Skip to content

fluisteringe van lente

Februarie 26, 2009

S7302176

En as jy weer een oggend, gepantser teen die koue, die bekende paadjie deur die parkie volg, sien jy opeens dit wat jy amper kan sweer nie gister daar was nie. Die lelike droe bome wat al maande ‘n seer op die oog is, lyk opeens effe anders. As jy nader staan, kan jy dit skaars glo. Die bome is oortrek van die eerste botsels en bloeisels.

S7302153S7302151

Nie met kakofonie, soos later die geval sal wees nie, maar met ‘n saggiese fluistering word die lente aangekondig. En jy besef dat daardie laaste hoop op nog net eenkeer se sneeu, helaas nie gaan realiseer nie. Dis weer tyd vir vernuwing en die skynbaar dooie hout kan nie meer wag om die nuwe lewe binne hul stamme en takke aan die wereld te vertoon nie.

S7302177S7302173

Die eeue-oue rite van seisoenale wedergeboorte vind weer eens plaas en dis tyd om reg te maak vir die natuur se komende lente-simfonie.

10 Kommentaar leave one →
  1. Februarie 27, 2009 5:32 nm

    Stunnig foto’s van die begin van lente~~ Ek is mal oor die heel eerste foto!

  2. Februarie 27, 2009 5:54 nm

    Dankie tog, want ek kan die koue nie meer uitstaan nie! Ek sien baie uit na al die mooi bloeisels die jaar!

  3. Februarie 27, 2009 5:55 nm

    NS: Die lente is nogal vroeg die jaar, want as ek reg onthou was dit laasjaar tot einde Maart nog koud!

  4. Mefri permalink
    Februarie 28, 2009 2:22 vm

    Saggiese fluistering – ek hou hiervan.
    Dis asof daar ‘n titseltjie ‘magic’ uit die blommetjies straal – baie mooi!

  5. Februarie 28, 2009 5:15 nm

    In lande waar dit in die winter sneeu is die lente net soveel meer opwindend. Dis soos hulle daar se “Here, we have the seasons.”

  6. Maart 2, 2009 2:28 vm

    Pragtig!!! en een van die dae gaan jy hopelik vir ons daardie bome wys wat spierwit oortrek is met die bloeisels. Ek het dit nou die dag onder jou foto album gesien! Dis soos ‘n sprokies wêreld!

    Maak nie saak waar in die wêreld nie, Lente is magic!!!

  7. Maart 2, 2009 5:45 vm

    Pragtige fotos! Beteken dit ons kan dalk bietjie koeler weer verwag? Die berge en natuurskoon kan doen met nat weer!

  8. Maart 2, 2009 6:47 nm

    Wate gaan aan met die weer???? Dis alweer koud en dit reen! Ek sien nog geen lente by my nie!

  9. Maart 2, 2009 11:17 nm

    Dis waar wat FF se – die winter hier is so vaal en lelik dat die lente ‘n gebeurtenis is. En oral in Korea en Japan sal daar soos gebruiklik weer kersiebloeiselfeeste wees. Die lente begin eers amptelike 1 April, so dit lyk my die winter het dalk nog so ‘n laaste kaart of twee in die mou. Later die week gaan ons weer ‘n bietjie kuier aan die verkeerde kant van vriespunt. Brrrrrr…

Trackbacks

  1. Die verskil wat drie weke maak « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: