Skip to content

loomlekker dae

Februarie 20, 2009

S7301967

En soos mens al langer in die vreemde vertoef, raak die gewaarwording sterker dat hierdie halfweghalte onrusbarend soos ‘n tuiste begin voel. Stadig skif die vreemdheid weg en soms vang jy jouself dat jy skoon begin S7301919 vergeet dat jy so ver van jou heimat is. Dus, staan jy op ‘n Saterdagoggend op en neem die trein na Haeundae* in Busan*, asof reeds tweede natuur. Jy gooi jou gemaklikeS7301975 stoel agteroor en die ritmiese tik-tik op die spoorstawe laat jou lomerig en ontspanne. Buite die venster flits, nou reeds bekende, landskapsbeelde verby. Die trein skommel al kuslangs waar die Oos-see wydgestrek en blou le. Soms verbeel jy jou jy is op pad verby Muizenberg en Kalkbaai na Simonstad.

S7301930

In Haeundae aangeland, kies jou voete sommer so self koers see se kant toe – die vrees vir verdwaal is lank reeds besweer. Om jou is dit ‘n besige geroesmoes van mense. Almal is skynbaar buite om die meeste te maak van hierdie ongewone loomwarm wintersdag. Jy volg die tartan-S7301979S7301976 wandelpaaie, so noukeurig uitgele op die pragtige Dongbaekseom eiland. Die immergroen denne en japonikas vou jou toe. Ondanks die mense – gesinne, kinders met vlieers, baba’s in stootkarretjies, jong verliefdes, ouer verliefdes – is die atmosfeer snaaks rustig en sorgvry. Die totale afwesigheid van vrees is amper tasbaar in die lug. Daar is netjiese houtpaadjies oor die rotse langs die see en ‘n meermin wagtend, verlangend op ‘n klip. Meteens die salwende geur van wierook en kerse op die rotse. ‘n Vrou wat biddend mediteer, wyl branders digby teen die rotse klots…

S7301946

Vergesigte oor die see, bote wat skynbaar doelloos dryf, meeue wat krys en skree. Haeundae-strand wat breedwit die see omsoom. Die S7301982 imponerende Gwangan-brug wat soos stadsbewaker wydsbeen en uitdagend oor die see strek. Op die hersenskim die rits klein rotseilande, bekend as Oryukdo – bekende simbool van Busan. Die rykmans-S7301980toringblokwoonstelle afge-ets teen die laatmiddaglig. ‘n Eensame seiljag dryf verby. Hier en daar ‘n visserman wat hoopvol lyn natmaak. Duur ingevoerde motors staan geparkeer voor ekslusiewe restaurante, gewilde koffiewinkels, klubs en kuierplekke. Bekende K-pop musiek pols deur die skemer.

S7301948

En wanneer die laaste stukkies son oranjeblink tussen die rotse poel, daardie hartseer besef: as ek hier moet weggaan, sal ek Haeundae nooit weer kan ervaar…

S7301968

*Die naam Haeundae is ‘n samevoeging van begrippe wat letterlik beteken “Kop van see en wolke”. Dit is ‘n gegoede deel van Busan met reputasie as speelplek en toerisme-bestemming. Maar Haeundae is veral bekend vir die gewildste en grootste strand in Korea.

* Busan (bevolking ongeveer 4 miljoen) is die tweede grootste stad in Korea, maar die grootste hawestad.

Advertisements
19 Kommentaar leave one →
  1. Februarie 20, 2009 10:33 vm

    Baie mooi beskryf en geskryf Boer! Dit is nogal hartseer om te dink dat mens waarskynlik nooit weer hierdie besonderse plekker sal ervaar as mens eers weg is nie. Maar mens kan dit vir altyd in jou hart wegbere en tog weer besoek as jy verlang.

  2. Februarie 20, 2009 1:38 nm

    Jy het my oë oopgemaak vir die besondere land waarin jy is.

  3. Februarie 20, 2009 3:35 nm

    Uitstekend geskryf – dit het gevoel of ek Haeundae (klink amper soos Hyundai) self beleef het! Jou tweede groot foto lyk nogal baie soos een wat ek laas naweek in die Kaap geneem het! As jy eendag daar weggaan, gaan jy ongelooflike herinneringe met jou saamvat!

  4. Februarie 20, 2009 4:35 nm

    Amazing!

  5. kyker permalink
    Februarie 20, 2009 9:50 nm

    Nadat ek jou beskrywing gelees het, voel dit vir my sommer bekend, asof mens al self daar was. Dankie.

    Dis vir my deesdae asof die wereld se laaste grensdrade besig is om nou vinnig te verdwyn: Waar is mens se ‘heimat’ dan nou eintlik? ‘n Mens kan eintlik orals tot ‘n groot mate tuis voel. Kultuurverskille word kleiner. Taalgrense word makliker oorbrug want al hoe meer mense praat Engels. En oral in die wereld raak ons lewenskwessies al hoe meer dieselfde.

  6. Februarie 21, 2009 12:24 vm

    Pragtige inskrywing.

  7. Februarie 21, 2009 3:20 vm

    Ek sal ook hartseer wees om van so mooi en rustige plek te moet weggaan!
    Pragtige foto’s Bib! 🙂

  8. Johan permalink
    Februarie 22, 2009 5:14 vm

    so baie dinge
    (as ek terug kyk)
    wat my heimat was
    het in die rokerigheid van tyd
    kinderlik onskuldig
    opgelos geraak
    Johan

  9. Laurence permalink
    Februarie 22, 2009 8:11 nm

    Hoe gaan dit met die vreemde taal? Kan jy al jouself verhelp in die plaaslike lingo, of kom mens geredelik met Engels klaar? Dit sal interessant wees om jou kommentaar te sien.

  10. Februarie 23, 2009 10:19 nm

    Ek het ook in die begin gedink die plek se naam is Hyundai, want daar is so baie dinge hier wat die naam Hyundai dra (winkels, motors, skepe, hotelle, finasiele dienste ens. ens.)

    Dit is so dat die wereld klein geword het en mens makliker en gouer tuis begin voel in die vreemde, as wat sekerlik vroeer jare die geval was. Veral met die vordering van tegnologie, is mens virtueel nader aan die huis, as wat mens 10 of 15 jaar terug in die vreemde was.

    Ek behoort seker op hierdie stadium al ‘n bietjie beter Koreaans te praat as wat ek doen. Maar miskien is ek maar ‘n lui student! 🙂
    Ek kom egter goed oor die weg met ‘n kombinasie van Koreaans, Engels en goeie gebaretaal! Mens leer sekere sleutelwoorde en/of frases in Koreaans en daarmee kan mens nogal ver kom.

    Mooi woorde wat jy hier geplaas het, Johan. Dankie.

  11. Februarie 24, 2009 11:20 nm

    Dit was so ‘n mooi stuk – amper asof ek self daar was! Dit maak die besluit bietjie makliker: En soos mens al langer in die vreemde vertoef, raak die gewaarwording sterker dat hierdie halfweghalte onrusbarend soos ‘n tuiste begin voel. – ‘n wonderlike vooruitsig!

  12. Februarie 25, 2009 4:13 nm

    Jong BiB, daar is maar net een Kalkbaai. Jy moet se as ek vir jou ‘n prentjie moet stuur.

    Ek worry dat jy begin kompenseer in the way you are now…

    “Loomlekker dae’. Dit se^ soos wat tjoklits op my tong proe!

    Ek sal ‘n Long Island lig op jou as ek weer in Cape to Cuba sit met die Kalkbaaise see oopgesprei voor my oe.

  13. Sammi permalink
    Februarie 25, 2009 10:34 nm

    Veilig en tuis voel – jip – DIS waaroor dit gaan – DANKIE vir die deel hiervan – ek dink jy waardeer dalk meer daar as baie van die plaaslike bevolking self.

  14. Februarie 25, 2009 11:09 nm

    Een van die mooi dae kom ek kuier vir jou, my blogger-vriend — soos ek alreeds doen in die cyber space wat ons deel!

  15. Februarie 26, 2009 12:05 vm

    Carina, kan julle net sterkte toewens in hierdie donker tye.
    Skoor, nee daar’s verseker net een Kalkbaai. Synde dat ek self ‘n Kapenaar is en die plekke ten diepste ken, dink ek soms mens kry Suid-Afrika en dan kry mens die Kaap – en die twee entiteite voel nie altyd dieselfde nie. Geniet die Long Island! 🙂
    Sammi, dis nou maar eenmaal so, dat mens nie dit waardeer wat jy het, totdat jy blootgestel word aan minder aantreklike alternatiewe nie.
    RedShoes, jy’s welkom maar ek dink ek kom kuier eerder aan daardie pragtige, pragtige kant van die wereld wat jy bewoon. Watter voorreg leef jy nie!

  16. Februarie 26, 2009 1:53 vm

    Pragtige foto’s BiB. In wat jy skryf laat jy my onwillekeurig terugdink aan my tyd in Kanada. Daar het die vreemde ook mettertyd in die bekende verander en toe ek uiteindelik daar weggegaan het, het iets daarvan in my hart agter gebly.

Trackbacks

  1. Kaalvoetinikroeg « Boer in Ballingskap
  2. “…want dis mos Chuseok” « Boer in Ballingskap
  3. ‘n Winterwegbreek by die see « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: