Skip to content

St Emilion in Seoul

Februarie 4, 2009

S7301621S7301615S7301623

Gereelde besoekers aan hierdie blog is seker teen hierdie tyd wel bewus van die feit dat ek ‘n uitsonderlike koestering het vir die vog van die wingerdstok. Korea is nou nie juis ‘n wynmekka nie en ek mis dikwels die uitstekende Kaapse wyne wat so in oorvloed en so goedkoop beskikbaar is in Suid-Afrika. Synde dat ek nie in een van die groot stede hier woon nie, is my wynkeuses meeste van die tyd beperk tot die krummels op die rakke van groot supermarkgroepe, waar ek maar noukeurig moet aas vir bekostigbare kwaliteit – en dit is ‘n kuns! Wyn is ‘n baie duur kommoditeit in Korea en dis haas onmoontlik om ‘n drinkbare wyn op te spoor vir onder 10 000 Koreaanse Won (ongeveer R75). Ek bederf my dus bitter selde met ‘n werklik ordentlike wyn. Dis ook eerder die uitsondering as die reel om enigsins ‘n Suid-Afrikaanse wyn raak te koop.

S7301613S7301610S7301614

As mens egter die groot stede besoek en sorgvuldig snuffel, kom jy op die wonderlikste plekke af, waar jy nie net ‘n verskeidenheid Suid-Afrikaanse wyn ontdek nie, maar ‘n wonderlike skatkis van kwaliteit wyne van reg oor die wereld. Vir my is dit soos ‘n lushof van genot. Ek het eenkeer vantevore genoem dat Seoul oor die 50 wynkroee het en ‘n rukkie terug was ek bevoorreg om een van die vernaamstes te besoek, nl. S-Wine (die naam miskien nie so goed oorweeg nie!) in die yuppie Gangnam-distrik van die groot stad. Dit was vir my ‘n wonderlike ervaring en ek het my skoon vergaap aan die wynlys en die beste verskeidenheid Suid-Afrikaanse wyne tot nog toe hier in die vreemde teegekom.

S7301597S7301618

My mond het gewater vir Rustenberg se sublieme John X Merriman, maar die prys het swak waarde vir geld gebied in vergeleke met die letterlik honderde ander internasionale aanbiedinge. ‘n Keuse moes egter gemaak word en ek was nie spyt om ‘n liplekker en karaktervolle 2004 Lussac St Emilion te kies nie. Nou nie Cheval Blanc nie, maar tog ‘n pragtige voorbeeld van die finesse en grasie wat so tiperend is van hierdie befaamde wynstreek se Merlot-gedomineerde wyne. In kombinasie met my geselskap vir die aand, het Chateau Picampeau gesorg vir die skep van ‘n kosbare herinnering.

S7301630S7301629

Advertisements
16 Kommentaar leave one →
  1. Februarie 4, 2009 11:31 nm

    Seoul se jy??? Ek dink ek moet jou die “wine bars” in Busan gaan wys (baie nader soos jy weet), sodat ek saam met jou ‘n wyntjie kan geniet! Weereens ‘n stunning stukkie skryfwerk!

  2. Wipneus! permalink
    Februarie 5, 2009 3:47 vm

    Voggies van die wingerdstok!! whahaha 😆
    (Ek is heeltemal bewus van hierdie liefde vir ‘n goeie wyntjie… uhmmm ek bedoel voggies van die wingerdstok, Bib!! Ek stem, niks so lekker om te ontspan met ‘n glasie van diè nektar nie)

    Dankie ek hou altyd daarvan om van goeie wyne te leer!

  3. Februarie 5, 2009 11:15 vm

    Lekker om te weet dat daar ook ander is wat die gejag na kwaliteit wyn teen ‘n aanvare prys beskou as ‘n kunsvorm. Die satisfaksie van die fonds is amper net so lekker soos die drink daarvan.

    Mooi stukkie Afrikaans, BiB.

  4. Februarie 5, 2009 11:03 nm

    Kaalvoet, trek aan daai skoene van jou, want ons het ‘n afspraak! As daar wyn by betrokke is, is ek daar. Ek stuur vir jou ‘n posduif.
    Wip en Bluegrass – bly julle geniet die wynvertellinge. In Korea is dit wraggies ‘n kunsvorm, die soektog na kwaliteit wyne teen billike prys.

  5. Februarie 5, 2009 11:04 nm

    Dis reg Boerie! Busan moet regstaan! Ons gaan die strate rooi verf 😉

  6. Wipneus! permalink
    Februarie 6, 2009 1:54 vm

    Mmmm uiteindelik is die bal aan die rol 🙄

  7. Februarie 6, 2009 3:01 nm

    En so van die os op die jas… 😉 sien ek in die week op ‘n TV-program dat Louis Leipoldt ook ‘n groot wynkenner was en lees ek die volgende raak oor ‘n eksperiment van hom…

    His intention was to determine the relative nutritional value of wine and milk in children, with particular reference to the amino acids contained therein. He had been quietly experimenting with boys who were not twins, and this had gone on for several years before he advertised in the Journal for pairs of twins to use in controlled studies. All hell was then let loose about his head, with correspondents from many religious and other groups in South Africa protesting against the experiment. Instead of immediately burying the intention and saying nothing, Or Leipoldt seems to have been rather surprised at this attack on him and to have persisted in his view that this was a legitimate experiment.

    Nou ja, jy en Kaalvoet moet dit nou gaan geniet om Busan se strate rooi te verf en moenie vergeet om julle kameras saam te neem nie!

  8. Februarie 6, 2009 11:06 nm

    Kaalvoet, ek kan nie anders as om te bieg nie…ek sien uit daarna! Laat ons die Koreane wys waar Dawid die wingerdstok gegrawe het!
    Thea, ek is bewus van Leipoldt se wynkennis, maar hierdie stukkie oor die eksperiment was ek nie bewus van nie – voorwaar baie interessant (klink soos die tipe eksperiment wat ekself sal geniet om te doen!).

  9. Mefri permalink
    Februarie 7, 2009 1:32 vm

    BiB jy sal psalms sing in ons lapa. My man behoort aan ‘The Wine Of The Month Club’ en ons ontvang elke maand 8 tot12 bottels van die best wat beskikbaar is. Elke bottel wyn het sy geskiedenis ens. Dit is behoorlik ‘n ritueel om daai kurkprop getrek te kry…. ‘sug!’ Ek waardeer kwaliteit, maar my tong maak die finale besluit waarvan ek hou.

    HEHE, hy drink net Vodka.

  10. Februarie 7, 2009 6:18 nm

    Ek dink daardie tong van jou kort bekering! 🙂

  11. Februarie 8, 2009 1:15 vm

    Dis reg Boer! Jy sal nie teleurgesteld wees in die seleksie nie! Moet jou egter waarsku oor die pryse, maar dit weet jy sekerlik 😉

  12. Februarie 8, 2009 10:39 nm

    😛

  13. Februarie 9, 2009 9:22 nm

    Die gees van die wingerd vind mens oorals! Eugene Marais was net so ‘n groot wynliefhebber. Hy sê daar bestaan by die mens en hoër aapsoorte ‘n behoefte aan ‘n middel, meestal plantaardige, om ‘n toestand van vreugde en euforie te wek wat andersins afwesig is. Hy noem dan alkohol, opium en tabak. Van hulle is alkohol die oudste. Marais wys ons ook daarop dat bobbejane bepaalde soorte bessies vreet om “lekkerlyf” te raak.In Die Siel van die Aap (1965) sien Marais die lewenstryd as pyn en lyding wat die mens en hoër aapsoorte as “bewustheid” ervaar en hulle neerslagtig stem sodat daar die behoefte tot so ‘n euforiese middel ontstaan.

    Anders as Marais, is ek seker jy en ek het nie neerslagtigheid nodig om die “voggies van die wingerdstok” te probeer nie 😆

    Ek plaas binnekort, in my herontdekking van Afrikaans-reeks, ‘n skrywe oor hoe ons in Afrikaans oor die wingerd gejubel het.

  14. Februarie 9, 2009 11:08 nm

    Emil, interessante feite wat jy hier noem. Sien uit na jou skrywe!

Trackbacks

  1. A Different View of Reality » Die Wingerd
  2. Kaalvoetinikroeg « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: