Skip to content

Hyundai pronk in Amerika

Januarie 16, 2009

2009-hyundai-genesis 100166069 l

Foto: The Car Connection (hier is vele van hulle hier op die pad, maar ek was te lui om ‘n foto te gaan neem)šŸ™‚

Nav van my vroeere inskrywing oor die aanloklike Hyundai Genesis Coupe, wil ek net noem dat die Hyundai Genesis sedan op 11 Januarie, tydens die Detroit Internasionale Motorskou, aangewys is as die 2009 Noord-Amerikaanse Motor van die Jaar. Dit is ‘n uitsonderlike prestasie vir Hyundai, aangesien dit die heel eerste keer is wat ‘n Koreaanse model aangewys is as ‘n finalis en ook die eerste keer is wat ‘n luukse model vanaf Asiese stamboom hierdie gesogte trofee inpalm. Dws dat Toyota se hoogaangeskrewe Lexus, Nissan se Infiniti en Honda se Acura nog nie daarin kon slaag om hierdie trofee te wen nie. In die proses het Hyundai ook vele ander finaliste van erkende vervaardigers die loef af gesteek, waaronder Volkswagen, BMW, Audi en Cadillac.

Hyundai het inderdaad ‘n lang pad gestap vandat hulle eerste goedkoop, swakgeboude klone die lig gesien het. Die motors wat hulle, en hulle filiaal, Kia, deesdae bou is van die hoogste kwaliteit en kan enige dag saamgesels met ander, soortgelyke modelle. Net soos Toyota, het hulle met motivering, visie en harde werk die pad gestap vanaf goedkoop obskuriteit tot internasionale erkenning.

Die Genesis verkoop in Korea vir die ekwivalent van ongeveer R400 000 en in die VSA kos dit in die omgewing van $30 000.

2 Kommentaar leave one →
  1. freddiescoffeebar permalink
    Januarie 21, 2009 11:41 nm

    Dis ‘n beautiful kar!!!!!

Trackbacks

  1. Nuut uit Hyundai se stal « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: