Skip to content

Oor Swane en Ontsnapskuilings

Januarie 28, 2009
tags: ,

S7301562

Korea is een van die digsbevolkte state in die wereld, met ‘n bevolking effe groter as Suid-Afrika s’n, maar binne ‘n oppervlak min-of-meer tien keer kleiner. Dit bly om hierdie rede ongelooflik watter moeite die Koreane doen om natuurgebiede te bewaar om sodoende pragtige reservate te skep, waar mens ontvlugting kan vind. Daar is in hierdie land vele pragtige ontsnapskuilings in die natuur waar jy tydelik skoon vergeet dat jy deel is van ‘n groot mensemassa op ‘n klein stukkie aarde. Die Nakdong-riviermonding is een so ‘n plek.

S7301571

Die Nakdong is die langste rivier in Korea (ongeveer 520km) en mond uit by Eulsukdo in die groot hawestad van Busan. Dis dan ook hier waar die Koreane ‘n natuurbewaringsarea geskep het. Die Nakdong -riviermonding en omliggende area is een van die grootste natuurlike vleilandgebiede in S7301448Korea en ‘n absolute paradys vir watervoels. Dis spesifiek in die koue winter wat duisende voels hier kom oorwinter en hulle tydelike tuiste vind. Daar is ‘n groot eko-sentrum opgerig met al die nodige inligting en ‘n pragtige uitsig op deel van die vleilande. Mens kan op ‘n begeleide toer gaan, maar met my besoek het ek self die pad gevat, gewapen met verkyker en voelgids. Die paadjies is duidelik uitgele en daar is moeite gedoen met voelskuilings.

S7301569

En ek was nie teleurgesteld nie. Vir my was die hoogtepunt die swerms wilde swane (Cygnus Cygnus) wat in hulle duisende te vinde is. Regtig ‘n voorreg om hulle te sien. Daar is ook vele ander watervoels, veral ‘n groot verskeidenheid eende – sommiges parmant uitgevat in die pragtigste S7301413kleuredos. Daar kom ook roofvoels voor, maar ek was net gelukkig om een valkie skalks te gewaar sonder om hom te identifiseer. Ander voels wat ek kon identifiseer was ‘n laksman, sandkiewiet, duiwe, kraaie, meeue, ganse, reiers, duikers en die alomteenwoordige tiptolle. Ek het op die ou-end 25 spesies vir die dag aangeteken en was baie tevrede. Ongelukkig is my kamera ‘n heel basiese digitale mik-en-druk met beperkte fokusfunksie. Ek kon dus nie behoorlike foto’s van individuele voels neem nie. Hierdie foto van die swaan het ek dus gaan leen by BirdsKorea en die kopiereg behoort aan ene Robin Newlin.

Whooper-Swan RN

Soos talle ander plekke in die wereld, is die ewigdurende stryd tussen bewaring en ontwikkeling ook fel hier in Korea. Baie prominent staan die halfgeboude Miyoengji- brug reg in die middel van die vleilande, amper soos S7301422‘n monster wat reg is om te verteer. Die brug is ‘n paar jaar terug begin bou ondanks omgewingsgroepe se besware, maar dit het voortgegaan. Intussen het die bewaringsgroepe skynbaar daarin geslaag om die bouery stop te sit. Wat die toekoms van die bouprojek is, dit weet ek nie, maar intussen staan die brug daar, amper soos daardie halfgeboude hoofweg in Kaapstad.

S7301560

Om so al die voels in hulle natuurlike habitat te sien floreer is altyd vir my ‘n voorreg. Ek sal definitief weer die Nakdong besoek (moontlik in die somer, wanneer ander spesies weer daar te siene is), maar intussen is daar nog ‘n hele klompie ander ontsnapskuilings waar ek graag wil gaan voels spied voor die winter verby is.

NS: Om van die ander pragtige natuurgebiede in Korea te sien, lees gerus ook hier en hier, waar mede-blogger in Korea, kaalvoetinireen, daaroor skryf.

 

 

16 Kommentaar leave one →
  1. Mary Jane permalink
    Januarie 29, 2009 12:14 vm

    Hey Boer, jou fotos is werklik pragtig!!!!

  2. Januarie 29, 2009 12:41 vm

    Jislaaik, ja, ek het skaars gelees wat jy geskryf het. Jou foto’s is fantabulous. (enne…hoe doen jy dit dat hoekies so omkrul? Dis flippen mooi.)

  3. Januarie 29, 2009 12:42 vm

    Dis baie nice! EK het onlangs ook ‘n paar van die wilde swane by ‘n vleiland nie te ver van my af gewaar, asook ‘n paar ander spesies wat my opgewonde gelaat het.

  4. Januarie 29, 2009 2:39 nm

    Net wat ek nodig het: Om rustig in ‘n voëlskuiling te gaan sit en weer net ‘n slag na binne te leef…

    Dankie, jou foto’s is bevange. ‘n Mik-en-druk sê jy? Ek sal graag wil sien wat kom uit jou lens die dag as jy opgradeer.

  5. Januarie 29, 2009 9:52 nm

    OMW!! Dit moes ‘n gesig gewees het om swerms wilde swane te kon sien!!

    Bib daar’s niks fout met jou foto’s nie! Dis stunning!!

  6. Januarie 30, 2009 12:14 vm

    Swane is so elegant wanneer hulle swem, maar lyk nogal lomp uit die water wanneer hulle loop.

  7. meermin permalink
    Januarie 30, 2009 2:19 nm

    Swane is vir my die mooiste mooi wat daar is!!

    Jou foto’s is ongelooflik mooi!!

    Lekker dag en geniet die naweek!!

  8. Januarie 30, 2009 8:59 nm

    Dankie vir die komplimente op die foto’s (onthou net die foto van die swaan is geleen). Boendoe, dis een van die bruikbaarder foefies van my kamera.
    Kaalvoet, kyk jy ook voels?
    W’nB, goed om weer jou gesig te sien.
    Die swane IS pragtig – soos RF opmerk – baie elegant. Wie weet, miskien veroorsaak evolusie dat hulle oor honderde jare van nou-af nie meer lomp op land is nie.😉

  9. kyker permalink
    Januarie 31, 2009 4:08 vm

    Pragtige foto’s. Sjoe. Dit lyk koud daar by jou, maar ook regtig mooi. Daar is nie ‘n beter plek om weer mens te raak as iewers by stille waters, omring deur die stilte van die natuur nie.

  10. Januarie 31, 2009 6:14 nm

    Bib die foto’s van die son se weerkaatsing op die water is vreeslik mooi!
    Ek wens ek was daar.

  11. Februarie 1, 2009 3:47 nm

    As ek ‘n kansie kry dan kyk ek ook voels. Ek sal nog skrywe oor my laaste voelkyk-ekspidisie😉

  12. Februarie 2, 2009 4:31 vm

    Daai heel eerste foto is asemrowend!

  13. Mary-Ann.Nagel permalink
    Junie 29, 2011 5:16 vm

    Die fotos is werklik indrukwekkend!! Doen so voort..Groete

Trackbacks

  1. Tussen ys en vere « Kaalvoet ini reen
  2. Oor eende, ganse, swane en ‘n seearend « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: