Skip to content

“Ons bly in tronke”

Maart 2, 2009

Die internet is ‘n medium wat nie net die wereld nader aan mekaar bring nie, maar ook ‘n medium wat tot gevolg het dat jy weer (willekeurig en onwillekeurig) kontak maak met mense wat jy letterlik laas in jou kleintyd geken het. Nou die aand Skype vriende my raak wat ek in my jeug geken het, maar met wie ek heeltemal kontak verloor het. Ons kon nie eers onthou wanneer laas ons mekaar gesien het nie en ook nie eers of ek op hulle troue was of nie! Maar ons voer ‘n sleutelbordgesprek en soos ons gesels, kom daar soveel gedagtes en gevoelens by my op. Die gesprek het my aan soveel dinge laat dink:

Aan talle blogbesprekings, aan Carina se onlangse inskrywing , aan Neef Willem wat op pad is Switserland toe, aan my goeie vriend Hannes wat so gelukkig is in Perth, aan my Nig Riette-hulle wat besluit het om Portland hul permanente tuiste te maak, aan my retrospektief op die Afrikaner, aan hierdie artikel in Newsweek, en aan my eie woorde van vroeer:

Dit was my ervaring dat meeste Afrikaners wat emigrasie oorweeg, Gautengers is. Hulle eerste opsie is om in die Kaap te probeer werk vind, maar as dit nie slaag nie, emigreer hulle eerder na ‘n vreemde land, as om in Gauteng te bly.

Hier volg die (baie verkorte) verbatim gesprek:

“Sjoe, dis nou ‘n verassing! Amper val ek van my stoel af!

Nee moet asb nie, netnou breek jy iets! Hoe gaan dit nog?

Nee, dit gaan goed hier in die vreemde. Die koue winter is darem nou aan die verbygaan. Hoe gaan dit met julle?

Nee jong ons kla nie – besig om ons huis klaar te maak na meer as 2 jaar se renovations, sodat ons dit kan verkoop en die pad kan vat New Zealand toe.

Ai…is julle nou ook op pad????

Ja jong, jy weet mos – die hele land trek of NZ toe of Aus toe, dis net die klomp in die Kaap wat vassteek. Ons doen dit maar vir die kinders. Ons ry nie eers met ons vensters af nie, die kinders weet ook hulle moet nie eers vra nie & deure altyd gesluit. Ons bly in tronke…”

Ek was hartseer na die gesprek.

26 Kommentaar leave one →
  1. Maart 2, 2009 11:53 nm

    Ja, ons in die Kaap is inderdaad nog gelukkig. Maar dis sad, so bitter sad dat ons opgesluit lewe – en dis meestal nie eens genoeg nie.

  2. Maart 3, 2009 1:16 vm

    Ons Gautengers bly in tronke. Dis inderdaad waar. Hoe sterker die tronk se tralies hoe groter die waarde van jou huis. Die huis wat ek so pas vir my gekoop het is ‘n tronk binne ‘n tronk binne ‘n tronk. Snaaks genoeg voel ek baie “bly” daaroor.

    Almal praat so van al die mense wat land verlaat. Min praat van al diegene wat weer druipstert terugkom.

  3. Maart 3, 2009 1:18 vm

    Dis presies hoe dit is “Ons bly in tronke” – selfs in tronk dorpies (sekuriteits dorpe). Alarms, elektriese heinings, kameras mens sou dink dis oorlog! En soos Carina sê, selfs dan is jy nie jou lewe seker nie!

    En hierdie goed kos ‘n “obsene amount of money” want behalwe vir die groot eenmalige uitgawe moet jy die “tracker-” en sekuriteits maatskappye se rekeninge ook nog maandeliks betaal.

  4. Maart 3, 2009 5:55 vm

    Ek het die ‘tronke’ gemaak, van Gordonsbaai tot in die Kaap en dit was tot en met 1996. Ek het oproepe in die middel van die nag gekry, van mense se plekke wat besteel was of mense wat aangeval is. Ek het ‘tronke’ gemaak in die ‘kleurling’ areas en in die ‘swart’ areas. Dit was ‘n goeie besigheid – ek het geld uit ‘crime’ gemaak. Hoe meer ‘crime’ hoe meer geld maak jy.

    Een oggend het ek mooi oor die ding gedink en gesien ek ‘bou’ eintlik papegaai hokke en partykeer ‘bou’ ek hokke binne ‘n hok. Soms moes ek ‘n hok op ‘n stoep bou of een in die tuin, sodat baba kon ‘buite’ speel en die ou mense op hulle ‘stoep’ kon sit.

    Dit is lekker om in ‘n land te bly waar daar geen papegaai hokke is nie – meeste mense, in my area, het nie eers sleutels vir hulle huise nie.

  5. Maart 3, 2009 5:59 vm

    Ai, dis so hartseer.
    Flippiefanus ek dink mens moenie diegene wat terugkeer met woorde soos ‘druipstert’ verneder nie. Ek kry die gevoel mense in SA besef nog nie wat ‘n slagting in die wereldekonomie plaasvind nie, en hoe moeilik dit skielik is om werk te kry nie. Die laaste iets wat sulke mense nodig het is om geetiketteer te word. Verwelkom hulle eerder want in SA kan hulle ‘n positiewe bydrae maak.

  6. Maart 3, 2009 7:18 vm

    Ai, moet toggie praat nie.

    Net verlede week by ons kantoor ingebreek, o.a. rekenaars gesteel. Alles kom tot ‘n stilstand en alles draai om die goed so gou moontlik vervang en weer in ‘n produktiewe toestand te kry. Dieselfde nag is by een van my vennote se huis (tronk binne ‘n tronk) ingebreek terwyl hulle gelê en slaap het. Gelukkig is hulle lewens oorgesien. Verlede maand is my ander vennoot helder oordag deur 4 gewapende rowers by hul huis oorval terwyl hulle saam vriende gebraai het. Hulle was almal erg verniel, maar hulle lewens was ook darem gespaar.

    Dit hoort nie so nie! Moet my nie verkeerd verstaan, ek weet enige lewe is meer kosbaar as enige besitting, maar waarom moet ons altyd maar net dankbaar wees dat hulle net met jou besittings weg is. Ons leef in die mooiste land, maar verseker ook in een van die siekste lande ter wêreld!

    Jinne, ek sukkel om my kop reg te kry… ek werk elke dag met die realiteit van die volgende:

    “Dr. Rudolph Zinn, ’n oudpolisielid en senior lektor aan Unisa se departement van misdaad en forensiese ondersoek, het gister gesê huisrowers is die een soort misdadiger wat ten alle koste uit jou huis gehou moet word.

    Zinn het navorsing oor huisrowers gedoen om misdaadintelligensie in te samel en om mense teen huisrowers te waarsku.

    Om huisrowers uit jou huis te hou, het Zinn gesê, moet mense die beste veiligheidsmaatreëls wat hulle kan bekostig, instel, seker maak inligting oor waardevolle items in die huis word nie aan misdadigers uitgelek nie en vir die polisie inligting oor misdadigers gee.

    Volgens Zinn pleeg sowat 77% van huisrowers net dié misdaad as hulle inligting van binne die huis het.

    Die inligting kom nie noodwendig net van huishulpe of tuiniers nie, maar ook mense wat onder vals voorwendsels die huise binnegaan.

    “Huisrowers is besonder gewelddadig,” het Zinn gesê. “Sowat 85% van hulle is bereid om eerder te vermoor as om beseer te word. Daarby het 30% van huisrowers al moord gepleeg.

    “Die minderheid van die misdadigers sal die vrou en kinders martel omdat hulle weet die man sal dan na hul pype dans. Andersins sal hulle die man dadelik skiet as waarskuwing vir die res van die gesin om saam te werk.”
    Zinn het gesê huisrowers soek geld en is gierig.

    Een huisrower het aan hom gesê hy kan meer geld in vyf minute maak as die meeste mense in ’n maand.

    Huisrowers pleeg gemiddeld 104 misdade in ’n tydperk van sewe en ’n half jaar voordat hulle vasgetrek word.

    Volgens Zinn het sowat 90% van die misdadigers se familie, uitgebreide familie, vriende en bure geweet hulle is by misdadige aktiwiteite betrokke, maar niemand sê iets daaroor nie. “Dit word ’n hele familie-aangeleentheid,” het Zinn gesê.

    “Daarby koop die gemeenskap die gesteelde goedere by die misdadigers vir ’n appel en ’n ei. Dis ’n bose kringloop.”

    Navorsing wat in Nederland gedoen is, het gewys dat 90% van straatrowers deur die publiek gearresteer word. “In Suid-Afrika arresteer die publiek nie die misdadigers nie,” het Zinn gesê. “Mense is nie bereid om betrokke te raak en die inligting deur te gee nie. Die waardestelsel van die gemeenskap moet verander en herstel.”

    • Volgens die polisie se jongste misdaadsyfers het huisrooftogte van April 2007 tot Maart 2008 landwyd met 13,5% toegeneem in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk ver-lede jaar.

    Ouderdom

    • Die gemiddelde ouderdom van huisrowers is tussen 19 en 26.

    • Die meeste kom uit gebroke huise.

    • Rowers wat jonger as 18 is wanneer hul misdaadloopbaan begin, is gewelddadiger.

    • Rowers wat hul skoolloopbaan voltooi het: 10%.

    • Bendes bestaan gewoonlik uit vier makkers.

    Wat help?

    • Lemmetjiesdraad is beter as elektriese heinings

    • Klein honde ín die huis

    • Bewegingsensors

    • Aktiewe straatpatrollies

    Polisie

    • “Huisrowers het geen ontsag vir die polisie nie.”

    • “Hulle dra nie eens maskers of handskoene nie.”

    • “Polisiëring is reaktief en fokus nie op misdaadintelligensie nie.”

    • “Onderhoude moet met gevonniste rowers gevoer word om hul optrede beter te verstaan.”

    Werkwyse

    • Teikens word meestal vir tot twee weke dopgehou om roetines en veiligheid te bepaal.

    • 77% slaan toe as hulle weet watter waardevolle goedere in die huis is.

    • “Die meeste slaan toe tussen die tyd wat mense tuiskom en slaaptyd, of vroegoggend. Dan is die alarms af.”

    Artikel:Beeld

  7. Maart 3, 2009 12:16 nm

    Dit is inderdaad hartseer. Al wat ek weet is dat dit nie saakmaak in hoe goei “tronk” jy bly nie, as hulle wil in sal hulle in. Dit het ek self ervaar! Hulle het tot die vermetelheid om vir jou te se hoeveel tyd hulle het om te doen wat hulle wil doen nadat die alarm afgegaan het.

    Dis die een dig wat my die ergste gevang het toe ek in SA gekuier het. Ek moes heeltyd oor my skouer loer en heeltyd gereed wees vir die ergste. Dis geen manier om te lewe nie. Mens het genoeg ander stres.

  8. kyker permalink
    Maart 3, 2009 2:24 nm

    Ek word yskoud elke keer wanneer ek lees of verneem hoe geliefdes en vriende deur misdaad in Suid Afrika geraak word.

    Ek dink daar is goeie raad in WnB se kommentaar vervat: In SA het ek ook twee klein honde gehad wat in die huis geslaap het. Toe daar een nag by ons ingebreek word, het die honde my kom wakker maak. Sonder hulle sou ek niks geweet het voor dit dalk te laat was om iets daaraan te doen nie.

    Dis ook baie waar dat skelms geneig is om ‘n huis te bespied voor hulle toeslaan: Voor elke inbraak by my kan ek onthou dat daar ‘n paar dae lank mense op die straathoek gesit het en die omgewing dopgehou het. Of daar was mense wat jou skielik gereeld met die interkom begin verpes het.

    Ek dink dis ‘n goeie ding om jou bure te leer ken sodat die hele buurt kan saamstaan om misdaad die hok te slaan. As daar twyfelagtige karakters in die straat ronddrentel, bel die bure en vertel hulle daarvan. By my in die buurt het ons ook seker gemaak dat ons as bure ooreenkom om mekaar te probeer help en om te kom ondersoek instel as iemand se alarm in die nag afgaan.

  9. amanda permalink
    Maart 3, 2009 3:08 nm

    Dis vir my altyd die slegste wanneer ek in SA gaan kuier – die tronke waarbinne mense bly en dat jy altyd op jou hoede moet wees. En so ;n leefwyse is stresvol: Wanneer ek terug land in die VSA dan kom ek agter hoe gespanne ek is agv van die onveiligheid in SA.

  10. Maart 3, 2009 3:41 nm

    Dis regtig so. Ek onthou drie jaar gelede toe ons die eerste keer Angola toe is. Ons het pas geland op O R Tambo en my oudste seun het gese: “Dis lekker om terug te wees – maar hou vas aan Ma se handsak.” In Angola pla dit my ‘n skielike geluid in die nag my nie, maar in SA laat dit my in ‘n koue sweet uitslaan.

    ‘n Nadeel van ons tronke binne tronke, is dat ons net op onsself gefokus is. Die buurman (in sy tronk) moet self opsnork. Dis eers as mens self deur misdaad geraak is, dat jy besef jy kan dit nie alleen doen nie. Jy het jou buurman nodig, en hy vir jou.

  11. Sammi permalink
    Maart 3, 2009 4:36 nm

    En dan reken Jeremy Clarkson ons oordryf😯 totdat HY permanent hier moet kom bly http://www.news24.com/News24/South_Africa/News/0,,2-7-1442_2478429,00.html

    Interessant dat ons eers die Kaap probeer voor ons aan of uitbeweeg, maar ek stem, dis absoluut onaanvaarbaar om so te moet “lewe”
    Wat my ook opval is dat jou vriend nogsteeds tipiese SA humor het – dit is darem besonders.

  12. Maart 3, 2009 9:42 nm

    Jy’t nie verniet nou die dag gesê die Kaap is ‘n plek op sy eie nie Bib! Ek het ook onlangs ondervind dat dit baie rustiger daar is en dat mense nie gepla is om hulle huise se deure gesluit te hou nie!

    Waar is die dae toe ons met vakansie gegaan het en al waaroor ons bekommerd was is of daar iemand is wat na die diere gaan omsien en of ons plante gereeld gaan water kry?!

  13. Maart 4, 2009 12:57 vm

    Alleman, die rede hoekom ek wel “druipstert kan se is omdat ek self in daardie groep is. Miskien dit nie altyd heeltemaal druipstert nie, maar dis tog ‘n terugkeer, wat ‘n verandering van ‘n vorige besluit impliseer.

    Een van die ironiese verskynsels is eintlik juis dat bure nou begin saamspan om seker te maak dat hulle veilig is teen die misdadigers.

  14. roer permalink
    Maart 4, 2009 1:08 vm

    Iemand het besluit om Sondag BEE shopping in my garage te doen en my ma is laas week geboelie deur ‘n taxi bestuurder. Net nog ‘n week in SA. Ek is verby gatvol.

  15. rianabrand permalink
    Maart 4, 2009 4:11 nm

    Ek dink ons stem almal saam en die hartseer dra ons almal in ons…wat my die hartseerste maak is die gelatenheid – die aanvaarding – die veggees van my mense is weg…dit is vir my die sadste. Lekker dag vir jou en bly skryf….

  16. Maart 5, 2009 3:59 vm

    Toe ons in PTA gebly het, het ek 2x per dag in Bloedstraat afgery, VdWalt regs en weer regs in Boom, links in Prinshofstraat, letterlik tussen daardie taxis en mens moes maar alles van hul verdra, want jy kom net tweede – 8 jaar – ons was gelukkig dat ons nooit in daardie omgewing beroof/aangeval was nie, ons het ook nie regtig in ‘n “tronk” gebly waar ons in die koshuis gebly het nie. Maar my familie is almal in tronke en jy’t allerhande ekstra uitgawes en elke keer kom “hulle” met nog meer slimstreke hoe hulle jou uitoorle en moet jy daarvoor weer voorsiening maak, helemal te slim. Hier waar ons nou bly, het almal huissleutels en het ons een buurman wat ‘n spaarsleutel van almal se huise het – omtrent 12 huise om hom en enige tyd kan hy deur die dag gaan kyk as daar “fout” is. Hy’s afgetree en heeldag tuis. Hier was al heelwat inbrake rondom ons, nou nie soos in elke dag van die week nie, maar wel, en ons bly nie eers in ‘n omgewing waar jy “probleme” sal verwag/kan verwag nie, baie nice mooi, stil omgewing. Dus, ek wil nie weet hoe lyk die inbrake in omgewings wat jy skollies kry nie, maar ek raai dat dit darem nog steeds minder sal wees as in SA, natuurlik. Natuurlik sit ons hierdie kant en glo/vertrou dat almal in SA elke nag veilig sal wees!!

  17. Maart 5, 2009 11:56 nm

    Alleman en FF: Ek het teenstrydige gevoelens oor die mense wat nou terugkeer na SA toe. Aan die eenkant voel ek ook dis “druipstert”, maar aan die anderkant is daar seker waarheid in wat Alleman se. Ek dink net nie SA het mense nodig wat nie lojaal is nie en dan maar weer die pad vat as die internasionale ekonomie die dag herstel.

    Mauritz: Jy’t ‘n nugtere en rasionele besluit geneem. Ek dink veral emigrasie, buiten vir die feit dat dit traumaties kan wees, is ‘n baie rasionele stap.

    WnB: Dankie vir die interessante artikel. Die gegewens is werkilk interessant. Kyker bied ook goeie raad aan. Ek wil net byvoeg:. Ek glo dat die plig is van mense wat in gevaargebiede woon om vir hulle ‘n vuurwapen aan te skaf. Ondanks die gesanik van GunFree South Africa en ander kabouters, weet ek van etlike gevalle waar ‘n wapen die verskil tussen lewe en dood beteken het. Deesdae word jy in elk geval doodgemaak, wapen of nie. Dus verbeter ‘n wapen jou kanse onmiddelik met 50%. Ek wil egter kwalifiseer deur te se dat jy slegs ‘n wapen moet aanskaf, as jy jouself baie vertroud gaan maak met die skietding, vir opleiding gaan en ook gereeld oefen. Bykomend hierby kan dit mense baat om vir persoonlike verdedigingskursusse te gaan en een of ander gevegskuns aan te leer.

    Kaalvoet: Ek dink dat mense wat nog nie self in sulke situasies was nie, nie werklike die trauma kan verstaan nie en daarom ook miskien onwetend daaroor is. Ek’s net bly jy het dit oorleef.🙂

    Sammi: Clarkson wys duidelik die verskil uit tussen die ervaring van ‘n vlugtige besoeker vs die van ‘n permanente inwoner van Johannesburg.

    Riana: Dis juis daardie aanvaarding wat so skrikwekkend is. Die mense pas aan by omstandighede (want hulle kan nie werklik anders nie), maar later besef hulle nie eers meer hoe abnormaal dit is nie.

    Nikita: Londen is ook nie meer wat dit so 10 jaar terug was nie. Maar daar bly ‘n enorme verkil tussen huisbrake en gewelddadige huisrowe. Mens kan nooit heeltemal misdaad ontspring nie, maar die gewelddadige aard van die misdaad in SA en die frekwensie daarvan is obseen.

    Mense wat sinspeel daarop dat mense die misdaadsituasie in SA “erger maak as wat dit is”, moet hulleself knyp. Maar ek is amper seker dat meeste van hierdie apologete nie in Gauteng woon nie en ook nog nooit deur gewelddadige misdaad (lees “moord en doodslag”) geaffekteer is nie. Laat my ook altyd dink aan Mbeki wat by tye geinsinueer het dat die VIGS-pandemie “nie so erg is as wat mense maak nie”.

  18. amanda permalink
    Maart 6, 2009 2:03 nm

    Geez, en amper word my skoonouers die naweek deel van die statistiek. Danksy hulle keffende klein brakkie is die roof betyds gestuit. En let wel, hulle bly nie in JHB nie maar in die Kalahari. Sug…nou het hulle alarms en so meer laat installeer. En ek en my dogterjie vlieg oor 2 weke soontoe vir ‘n kuier en dan moet ek vir haar verduidelik dat as die alarm aan is kan net sy in sekere zone’s beweeg anders gaan die alarm af.

  19. Maart 6, 2009 11:19 nm

    Ek wonder of ek ‘n idioot is maar ek bly glad nie in ‘n tronk nie, dit voel ook nie vir my so nie. Ek sluit die deur, maar ek doen dit in enige land waar ek is, oop deur is vir my creepy en ek hou van privaatheid.

    Ons het ‘n elektriese heining en hekke en dit is dit. As my lewe oor is dit oor. Maar die hel weet terwyl ek lewe gaan ek nie die hele tyd miserable wees nie.

    Ek is nie bang nie, en die minste van alles vir misdaad.

  20. Maart 6, 2009 11:54 nm

    Rosa, ek dink glad nie jy’s ‘n idioot nie!😉

    Ek is baie bly dat jy nie bang is nie en ook nie werklik geaffekteer voel deur misdaad nie. Ek weet nie waar jy woon nie, maar my een suster woon in Tulbagh en hulle het nie eers elektriese heinings of hekke nie! Dus maak dit altyd ‘n verskil waar jy woon. Daar is steeds baie plekke in SA wat nog nie so intens deur geweldsmisdaad geteister word nie (veral in die Kaap). Ons hoop dit bly so…

    I hope fortune will continue to favour you (regtig!), maar indien jy in Gauteng woon, wil ek jou tog maan om maar op jou hoede te bly (om op jou hoede te bly en vrees is nie dieselfde ding nie).

  21. Maart 7, 2009 1:41 vm

    hi Boertjie, – terloops, dis so lekker om “boertjie” vir iemand te se, ek hoop nie jy gee om nie!🙂 – ja, beslis kan mens nie statistieke met SA vergelyk nie, selfs nie eers met Johies alleen nie, ek dink slegs Johies s’n lyk erger as die hele UK, maar bygese, hierdie plek is ook maar net ‘n eiland, maar darem, London is nou wel dig bevolk (amper gebruik ek ‘n “ander” woord! Lol! …maar ek dink net Johannesburg alleen beat L. (sal interessant wees om te vergelyk). Wat erger raak is hierdie “street crime”…met messe/wapens. Waar jy voorheen net nou en dan gehoor het van ‘n geval, is dit sommer nou byna 2x per week. Verskil hier is ook, (hier gebeur so min in hierdie plek ..haha..) elke insident of ongelukkie (byna) is hoofnuus. Mens weet daarvan. In SA is dit so baie, jy weet nie eers daarvan nie, tensy jy mense ken wat daardeur geraak is. Saam met my het ‘n vroutjie skoolgehou wie se pa 2x presies dieselfde oorgekom het in minder as 2 maande… haar ouers woon op Brits. 4×4 betrokke. So kan ek aangaan. Die lysie is al redelik lank en vra ander mense, ek glo elke ou kan al amper ‘n boek vol skryf met als wat almal al oorgekom het. Selfs my sus-hulle het deurgeloop. (Pretoria)

  22. Maart 7, 2009 2:39 vm

    BiB : ek het na jou toe probeer ping, maar ek kry dit nie reg nie, ook nie om die link op die post lewendig te maak nie. Het iets ge-post

    Ek ken die misdaadsituasie maar te goed, ek besef die gevaar. Dit is nie dat ek nie geaffekteer voel nie, ek kan net nie daarvolgens lewe nie.

  23. Maart 7, 2009 3:06 vm

    Ek dink ek het myself nie goed uitgedruk nie, met “in SA weet jy nie daarvan nie”..ek meen daarmee jy hoor nie daarvan nie, jammer vir die taalgebruiks-fout wat ingesluip het! – kom ons se dit was ‘n “tikfout”🙂

  24. April 11, 2009 6:49 nm

    Hoe meer die tyd verby gaan en hoe meer ek van die groeiende misdaad lees en hoor, hoe meer besef ek dat dr Verwoerd tog reg was. Toe duisende wit plase destyds opgekoop is en aan die Swartmense in hul Tuislande gegee was, en hulle met raad en daad gehelp is om hulself te verbeter, kon ons sien hoe gelukkiger hulle geword het. Dit was die kommuniste van buite die land wat vanaf Kenia op pad na Suid-Afrika elke land verwoes en verarm het (en eers op ons grense gestuit is) dat ons ook vernietig sou wees. Maar die kommuniste het met hulle wereldwye propaganda en hulp van die kommuniste dat ons op ons kniee gedwins is. Daarna het die instroming, vermenging armoede en misdaad plaasgevind. Ek sal nooit my land verlaat nie maar smag tog terug na die dae waar daar goeie betrekkinge en vrede was tussen al die rasse -en – amper geen misdaad nie.

    Hou moed. Ons ou volkie moes erger tye deurmaak. Ons kan nie bekostig om ons jong mense te verloor nie. ‘n Baie belangrike faktor is om so ver as moontlik ons jong mense te bekwaam. Die owerhede begin noual besef dat hulle ons vaardighede nodig het.

Trackbacks

  1. Ek is jammer, ek was verkeerd. « Wosonki
  2. Indiwidualisme - dáárin lê die onderonsie : A Different View of Reality

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: