Skip to content

Die grotte van Golgulsa

Desember 26, 2008
tags: ,

S7300504

Golgulsa le ongeveer 15 km buite Gyeongju teen die laer hange van Hamwolsan, halfpad op pad na die klein kusdorpie van Gampo . Hierdie tempel is uniek synde dat die enigste grottempel in Korea is. Die tempel wat in die 6de eeu opgerig is deur Koreaanse Boeddhiste wat van Indie af teruggekeer het, het oorspronklik uit 12 grotte bestaan, maar deur die jare se verweer het meeste grotte ineengestort. Wat oorgebly het van die grotte, is hordes inhamme in die steen waar ‘n verskeidenheid Boeddhistiese beelde te vinde is en ook die tradisionele hopies wensklippe. By elke inham kan mens wierook opsteek en stil word. Daar het net een volwaardige grot oorgebly, waar daar vandag nog aanbid word. Van buite lyk dit soos ‘n gewone tempelsaal, maar binne is dit ‘n grot.

S7300472S7300481

S7300466S7300484

S7300463S7300423

S7300445

S7300450S7300456

Golgulsa is veral bekend vir ‘n reuse Boeddha-afbeelding (genaamd Mae Yoerae – die Koreaanse naam vir die die Boeddha van Medisyne, beter bekend in Sanskrit as Bhaisajyaguru ) teen ‘n groot kalksteenkrans. Die paadjie na hierdie beeld wentel vol intrige teen die krans op, verby al die inhamme en dit verg so bietjie inspanning om uiteindelik bo te kom.

S7300447S7300451

Hoewel die eeu-oue beeld nog indrukwekkend is, het die elemente reeds baie van die beeld se oorspronklike ontwerp verweer. Soveel so, dat daar ‘n klompie jare terug spesiaal ‘n perspeks-omhulsel om die krans opgerig is ten einde die beeld te beskerm teen die elemente. Die relief-aard van die kalksteen-kunswerk is tekenend van soortgelyke Boeddha-beelde wat tussen die 7de en 9de eeu geskep is tydens die heerskappy van die Silla Dinastie (57vC – 935nC).

S7300438S7300474

Golgulsa is ook die tempel is waar Seonmudo se hoofkwartier gelee is en neffens die tempel vind jy die moderne gebou wat die Seonmudo Universiteit huisves. Daar is ook ‘n helderkleurige muurskilderye wat Seonmudo uitbeeld. Hier kan mens kom om die antieke Zen gevegskuns van Seonmudo te leer. (Seon is die Koreaanse woord vir Zen en die meerderheid Boedddhistiese ordes in Korea is inderdaad Seon ordes). Seonmudo verskil egter van tradisionele gevegskuns omdat dit nie bloot gevegskuns is nie, maar ook belangrike elemente van meditasie en yoga enkapsuleer. In hierdie verband, is dit vergelykbaar met die Shaolin gevegskuns in Sjina. Seonmundo is ‘n seminale gevegskuns in Korea. Baie elemente van Korea se bekendste nasionale gevegskuns, Taekwondo, se oorsprong is in Seonmudo te vinde, sowel as ander gewilde Koreaanse gevegskunste soos Hapkido. Dit was dan ook by Golgulsa waar die elite Hwarang van die Silla Dinastie opleiding in Seonmudo ontvang het. Hoewel daar ‘n oplewing in die belangstelling in Seonmudo is, is die meerderheid van die beoefenaars steeds Boeddhistiese monnike.

S7300495S7300497

Hierdie tempel, so uit die rots gekerf en in die mooie berge is bepaald interessant om te besoek en skenk mens ‘n gevoel van ontdekking, synde dat jy met die kranspaadjies om elke hoek en holte kan loer om ‘n nuwe aanbiddingsplek te ontdek.

S7300477

 

Advertisements
12 Kommentaar leave one →
  1. Desember 27, 2008 5:37 vm

    Wow. Dis regtig ‘n pragtige plek. Dankie vir die mooi foto’s!

  2. amanda permalink
    Desember 28, 2008 10:51 vm

    sjoe….indrukwekkend!

  3. Desember 28, 2008 9:53 nm

    boendoe, liewe, boendoe…waar is jou blog heen? 😦

  4. Desember 29, 2008 9:03 vm

    Ongelooflik pragtig, mens kan die verweer duidelik sien.

  5. Desember 29, 2008 2:27 nm

    Bly om te sien nog iemand werk in hierdie tyd. Ek geniet altyd wat jy skryf oor Korea, maar hierdie was ook vir my besonders.

  6. Desember 29, 2008 8:12 nm

    Wow Dis fantasties!

    Pragtige foto’s ook! Ek stem saam Attie hierdie was vir my baie besonders!

    Voorspoed vir 2009! Cheers! 😆

    http://boendoe.wordpress.com

  7. maanmuses permalink
    Desember 30, 2008 4:29 nm

    Die grotte van Golgulsa:
    Baie indrukwekkend boer. Jy skryf wonderlik interessant. Sterkte vir 2009!

  8. Desember 31, 2008 12:18 vm

    Baie interessant! Kry ek die idee dat hulle ‘n “kleurvolle”-nasie is, as jy kyk hoe kleur hier gebruik is, selfs die ou beeldjies het nog baie kleur in – die boonste foto’s. Voorspoedige Nuwe Jaar vir jou daar in “ballingskap”! Alles wat mooi is vir 2009!

  9. Desember 31, 2008 7:46 nm

    BiB, voorspoedige 2009. Ek sien uit om in 2009 nog baie by jou te lees. Altyd oopkop, altyd rustig!

  10. Bay permalink
    Desember 31, 2008 10:53 nm

    Happy New Year 2009
    ===================

    hi.. I am From South Sumatra, Indonesia country..how are you??….. introduction from my blog…..can we exchange link……add me here…thank very much ok……success always

    visit to my blog here : http://bujanglahat.wordpress.com

    Thanks…

  11. Januarie 1, 2009 9:12 nm

    Dankie vir almal se kommentaar en die mooi wense en welkom, maanmuses.
    (Attie, die Koreane ken ongelukkig nie die woordjie “verlof” of “vakansie” nie.)

    Bay, I would have loved to follow your blog, if I only could understand the language…but I’m sure the feeling is mutual.

  12. Januarie 4, 2009 1:57 vm

    Baie interessant en mooi foto’s. Geniet dit om hier by jou te kom leer van Korea.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: