Skip to content

die Koreaanse tokkelos en my avatar

Desember 11, 2008

S7301096S7301097

Nav die kommentaar op my huidige avatar, verstaan ek dat dit moontlik is om hierdie avatar te misreken vir die resultaat van hardlywigheid, die heks in Sneeuwitjie, ‘n reinpretasie van Scream of ‘n geisha (bekend as gisaeng in Korea). Die avatar versinnebeeld egter nie een van hierdie nie, maar eerder die Koreaanse dokkeabi. Die dokkeabi is die Koreaanse ekwivalent van ‘n tokkelos of trol. Dit is die versamelnaam vir mitologiese geesteswesens wat volgens volksvertellinge net in die nag verskyn. Hulle is oor die algemeen baie ligmoedig, snaaks en vriendelik. Maar hulle kan ook terstonds verander in woedende wesens wat jou sal laat wens dat jy hulle nooit ontmoet het nie.

S7300021S7301098

Die dokkaebi is by uitstek epikuries. Hulle hou van meisies, partytjie hou, sing, dans, drink en poetse bak. Juis as hulle daardie een soju te veel gedrink het, kan hulle hansworsstreke jou laat le van die lag. Hulle dra altyd ‘n towerstaf (in die vorm van ‘n knuppel) saam en as jy hulle in ‘n goeie bui vind sal hulle jou wense laat waar word. Hulle sal ook nie skroom om jou uit te daag tot ssirum (tradisionele Koreaanse stoei) nie en dan mag jy nie weier nie. Moet hulle egter nie kwaad maak nie, want dan sal die duiwel jou haal. Volgens oorlewering is hulle gelukkig darem nie baie slim nie en dus maklik om te uitoorle. Die tradisionele gesig van die dokkaebi is baie gewild in Korea en letterlik orals te sien: by tempels, op dakteels, muurskilderye, totempale ens. Die inspirasie vir my nuwe avatar behoort nou duidelik te wees…(en ja, dit is die uwe).

S7309961S7309958

 

Advertisements
15 Kommentaar leave one →
  1. Desember 12, 2008 12:12 vm

    Jou tokkelos!!!!! 🙄 Sê net gou, was jy by ‘n fancydress of het jy dit spesiaal vir ons gedoen???? 😈
    Dis egter ‘n baie interessante inskrywing. Ek het dit baie geniet!

  2. Desember 12, 2008 3:04 vm

    😆 BiB, ek het gewonder, maar ek wou nie vra nie 😆 😆

  3. Desember 12, 2008 3:41 vm

    Haha, ek sien nou die ooreenkoms!

  4. Desember 12, 2008 9:51 nm

    Ek hoop nie jy is so dom soos die tokkelossies nie, maar ek dink darem nie so nie!!! Wat die res aanbetref, klink dit of jy ‘n goeie tokkelos sal maak :mrgreen:

    Ek sien so uit om terug te vlieg Korea toe, al is dit koud! SA maak my lam! Nog net een slapie 😉

  5. Desember 12, 2008 9:53 nm

    Wou nog vra, het jy ook sulke tande huh?

  6. Desember 13, 2008 12:00 vm

    Ek is nie so dom soos die dokkeabi nie, maar deel al hulle ander eienskappe! 👿
    Ek het erge bangmaak-tande, maar ek kan nie waag om hulle te wys nie, want dan hardloop almal van my blog af weg!!!

    NS: Kaalvoet, wat van SA maak jou lam? Die somerhitte?
    NNS: Pik, dit was ‘n impromptu Halloween-partytjie in die privaatheid van my woonstel.

  7. rianabrand permalink
    Desember 13, 2008 8:16 vm

    ek bly maar in my hoek sit hoor…en bekyk die affere van ‘n afstand…is skrikkerig vir tokkelosse en dinge….maar hoop jy het veel plesier met die meisies en dinge….xxx

  8. Desember 13, 2008 3:31 nm

    Nou weet ek waarmee ek my kinders kan bangmaak as hulle weer nie wil hoooooor nie!!! 😈

  9. Desember 13, 2008 11:05 nm

    Jou foto is genoeg om enige een te laat hardloop sonder om weer te kyk! Jy moet nou net vir jou stokkies hout kry, kooltjies op die punte en in die nag op die straathoek gaan staan, in elke hand een, tussen jou groot tone ook een vasgeknyp…lekker groterige kooltjies op die punte, dan ‘n laaste een in jou mond, kooltjie binnekant toe en soos ‘n malhaas jou arms en voete rondswaai, kyk wat gebeur! So het my nefies op die plaas die “ander” saans bang gemaak as hulle saans in die grondpad afgestap kom…groot pret …ek sien jou al!

  10. Desember 14, 2008 1:13 vm

    Ek dink nou net aan hierdie woorde…ken jy die liedjie..ek het die res vergeet!
    Tokkelossie maak my bang-e-lang-e-lang…. hy jaag my deurie gang-e-lang-e-lang…

  11. Desember 14, 2008 4:51 nm

    Ek is mal oor die nuwe avatar. 😆

  12. Desember 14, 2008 7:52 nm

    🙂

  13. Desember 16, 2008 9:15 nm

    Oeh, mon dieu mon ami!!!
    Je suis tr|es peur oui. Ho-ho. tres drôl!!!

  14. Desember 16, 2008 9:21 nm

    genotsugtih hu oe mar hulle is stoute koedjawels

  15. Desember 16, 2008 9:34 nm

    Dit was Frans vir oe ek’s bang, he0 he hulle is bae snaaks
    🙂 🙂 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: