Skip to content

eerste sneeu

Januarie 20, 2009
tags: ,

S7301718S7301723

Vroegoggend, toe ek onwillig gedwonge die warm holte van my bed moet verlaat, begroet ‘n witgesneeude wereld my. Klokslag middel-Januarie, net soos verlede jaar, word die vaalbruin visuele verveling van winter, opeens herskep tot ‘n genot vir die oog.

S7301716S7301728

Suutjies en veersag het die sneeu deur die nag neergesif en kompleet soos ‘n lagie versiersuiker op die aarde kom le. Weliswaar nie hewig nie, nie dramaties nie en tog so kortstondig (teen 13:00 was die sneeu gesmelt), maar tog…Indien enigiemand hier om een of ander bisarre rede nie die afgelope tyd se sub-zero temperature kon aanvoel nie – ‘n vlugtige aanduiding dat die winter in volle swang is.

S7301736

(Moenie dat die sonskyn en blou lug julle flous nie – dit is bitter koud!)

Advertisements
19 Kommentaar leave one →
  1. Roer permalink
    Januarie 20, 2009 10:50 nm

    So gaan jy vir ons ‘n sneeu engel maak? En wys. Ek besef dis seker vrek koud, maar dit bly pragtig.

  2. Januarie 21, 2009 3:17 vm

    Bib, dis skitterende foto’s. Watter kamera gebruik jy, as ek direk mag vra? Ek eksperimenteer met ‘n paar lense en diesmeer, maar ek kry dit wiening reg om sulke skerp gefokusde te foto’s te neem. Ek vind soms dat die allerdaagse mik-en-druk opsie werklik die beste foto’s neem.

    Bo hulle darem sneeumanne daar?

  3. samboerou permalink
    Januarie 21, 2009 4:43 nm

    n Witter skakeering van Vaal,wat is die storie van die huisbesetters daar?,sommer so doodgeskiet,klink bietjie rof vir daai geweste!

  4. boendoe permalink
    Januarie 21, 2009 5:30 nm

    Baie mooi. Dromerig. 😉

  5. Januarie 21, 2009 6:21 nm

    Jy is gelukkig. Hier by my is dit net koud en is daar geen tekens van sneeu nie. Ek moes in my vorige stad gebly het, want die jaar sneeu dit asof daar nie ‘n more is nie in daardie deel van die land. Murphy’s law, ek se!

    Eintlik sien ek net uit na die lente, bogger die sneeu en koudkry! Moet egter se dat die botteltjie Allesverloren port help 😉

  6. Januarie 21, 2009 10:52 nm

    Roer, net vir jou sal ek probeer, sodra die sneeu weer val en ‘n bietjie dieper is. Dis ook die naaste aan ‘n engel wat ek ooit sal kom! 🙂
    Emil, baie dankie! Ek gebruik ‘n baie basiese en mik-en-druk Samsung (wat dan nou anders?). Ek beoog om een-of-ander tyd op te gradeer, maar omdat die Samsung my so beindruk het, gaan ek heel moontlik hou by die handelsmerk. En ja, as die sneeu dikker val, dan kan die kinders nie wag om sneeuman te bou nie.
    saamboerou, mens moet maar nie aan die verkeerde kant van die gereg hier beland nie…
    Kaalvoet….ALLERVERLOREN! 😯 Ag, mag ek net ‘n proeseltjie kry? Asssseblieeef……?

  7. freddiescoffeebar permalink
    Januarie 21, 2009 11:40 nm

    Wow dis mooi… Eks sommer nou nog meer jaloers! Ek wil ook sneeu sien en beleef!!

  8. Januarie 22, 2009 2:10 vm

    Dis ‘n pragtige foto van die bome wat so strak teen die koue, blou winterslug staan! Ja, ek sal ook graag eendag sneeu wil ervaar, kompleet met ‘n gebreide mus en handskoene, ‘n rooi neus en ‘n lekker warm wintersjas!

  9. Januarie 23, 2009 3:55 vm

    Hi boer, ek is terug op die blogosfeer. Ek het nou uit my grot geklim en besluit dis nou weer tyd om aan die gang te kom. EK moet se dis rerig mooi sneeu foto’s die van jou. Ek weet nie of ek kan se ek mis die koue nie, maar ek weet ook nie of ek so baie gelukkig is met die hiit golwe en dan terselfde tyd die donderstorms wat daar mee gepaard gaan die kant van die wereld.

    Dis nie meer lank nie dan kom ek weer terug, ek kan nie meer wag nie.

  10. Januarie 23, 2009 2:05 nm

    Hey MJ!
    Goed om jou te hier te sien! Sien uit na jou terugkoms en staal jou maar vir die koue!

    Die bottel is amper leeg Boerie, maar ek los vir jou ‘n proeseltjie 😉

  11. Januarie 23, 2009 11:08 nm

    Welkom, freddie en Thea ek hoop jy sal ook nog sneeu ervaar. Ek dink julle moet maar in die winter daar ‘n draai in die Oos-Vrystaat of Lesotho gaan maak.
    MJ, lekker om weer van jou te hoor – amper gedog daar’s nie meer lewe nie.
    Kaalvoet, ek sien uit….

  12. Januarie 24, 2009 2:23 vm

    Dankie Bib, dís nou ‘n baie goeie voorstel!!

  13. Johan permalink
    Januarie 27, 2009 2:04 vm

    Ster foto’s, Boer, soooos altyd!!
    groete!
    Johan

  14. Januarie 28, 2009 11:46 nm

    Dankie, Johan! Dit het nog nie weer gesneeu nie, so op hierdie stadium hoop ek maar die eerste sneeu was ook nou nie die laaste sneeu nie!

  15. Wipneus! permalink
    Januarie 31, 2009 6:04 nm

    Wow Bib fantastiese foto’s, veral die onderste een!

  16. Februarie 18, 2009 2:02 vm

    Mooi foto’s, bietjie yl geval teenoor wat ons hier gekry het, ek het 17cm gemeet in ons agter tuin! Op een van die boonste foto’s lyk die bome effe “skraal” – is die strate oor die algemeen boomryk, of is spasie ‘n probleem?

  17. Februarie 18, 2009 11:32 nm

    Nikita, moet nou nie staan en spog nie – jy maak my skoon jaloers! 😉
    Kyk my kommentaar #14. Ek oorweeg op hierdie stadium om die opskrif hierbo te verander na die eerste (en laaste!) sneeu. Nou nie dat ek in die grootste sneeuval-streek in Korea woon nie, maar dit was darem karig hierdie jaar!
    Die strate is oor die algemeen boomryk en die Koreane plant ook heeldag bome hier. Hulle lyk so skraal, want hulle word elke winter so gesnoei.

  18. Februarie 19, 2009 7:39 vm

    Hier by ons het die sneeu in Jan 2007 so gele, ook nie die plek waar dit verskriklik sneeu nie, ek dink ons was ook maar net gelukkig hierdie jaar. As jy op die boonste foto in my inskrywing kliek, kan jy nie eers ons motors voor die huis sien nie, dit lyk soos twee hompe sneeu wat daar le, maar kyk hierdie Engeland was in chaos gedompel soos ek nog bitter min gesien soos die grit opgeraak het, hulle het selfs tafelsout begin gebruik vir die paaie en sout van Spanje probeer kry. Dis ook nie aldag dat dit die plek sulke hewige sneeustorms kry nie, ek dink hulle was dit 50 jaar en langer terug gewoond.

Trackbacks

  1. Herfs as halfweghuis « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: