Skip to content

Wanneer is dit Mugabe se beurt?

Maart 4, 2009

Bravo vir die Internasionale Geregshof in Den Haag!

darfoer1

Hierdie uitspraak skep ‘n presedent waarmee ek kan saamleef, naamlik om ‘n lasbrief uit te reik vir ‘n sittende staatshoof wat hom/haarself skuldig maak aan menseregtevergrepe. Hoewel die vraag gevra kan word hoe prakties uitvoerbaar hierdie uitspraak is, is dit nietemin ‘n geweldige morele oorwinning vir die lydendes in Darfoer.

Advertisements
12 Kommentaar leave one →
  1. Maart 5, 2009 12:01 vm

    BiB: Ek dink ook die internasionale geregshof verdien ‘n klop op die skouer en ek wonder ook wanneer is dit Mugabe se beurt, maar verder hoe is dit prakties uitvoerbaar. Ek sal graag wil sien wat nou hierna gaan gebeur – sonder enige refleksie op die gebeure in Den Haag.

  2. Maart 5, 2009 4:54 vm

    BiB, met alle respek – is daar dan ‘n hof vir narre? Ernstig nou – hoe is dit dan dat Amerika wat so graag sy neus oral insteek, nog nie ‘n stokkie voor hierdie bobbejaan se streke kon steek nie? Of is daar nie genoeg voordeel wat hulle daaruit kan trek nie?

  3. Maart 5, 2009 2:20 nm

    Ek wonder ook of daar enige iets aan Mugabe gedoen sal word, want wie van die grootkoppe gaan iets wen? Dis maar net nog ‘n Afrikaland wat sy gat sien en het niks om enige iemand mee afte pers soos bv. Noord-Korea met sy kernwapens…

  4. Maart 5, 2009 3:38 nm

    Ag nee wat, ek twyfel of daar ooit iets aan ou mal bob gedoen sal word. Afrika het niks waarin Amerika (of die res van die wereld, for that matter) belangstel nie, en ook niks waarmee ons hulle kan dreig/bedreig nie. Dus, Afrika is mos maar sy eie probleem. Het oom Thabo’tjie nie juis laaaankal vir Bush gesê om Afrika uit te los want dis nie syne nie?

  5. Maart 6, 2009 12:14 vm

    Mens sou natuurlik die argument kan voer dat Soedan se oliereserwes en Sjina se strategiese verhouding met Al-Bashir die situasie in Darfoer meer prominensie verleen. Maar ek dink ook dat die proliferasie van internasionale drukgroepe, asook die betrokkenheid van prominente glanspersoonlikhede soos oa George Clooney, ‘n geweldige groot rol speel om die Darfoer-krisis onder mense se aandag te hou.
    In teenstelling vind mens nie werklik soveel invloedryke internasionale drukgroepe of enige glanspersoonlikhede wat die situasie in Zimbabwe onder mense se aandag bring nie. For crying out loud, selfs SADC en die AU kon nog nooit sover kom om Mugabe na regte te veroordeel nie!
    Persoonlik glo ek nie die Internasionale Geregshof sal ooit Mugabe veroordeel nie, maar selfs indien hulle sou, sal Suid-Afrika, SADC en die AU soos een man agter hom staan.

    Lyk my maar dis die storie van die lewe: sommiges kom met moord weg en andere nie…

  6. Maart 6, 2009 12:20 vm

    Ek dink jy som dit baie goed op, Bib. Wat ons kort, is nog glanspersoonlikhede wat die fokus op Mugabe plaas.

  7. VanDonk permalink
    Maart 6, 2009 2:38 vm

    Amerika se probleem met die internasionale hof se magtiging van lasbriewe vir arrestasie van o.a staatshoofde (of ander wat menseregte oortredings pleeg) is waarskynlik dat so’n getekende ooreenkoms die “soweriniteit van die VSA” se besluitnemingsmag oor hul eie burgers skaad. Teoreties sou dit dus moontlik wees om die Bushes, Clinton en ander voor hulle te arresteer vir menseregte vergrype wat betrekking het op hul optredes met krygsgevangenes uit o.a die midde oosterese oorloe, die balkan state ens ens. Dit is al vir amper 70 jaar duidelik dat die VSA enige plek sal inspring, en enige optrede sal volg, as daar vir hulle geld of watter potensiele voordeel ookal, in is. Hulle beskou hulself as die enigeste staat ter wereld wat beide skeidsregter en speler kan wees.

    Ek wonder of o.a China en Israel byvoorbeeld, die ooreenkoms geteken het.

  8. Maart 6, 2009 11:18 nm

    Emil, ek stem saam. Wie sal dit wees: Steve of Joost? 😆

    VanDonk, ek kan altyd op jou staatmaak vir ‘n nugtere opinie. Sekerlik waar wat jy van die VSA se. Ek gaan nou bietjie loer om te kyk wie lidlande is wat die IGH en hulle werkinge ondersteun.

  9. Maart 7, 2009 3:12 nm

    Kyk ek dink ook dis wonderlik dat daar ‘n hof is om hierdie leiers vir hulle dade te laat boet, maar ek kan nie help om te wonder hoekom daar net mooi niks gedoen word TERWYL dit gebeur nie. ‘n Horde mense moet eers gemoor word en daar moet massa mense slagtings plaasvind voor hierdie ouens moeilikheid kry. Die Eerste wereld lande (ek dink ek praat spesifiek van Amerika) oorreageer in sommige opsigte en draai bloot hulle koppe anderpad vir ander. As iemand dit regkry om Mugabe van sy troon af te skop (hy skrik baie duidelik nie vir sanksies nie) sal dit ‘n heuglike dag wees. Ek hou egter nie my asem op nie 🙂

  10. samboerou permalink
    Maart 9, 2009 3:17 vm

    VanDonk jy slaan die spyker op die kop,soos die Engelse se,”What is good for a goose,is good for a gander!”.Dink net waar die VSA sou gestaan het as die olie na hulle kant toe gekom het. Hoekom staan die hele Afrika bankvas agter Bob?

  11. Maart 11, 2009 8:06 vm

    Vreemd om jou so met ‘n skoon gesig te sien 😉

    Ek stem. Oom Robert kan gerus sy laaste paar jaar op aarde in ‘n sel deurbring. Dalk terwyl hy gedwing word om Steve Hofmeyr se musiek te luister.

  12. Maart 11, 2009 10:01 nm

    Ek stem geheel en al, die internasionale hof behoort daardie vervolgingsgesag te he, wanneer dat sulke oorweldigende getuienis is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: