Skip to content

om oorrompel te word is ook lekker

Desember 8, 2008

S7300213Ek het ‘n het by ‘n vorige geleentheid vertel van my ontmoeting met ‘n aangename Argentynse Malbec. Hierdie keer het ek sy grootboet – Trapiche Oak Cask Malbec 2006 (Mendoza WvO) – aangetree en ek is vir geen oomblik spyt nie.

Soos te wagte van Malbec , is die wyn diep donkerrooi op die oog, wyl die effe pers rante jeugdigheid aandui. Die neus is intens en uitgesproke, met verskeie geure wat ineenvleg. Die geur wat dalk net oorheers, is die van sterk koffie, kakao en donker sjokolade. Daar is ook die subtiele vanielje ondertone wat die hout-regime se teenwoordigheid verklap. Nadat die wyn ‘n rukkie in die glas vertoef het, kom daar ‘n speseryagtigheid na vore, met die geur van kaneel wat sekerlik die prominentste is. Dan, opeens, is die geur van moerbeie, pruime en swartkersies ook waarneembaar. Inderdaad is die neus kompleks en nooi dit jou uit om die wyn verder op die palaat te ontdek.

Die wyn is in die mond (om wyle Jan Spies aan te haal) ryk en lekker! Kortom vul die wyn jou mond met oorgawe, met die sterk houttanniene wat aandui dat die wyn dalk op sy beste en sagste sal wees na nog so 3 of 4 jaar. Die wyn het goeie suur en is oor die algemeen in balans, met die koffieagtige kakao-geure wat blywend op die palaat bly kuier, lank nadat die wyn gesluk is. Die hout gee definitief die wyn baie goeie struktuur. S7300215 Nie ‘n boerewors-wyn nie, maar dalk ‘n wyntjie wat eerder uitgedaag moet word met ‘n oondgebraaide boud, lekker beesstert of dalk cajun skaaptjops of -ribbetjie. Hoe dit ookal sy, ‘n wyn wat smeek om met kos genuttig te word.

Die wyn getuig nie noodwendig van finesse en elegansie nie, maar dis ‘n wyn wat nie skaam is om te wees wat dit is nie, naamlik ‘n volbloed Mendoza Malbec wat oorrompel eerder as verlei. En soms is ‘n oorrompeling net so lekker…

NS: In Suid-Afrika word Malbec nie algemeen verbou nie, maar probeer gerus die Bellevue Malbec van Bottelary in Stellenbosch (ook beskikbaar onder die Woolworths-etiket).

 

Advertisements
13 Kommentaar leave one →
  1. Desember 9, 2008 12:16 vm

    Jy beskryf dit soo Lekker en mooi dat ek nie anders sal kan as om dit te koop vir Kersfees nie, of hoe?

  2. Desember 9, 2008 1:10 nm

    Ja nee, jy mag maar oor wyn skryf! As ek ‘n wynmaker was het ek jou in diens geneem as reklameskrywer.

    Hoop jy het nou ‘n paar bottels hiervan aangeskaf vir oor 3 of vier jaar!

  3. Desember 9, 2008 2:04 nm

    Jy maak my nou 7 uur die oggend lus vir wyn. 😆

  4. Desember 9, 2008 2:24 nm

    Jou uitstekende beskrywing van hierdie wyn het my so pas oortuig om ‘n bottel Malbec op Woolies se rakke te gaan uitsnuffel met die eerste geleentheid wat ek weer daar kom. Miskien saam met die boudjie vir Kersfees of dalk net saam met ‘n skaaptjoppie… Sterk koffie, kakao en donker sjokolade geure… klink hemels!

  5. Desember 9, 2008 4:17 nm

    Ag nee man!! Ek is nou al vir ‘n paar weke oppie waterkar en nou skryf jy oor wyn ……….sterk koffie en donker sjokolade. Jy dryf my na drank.

    Uitstekend geskryf.

  6. Desember 9, 2008 5:11 nm

    ek is die eerste een om te erken dat ek ‘n wynleek is. maar lekker bly lekker 🙂

  7. Desember 9, 2008 9:18 nm

    Ook maar ‘n wyn leek, drink graag ‘n glasie, maar wat jy hier beskryf klink sommer baaaaaie lekker.

  8. Desember 9, 2008 11:45 nm

    Die lekker van wyn is juis dat mens nie ‘n sogenaamde wynkenner of puris hoef te wees om dit wat in jou glas is, te geniet nie. Die anderkant van die munt is natuurlik dat die lewe te kort is om slegte (lw nie “goedkoop” nie) wyn te drink.

  9. Desember 10, 2008 3:19 vm

    is daai jy op jou nuwe avatar?

  10. Desember 10, 2008 4:03 vm

    Boer, ek laaik nie jou nuwe ava nie, jy lyk “scary” 🙂

    Wyn is lekker, as dit lekker is, maar ek word liewer met sjokolade of helder diep geel-oranje rose oorrompel… of ‘n heerlike bord ertjie-sop siende dat dit nou winter is! 🙂 (hier by ons in die noordelike deel van die wereld!)

  11. Desember 12, 2008 9:52 nm

    Dit klink baie lekker! Diemersfontein se 2006 Pinotage het ok so lekker koffie en sjokelade smaak! Ek vrek daaroor en smokkel juis ‘n bottel Korea toe 😉

    Ek sal maar die Malbec ook moet probeer.

  12. Desember 12, 2008 11:57 nm

    Ek dink die Diemersfontein (wat baie gewild is in SA) is ‘n baie lekker, yummy wyn, maar nie ‘n goeie voorbeeld van Pinotage nie, juis omdat die wyn nie baie karakteriserend is van die kultivar nie. Maar smokkel gerus daardie botteltjie hierdie kant toe (GROOTasb!). Ek sal dit baie geniet en vinning vergeet dat dit eintlik veronderstel is om ‘n Pinotage te wees! :8

Trackbacks

  1. ‘n Vinnige vierwyn reis om die wêreld « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: