacks

  1. Oor twee paleise, pragtige tuine en mandarynse eende « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: