Skip to content

Skop jou hier, slaan jou daar…

Januarie 6, 2009

Soos ander Oosterse lande het Korea ook sy kwota van gevegskuns. Daar is tientalle gevegskunste in Korea, maar die gewildste by verre is Taekwondo (wat ook Korea se nasionale sport is). Taekwondo is ‘n hoofsaaklik offensiewe kuns wat op ‘n verskeidenheid van skoppe gekonsentreer is. Dit word wereldwyd beoefen en is ook sedert 1992 ‘n amptelike Olimpiese sport.

Die ander gevegskuns wat baie gewild is, is genaamd Hapkido. Dit is ‘n gevegskuns wat wesenlik op selfverdediging ingestel is, maar ook belangrike elemente van offensiewe aanval inspan. Hapkido is nie ‘n sport in Korea nie, maar by uitstek ‘n gevegskuns. Persoonlik dink ek dat dit nie ‘n sport is nie, omrede die deelnemers dit nie sommer sal oorleef nie.

Van kleins af beoefen die meerderheid kinders in Korea een van bogenoemde gevegskunste, asook ‘n horde ander wat minder gewild is. Persoonlik sou ek nie omgee om ‘n gevegskuns aan te leer nie, maar dit lyk maar bietjie rof…en my liggaam is lankal nie meer so soepel nie.

Advertisements
7 Kommentaar leave one →
  1. Januarie 6, 2009 9:34 nm

    Ek is nie mal oor Taekwondo nie – laasjaar vreeslik gesukkel om daarna te kyk met die Olimpiese Spele – net ‘n pure sport.
    Hapkido is no-nonsense soos Okinawan Goju Ruy van Japan, waaroor ek mal is.
    As jy bekommerd is oor ‘soepelheid’ – kyk na Tai Chi, die oorspronklike Yang Styl, wat ‘n gevegskuns is – baie gesondheids aspekte ook in die Qi Gong oefening van Tai Chi..

  2. Wipneus! permalink
    Januarie 6, 2009 10:53 nm

    Ons moet bietjie hierdie gevegkuns in SA aanleer. Misdaad sal baie afneem.

    As hulle net durf waag om my te wil hi-jack, skop ek hom hier en klap hom daar! 🙂

    Ek is ernstig! Ons vrouens is sagte teikens, as ons net weet waar om ‘n gevaarlike hou te plant sal dit al baie help.

  3. Januarie 7, 2009 2:09 nm

    Boer, wat sê jy ek kom kuier vir jou dan gaan moer ons ‘n paar van daai ouens?

  4. Januarie 7, 2009 7:25 nm

    Mauritz, ek het nou al Taekwondo in aksie gesien en hou nogal daarvan. Miskien nie altyd so ‘n spektakulere kykersport, maar ‘n kuns opsigself. Dankie vir die verwysing na die ander gewegskunste – ek sal bietjie gaan oplees.
    Wip, ek dink dis baie goed om jouself te kan verdedig, maar dink nie dit sal ‘n duik maak in misdaad nie. Mens kan immers net soveel baklei teen AK-rondtes…
    PV…jy is welkom om te kom kuier…maar ek dink die moer moet jy maar op jou eie doen. 😆

  5. meermin permalink
    Januarie 8, 2009 2:56 nm

    Wip al skop ons en klap ons, wen gaan ons NIE!! Ons is eenvoudig nie sterk genoeg om een of twee (en selfs meer) te kan baklei NIE!! Ek sal nie kan nie, maak nie saak hoe hard ek skop of slaan NIE!!

  6. Januarie 8, 2009 9:49 nm

    Julle is ‘n klomp aggresiewe mense huh???

    Whoooo-ha! Ja-wha!

    en toe le ek :blush:

  7. Januarie 8, 2009 9:50 nm

    ek bedoel 😳

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: