Skip to content

geelmasjiene

Januarie 8, 2009
tags: ,

Ek noem hulle sommer die geelmasjiene.

S7300563S7300565

Hulle is orals in Korea. Om elke hoek en draai, buite elke kafee en supermark. Ek kan nie eers onthou of daar ook geelmasjiene in Suid-Afrika is nie, maar hier is hulle volop. Dis groot, geel metaalgedoentes gevul met allerhande Made in China-snuisterye. Daar is sigaretaanstekers, horlosies, speelgoed, sokkies, handskoene, poppies, karretjies, drank, flitse, lekkers ensomeer. Al wat jy hoef te doen is om tussen 100 Won en 1000  Won (ongeveer 80c tot R8.00) in te gooi en dan die klein hyskraantjie behendig te beweeg om een van die goedjies te vang. Makliker gese as gedaan. Van die hyskraantjies se knypers is al oud en pap, terwyl ander weer nuut en styf is. Van die nonsens is lekker lig en maklik om te vang, maar van die ander pryse (soos MP3-spelers) is swaar gelaai met gewigte en haas onmoontlik om te vang. Ek speel gewoonlik eers met 100 Won om eenkeer te probeer, net om seker te wees die hyskraantjie werk goed. Daarna ‘n 1000 Won of meer…totdat ek iets vang. As ek nie sukses het nie, probeer ek gewoonlik hier by 3000 Won stop, ander speel ek myself bankrot!

S7300566

En hoekom skryf ek enigsins hieroor? Want ek’s verslaaf aan hierdie masjiene. Ek kan eenvoudig net nie meer verby die masjiene stap sonder om te probeer nie. Dit trek my soos ‘n magneet. Orals waar ek stap, huiwer ek altyd by die geelmasjiene om te kyk wat daar te vang is. Soms is ek suksesvol en soms nie. Sodoende het ek al ‘n hele paar sigaretaanstekers gevang en baie ander onbenullighede wat ek seker op die ou-end sal wegsmyt. Maar ek gaan aan en aan, want dis so lekker en altyd ‘n mini-uitdaging.

S7300564S7300562

Groot was my verbasing toe ek nou die dag vir die heel eerste keer masjiene sien waar jy selfs ‘n kreef kan vang! Bid jou aan – ‘n lewendige kreef! Nou ja, ek het nie op daardie oomblik tyd gehad of die nodige houer om ‘n kreef in te sit na die vangs nie (ek is maar altyd positief), maar ek gaan terugkeer en vir my ‘n lekker kreef uit een van daardie geelmasjiene trek! Ten minste een prys wat nie Made in China behoort te wees nie.

Advertisements
10 Kommentaar leave one →
  1. Januarie 8, 2009 9:52 nm

    Bly om te sien ek is nie die enigste geelmasjienverslaafde nie!

    Daar by my is ook so hele rits geelmasjiene oppad skool toe!

    Ek het al amper meer geld op die goed gemors as wat ek op wyn uitgegee het,maar dit bly lekker! Ek is mos nog ‘n kinners…

  2. Januarie 9, 2009 4:36 vm

    Hier was altyd soortgelyke masjien, nie geles nie en lyk ook nie so nie, maar ek is te onoplettend, ek weet nie wanneer laas ek een gesien het nie!

    Hoop jy kry jou kreef!

  3. rianabrand permalink
    Januarie 9, 2009 5:18 vm

    Ja so het ons almal ons verslavings…maar tenminste maak joune nie vet soos myne nie…belgiese sjokolade is my doodsonde…. nou geniet jou “gokverslaving”!!

  4. boendoe permalink
    Januarie 9, 2009 5:23 nm

    😆

    Hier is verseker van daai masjientjies! (SA) My dogter is ook ‘n verslaafde. Dit kos R2, en oor die algemeen is dit sommer rubbish wat jy kan ‘wen’. Haar gunsteling is die beertjie of horlosie met ‘n R10 wat met ‘n rekkie vasgemaak is. En sy wen nogal gereeld!

  5. Januarie 10, 2009 11:18 nm

    Ek het omtrent gestaar na die pryse in die masjiene in Japan. Dit was vir my amazing! Ons het daar ‘n paar keer probeer, maar sonder enige sukses!

  6. Wipneus! permalink
    Januarie 11, 2009 10:52 nm

    Ja ons het ook van daai masjiene, my Teddy is verslaaf daaraan. . Hy vang gedurig beertjies en ek het al ‘n hele kamer vol van daarvan (soft toys) 😉

  7. Januarie 12, 2009 12:05 vm

    Kaalvoet, ek’s bly jy deel die verslawing! Dink ons moet ‘n spanpoging aanwend! Maar as jy amper meer geld daarop uitgee as op wyn, dink ek jy’t dalk ‘n probleem. 😯
    Kop, ek gaan probeer…
    Riana, as ek in Belgie gewoon het, was die bier seker my verslawing….en dit maak ook vet!
    boendoe en Wip, ek’s bly dis ook in SA. Ek sal bietjie kyk hoe lyk die pryse as ek weer daar is, want (soos netjane opmerk) die pryse is nogals aanloklik hier in die Ooste. Daar’s ook bv. rekenaarmuise, elekriese skeermesse, radiobeheerde motortjies en natuurlik die kreef!

  8. Januarie 12, 2009 1:44 vm

    Boer, jy het my nou ‘n rede gegee om nooit Korea toe te gaan nie. Ek raak nie maklik verslaaf of obsessief oor iets nie. Die geelmasjiene lyk egter vir my baie gevaarlik. 🙂

  9. Januarie 13, 2009 10:59 nm

    Ek sal ook nie die goed kan uitlos nie.

    Maar die masjiene hier by ons is skelm, mens kry nie iets gevang nie.

    Maar ek is regtig verstom om lewende goed daar in te sien. Ek meen wie sien om na die kreef se welstand? Voer hom ect. Dit werk nie so lekker vir my nie, maar nouja dit is net hoe ek voel.

  10. Roer permalink
    Januarie 15, 2009 2:05 vm

    My man het eenkeer ‘n tarrentaal in vlarde gery (om dit ligtelik te stel, want die kant spieeltjie was morsaf) en tot sy groot ontsteltenis, het sy vrou (die uwe natuurlik) uitgeklim om te kyk of the voEl “darem oraait is”. Duh… /me bloos
    Inelkgeval, toe ek nou daai krefies so in die geel masjien sien, toe laat dit my daaraan dink. Don’t ask me why!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: