Skip to content

…en op ‘n ligter noot

Februarie 16, 2009
tags:

Ek het al vantevore hier en hier oor Konglish geskryf, maar dit bly ‘n snaakse alledaagse wat mens onwillekeurig opval. Konglish is die kortnaam vir Korean English en verwys na die komiese manier waarop die Engelse taal soms gemolesteer word hier in die vreemde. Nog nie op die skaal wat dit in Sjina voorkom nie, maar tog redelik algemeen. En ek kan julle verseker die Koreane doen regtig hulle bes! Hier is ‘n paar resente voorbeelde:

S7300170

Sal jy jou nuwe klankstelsel vir jou motor hier laat installeer?

S7300668

Hierdie restaurant was ‘n bewys dat jy nie goed hoef te spel om lekker sushi te bedien nie.

S7309367

Nou-ja…ek sal maar die koffie probeer.

S7304424

Wonder of ek snoek by die kitsbank kan trek?

 

Advertisements
13 Kommentaar leave one →
  1. Februarie 16, 2009 11:01 nm

    Sal nie omgee vir daai snoek nie!
    Die mense se Engels bly ‘n treat!

  2. Februarie 17, 2009 1:41 vm

    Dalk is daar ‘n mark in SA vir ‘n snoek en bokkom kitsbank. Koop sommer die snoek oppad huis toe.

  3. Mary Jane permalink
    Februarie 17, 2009 2:56 vm

    Het nou vreeslik lekker gelag!!!!

  4. Februarie 17, 2009 3:15 vm

    Die res kan ek nog soort van verstaan, maar daai vis by die kitsbank?! 😆
    Daar moet tog een of ander ooreenkoms met die vertaling en die bedoeling wees, en ek kry dit GLAD nie!

  5. Sammi permalink
    Februarie 17, 2009 3:36 nm

    LOL Herinner my aan ‘n paar plaaslike spellings ook!

  6. Februarie 17, 2009 8:30 nm

    Ek het bietjie uitgevra oor die bank en hulle het maar net die vertaling so bietjie krom en skeef. Die bank se naam is Su-heop en Su betekn “van die see”. Net soos Nong (van Nong-heop bank) land beteken. Nonghyeop bank is Korea se landbou bank wat steun aan boere verleen en hierdie bank is dan die gelyke wat steun aan vissers verleen. Die vertaling bly nogsteeds nie baie vars nie, maar ek dog ek probeer maar verduidelik 🙂

  7. Februarie 17, 2009 11:03 nm

    Dankie vir hierdie interessante agtergrond! Ek verstaan nou ‘n bietjie beter, maar – soos jy se – nog steeds nie baie vars (vis) nie.

  8. Februarie 18, 2009 2:07 vm

    Wie noem Snoek hier! Ai, hoe verlang ek na daardie dae toe my sus van die Kaap af gekom het met die heerlikste gesoute snoek! Yum! Boer gaan jy bietjie vir ons blog oor “White Day”…14 Maart? ek lees dat dit van China/Japan oorgewaai het na Korea ook…blykbaar in die 1980’s daar begin. O ja, terwyl ek nog die bladsy oop het..
    http://www.leadermagazine.co.uk/article.php?id=1272
    half “skokkend” om te weet dat die Dept Hoof van ‘n SEN-Afdeling nie noodwendig ‘n gekwalifiseerde Onnie hier in die UK is nie, alhoewel hulle dit nou glo wil verander.

  9. Februarie 18, 2009 10:34 nm

    Daai “Japaniese” is vir my die beste.

  10. Februarie 18, 2009 11:29 nm

    Ja, selfs eet jy bitter lekker vreemde vis wat jy nooit geken het nie, sal die hunkering bly vir daardie sissende snoek op die kole…
    Die sogenaamde “White Day” is kommersieel redelik groot hier in Korea. Op Valentynsdag gee die meisies geskenke aan die ouens en die “White Day” is dan spesifiek wanneer die ouens geskenke vir die meisies gee.

  11. Februarie 19, 2009 12:04 vm

    ‘n Mens sou dink dat ‘n besigheid soos ‘n bank darem ‘n ordentlike vertaler kan bekostig vir ‘n belangrike item soos ‘n naambord.

  12. Februarie 19, 2009 12:34 vm

    Die vis en bankkombinasie bly maar snaaks!! 😆

  13. Februarie 19, 2009 1:07 vm

    Dagse Boerinballingskap
    Mens moet maar kophou soos ‘n dronk weerluis in die Oosterse lande. 🙄
    Hulle lande is wonderlik om te sien, maar die taal is soms gevaarlik as hulle die Ingels aandurf. Geniet dit daar.
    Groete en dankie vir die lekker komiese blik.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: