Skip to content

Horst Tappert (1923 – 2008)

Desember 16, 2008

derrick2

Horst Tappert is Saterdag op die ouderdom van 85 jaar in Munchen, Duitsland oorlede. Tappert sal altyd onthou word as die Duitse TV-speurder, Stephan Derrick, wat saam met sy getroue handlanger, Harry Klein (gespeel deur Fritz Wepper) menige sake opgelos het. Die TV-reeks, Derrick, was legendaries en is ‘n volle 24 jaar lank uitgesaai tussen 1974 en 1998. Die reeks was een van die grootste Duitse televisie-suksesse ooit – dit is in meer as 100 lande vertoon en in 12 tale oorgeklank (waaronder natuurlik Afrikaans). Na 281 episodes as Ober-inspekteur Derrick, het Tappert die tuig neergele op die ouderdom van 75. Dis een van die min TV-reekse, waar die reeks ten einde geloop het, nie as gevolg swak kykertalle nie, maar die ouderdom en gesondheid van die hoofspeler. Derrick het ‘n kultus-aanhang gehad in ‘n reeks uiteenlopende lande. In Europa was dit veral gewild in Nederland, Italie en Frankryk. In die Ooste, kon die Sjinese en Japannese nie genoeg kry van die reeks nie. En dan natuurlik was dit vir jare een van die SAUK se gewildste oorgeklankte reekse.

Ek het met Derrick grootgeword, maar eers toe ek ouer is, werklik die reeks begin waardeer. Vandag is ek steeds ‘n aanhanger. Dit was so ‘n vars alternatief teenoor die ge-ykte Amerikaanse reekse. Hier was ‘n besadigde man, wat met ysere wil en daardie kil oe van hom menige misdadiger eerder sielkundig gebreek het, as met geweld. Die reeks het deurentyd die psige van die misdadigers ondersoek en die moordenaars in hierdie reeks is as mense uitgebeeld, eerder as papierkarakters. Mens het telkens die indruk gekry dat selfs Derrick simpatie met hulle en hulle innerlike worstelings gehad het. Die reeks was baie atmosferies en het ook geslaag om die donker kant van die onderwereld getrou uit te beeld. In hierdie opsig het die temamusiek van die sanger Frank Duval ‘n groot bydrae gelewer. Min mense is bewus van die feit dat dit juis Duval se betrokkenheid by die reeks was, wat hom aanvanklik roem gebring het.

Horst Tappert het maar die paadjie gestap wat ons almal stap, maar Derrick sal vir ewig leef…

NS: Tappert was ‘n diabeteslyer en word oorleef deur sy vrou, met wie hy 51 jaar getroud was.

Advertisements
25 Kommentaar leave one →
  1. Desember 17, 2008 1:57 vm

    Dit is hartseer. 😦 Derrick was ‘n instelling in ons huis soos huisgodsdiens. 🙂

    Interessante verwysing na Frank Duval. Ek was totaal geobsedeer met sy musiek op skool. Touch my soul, If I Could Fly Away ensomeer. Goeie herinneringe. Dankie!

  2. Desember 17, 2008 4:10 vm

    Jis, ek het met Derrick groot geword. Bib, dit was nou baie interessant, en het my sommer kleintyd toe gevat. Jammer om te hoor die ou is oorlede.

  3. Desember 17, 2008 5:27 vm

    Ons het nooit vir Derrick gemis nie. Inteendeel, die reeks was so gewild, ons familie het baie van die oorspronklike Duitse episodes op DVD aangekoop. Saam met Frank Duval gewis een van my gunstelinge herhinneringe van vervloeë dae!

  4. Desember 17, 2008 3:34 nm

    Ek is ook ‘n Derrick kind!!! Haai Boer ek het nie geweet hy is oorlede nie. Maar dan weer, ek is gewoonlik agter die tyd! :mrgreen: Dankie vir hierdie mooi inskrywing!

  5. Desember 17, 2008 3:52 nm

    Please explain wat jy bedoel met “geykte Amerikaanse reekse”.

  6. Mefri permalink
    Desember 17, 2008 6:33 nm

    Ek was ook verslaaf gewees aan Derrick, dankie vir die inligting oor Frank Duval, ek het dit nie geweet nie. Hy is Ding se gunsteling…ek het daar by hom geleer luister na hom.

    Dankie BiB. Ek onthou ook van my eerste kommentare hier by jou: “Die manier waarop jy skryf herinner my aan suiwer fonteinwater, êrens in Graskop se woude”

  7. Desember 17, 2008 7:53 nm

    Ai, dis jammer!! Ek was ook nie bewus daarvan dat hy oorlede is nie. Dit was ‘n uitstekende reeks!!

  8. Desember 17, 2008 8:30 nm

    Tadaaah – tadah!

    Yep, ek sal nooit daai dikgeswelde oge vergeet nie. Hy het altyd sulke sakke onder sy oe gehad. Ek verbeel my op ‘n stadium was dit laat op Vrydagaande op die kassie – dan word ek wakker met die temamusiek aan die einde van die episode. Daai oorgeklankte reekse het die ongelooflike vermoe gehad om mens aan die slaap te sus soos geen wiegeliedjie kan doen nie.

    Tierbrigade was net so goed – onthou julle dit?

  9. Desember 18, 2008 10:32 nm

    Ek is bly daar is darem ‘n paar ander aanhangers daarbuite. Ek het maar altyd effe eksentriek gevoel oor my liefde vir hierdie reeks (mense het my al vreemd aangekyk). 🙂
    PV – Ek bedoel maar net skiet-skop-en-donner Amerikaanse polisiereekse, met die kwinkslae en humor al tussenin. Gewoonlik is die skelms baie sleg en hulle karakters dun. En wederkerige geweld is al wat werk om hulle tot hulle sinne te bring. O, en natuurlike is daar altyd ‘n paar goedbedeelde poppies ingevoeg om die testoroon te balanseer. In Derrick was die misdadigers gewoonlik doodgewone mense wat duur foute gemaak het en die psige agter die misdaad is meestal ondersoek.
    Dankie, Mefri
    Die Tierbrigade! Nou wie sal DIT nou ooit kan vergeet! (nou begin ons ons ouderdomme verniet weggee! 🙂

  10. Desember 19, 2008 1:57 nm

    Ek het nie ‘n episode gemis nie en dis hartseer dat hy nou nie meer is nie! Ek dink ek moes seker as kind heruitsendings gesien het, want daar is al vir my gese dis voor my tyd!!! Dankie vir die inskrywing Bib!

    Ek brand om aan die skryf te kom, maar is nog comper-loos…hoe frustrerend!

  11. Desember 19, 2008 3:10 nm

    Jy ouers het nogal baie van die reeks gehou.

    BiB ek wil vir jou dankie se^ vir al die bydraes en interaksie die afgelope tyd. Ek gaan nou eers groet tot iewers volgende jaar. Hoop jy het ‘n wonderlike feestyd.

  12. amanda permalink
    Desember 19, 2008 4:09 nm

    wow – hierdie stuk het so baie lekker herinneringe teruggebring! Ai, ek wens ek kan van daai episodes opspoor!

  13. Roer permalink
    Desember 19, 2008 9:28 nm

    Aah, ou Derrick! Sal hom en Harry nooit vergeet nie. Beslis nie ‘n sekssimbool nie en tog onthou ons hom goed. Dit moet jou iets van die reeks vertel.

  14. samboerou permalink
    Desember 20, 2008 8:31 nm

    Ja, ons generasie was nog gelukkig om die laaste Europese reekse te sien,voor die boikotte toegeslaan het op TV,onthou ook Misdaad,n ander Duitse serie,met n psigideliese intro soos James Bond.En soos jy se, toe die Amerikaners oorvat was dit nie meer dieselfte nie.

  15. Desember 20, 2008 9:40 nm

    Ek was ook ‘n groot Derrick-aanhanger. Toe was TV nog lekker.

  16. Desember 21, 2008 11:23 nm

    kaalvoet…verskonings, verskonings! 😉
    FF, dit was lekker om gedagtes met jou rond te gooi!
    amanda, as jy OOIT daarin kan slaag om die ou episodes op te spoor, moet jy my ASB inreken. Ek het al baie gedink daaraan om dit by die SAUK te probeer koop, want dit moet tog nog iewers rondle!
    Roer: “beslis nie ‘n sekssimbool nie” 😆 (snaaks genoeg was hy deurentyd baie gewilder onder vroulike kykers as onder manskykers)
    samboerou – ek onthou ook Misdaad baie goed, sowel as baie ander Europese reekse. En om by Kop aan te sluit – dis regtig jammer dat Europese reekse en/of films nie meer aangekoop word nie. Dit maak Suid-Afrikaanse TV soveel armer. Koreaanse televisie wys baie Europese programme wat ek weens die taalgrens nie kan volg nie. Maar hulle doen moeite met oorklanking en onderskrifte. Die Amerikaanse televisie-dieet is aanvanklik lekker en sappig, maar baie ongebalanseerd op die langtermyn.

  17. Desember 23, 2008 8:05 nm

    Mensig, ja, het lankal van die ou vergeet en hier bring jy dit nou weer terug. Dankie!

    Geseende Kersfees vir jou!

  18. Desember 23, 2008 8:50 nm

    Dankie, Nelba – dieselfde vir jou en die gesin!

  19. Desember 24, 2008 1:11 vm

    ek onthou altwee reekse ,maar ek kan niks meer onthou behalwe derrick en harie klein ja
    genade jy skyf in diepte
    tata

  20. Desember 24, 2008 1:13 vm

    die tierbrigade was fynny ek onthou ons het lekker vrek gelag , die oorklanking en hulle lippe het nie ooreengekom nie
    mag horts goed slaap wat ‘n formidabele vertoning van 24 jaar, well done old chap
    ek meen ou Hors
    Tattie Tattie

  21. quintus welman permalink
    Oktober 28, 2009 2:30 nm

    “Derrick” tesame met “Misdaad (Kommisaris Hawerkamp)”, Blitspatrollie & Tierbrigade was seker van die beste reekse ooit.

    Moenie vergeet van “Man From U.N.C.L.E” met David Macullim (nou in NAVY NCIS) & Harry Vaughan.

  22. Oktober 28, 2009 9:43 nm

    Nou praat jy, quintus! En ek dog ek’s die enigste een wat Haferkamp onthou! Sal nooit vergeet nie: Hy was mos “gelukkig geskei” en het altyd by sy gewese vrou gaan aanklop. 🙂

  23. Gerrie permalink
    Augustus 30, 2011 4:55 vm

    A-Team
    Airwolf
    Alf
    Baasspeurder Faber
    Baretta
    Beyond2000
    Bionic Six
    Brakenjan
    Bravestar
    Die Bosveld Hotel
    Buck Rogers in die 25ste Eeu
    Casimir
    CHiPS
    Dallas
    Dynasty
    Dawie Die Kabouter
    Darkwing Duck
    Derrick
    Duck Tales
    Gummi Bears
    Doctor Snuggles
    The Edison Twins
    Eendag was daar
    Flinkdink
    Groenie die Draak
    Grootbek en Katvis
    Haasdas se Nuuskas
    Hardcastle en McCormick
    He-Man
    Herberg
    Het Van Verlangekraal
    Interster
    Jopie Adam
    Knight Rider
    Kooperasie Stories
    Kraaines
    L.A. Law
    Liewe Heksie
    Magnum P.I
    Man From Atlantis
    Man Van Intersek
    Man Van staal
    Manemarak
    M*A*S*H
    Maya The Bee
    MacGyver
    Die Meisie van Avignon
    Miami Vice
    Miena Moo
    Murder, She Wrote
    Nils Holgerson
    Nommer Asseblief
    Nuustak
    Oompie in die Ruimte
    Orkney Snorknie
    Oskar en Knerses
    Onder Draai die Duiwel Rond
    Petrocelli
    Paddington Bear
    Perfect Strangers
    Pipi Langkous
    Pieriewieriepark
    Police File
    Pop Shop
    Postman Pat
    Pumpkin Patch
    Quincy
    Remmington Steele
    Resque 911
    Riptide
    Robotech
    Rooi en Blou
    Rupert The Bear
    Santa Barbara
    Sha Na Na
    Silver Spoons
    Simon & Simon
    Skooldae
    Skoppensboer
    Small Wonder
    Star Trek
    Straatvalk
    Die Swart Kat
    Talespin
    Tekkies
    Teenage Mutant Ninja Turtles
    Ter Wille Van Oorlewing
    Thundercats
    T.J. Hooker
    Trans-karoo
    Trompie en die Boksombende
    Uit en Tuis
    Vicky die Viking
    Die Vlakte Duskant Hebron
    Vyfster
    Die Waltons
    Webster
    Wielie Walie
    Wolwedans in die skemer
    Zapmag
    Zet

  24. Augustus 30, 2011 6:24 nm

    Ja….dit was die dae…

  25. September 3, 2011 12:47 vm

    Sal jy hom ooit vergeet!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: