Skip to content

Kaalvoetinikroeg

Maart 12, 2009

S7302033Ek het toe uitendelik Kaalvoetinireen se uitnodiging aanvaar, nadat sy my vriendelik (maar tog ferm…) genooi het om Busan se wynkroee te gaan verken. Ek het egter seker gemaak ek doen my huiswerk vooraf en was aangenaam verras om te vind dat daar ‘n stuk of twintig wynkroee versprei is oor die stad van Busan. Op die ou-end was dit toe ek wat vir Kaalvoet geneem het na ‘n wynkroeg in Haeundae (waar anders?), waar dit voorkom asof die meeste van Busan se wynkroee gelee is. Lukraak het my keuse geval op ‘n plek genaamd Aligote. Op die ou-end is die ontdekking toe ook dat hierdie spesifieke plek veel meer as net ‘n wynkroeg is. Hoewel daar ‘n klein kroeggedeelte is, is die plek meerendeels ‘n deftige restaurant met deftige kosse en nog deftiger pryse.

S7302031S7302023

Die wynlys is indrukwekkend, maar nie heeltemal so epogmakend soos die wynlys wat ek by S-Wine in Seoulteegekom het nie. Tog is dit ‘n lus om te bestudeer. Ons het verkies om op die boonste vlak te sit en was beindruk met die minimalistiese, maar tog warm, moderne dekor. Ek sou selfs die eetgedeelte as romanties beskryf…

S7302001S7302029

My idee was oorspronklik slegs om ‘n bottel uitsoekwyn saam met Kaalvoet te geniet, maar toe ons eers by die tafels sit, het ons die spyskaart so een kyk gegee, vir mekaar gekyk, en besluit om kos ook te bestel. Nadat ek deur die lywige wynlys is, besluit ek op ‘n Cote du Rhone Villages, omdat ek al so lankal smag na die interessante S7302000 kultivarkombinasies so eie aan die die Rhone streek. Maar soos die geluk dit wou he, is die bottel wat hulle vir my bring toe liederlik gekurk (dan vra mense nog vir my hoekom ek skroefdoppe verkies?). Ek stuur die bottel terug en moes toe ‘n paar woorde met die bestuurder van die restaurant besig om hom die situasie te verduidelik (ek hoop nie Kaalvoet het gedink ek’s sommer vol fiemies nie…). Hy’t self geruik en geproe en toe vir my gese dat ek maar ‘n alternatiewe keuse kan maak. Of hy egter kon optel dat die wyn gekurk was, dit weet ek nie – miskien was hy maar net beleefd. Met my tweede probeerslag, is my keuse toe Chateau Lagarosse 2004 van die Premieres Cotes de Bourdeaux streek (Hierdie streek op die regterbank van die Garonne-rivier produseer goeie wyne, maar gewoonlik nie in die klas van die ander, meer bekende streke in Bourdeaux nie). Die wyn was te verstane miskien nie in dieselfde liga as die St Emilion wat ek in Seoul geniet het nie, maar tog was die Merlot-gedomineerde versnit sag en vol finesse. Saam met die wonderlike murgsag biefstuk wat ons ge-eet het, was die wyn ‘n wenner.

S7302021S7302026

En so van die kos gepraat. Die vyfgangmaaltyd wat ons geniet het was uit die boonste rakke en vir my was die biefstuk die hoogtepunt. Kaalvoet het egter verskil en gedink die Tiramisu was die hoogtepunt. Oor die pryse van die kos en die bottel wyn sal ek maar eerder swyg. Hier in Korea is biefstuk by verre die duurste item wat jy kan bestel in ‘n restaurant en dit sit jou lag-lag die ekwivalent van in paar honderd Rand terug.

S7301990S7302004S7302010S7302014

Ek het ook ‘n paar dinge van Kaalvoet geleer gedurende die aand. Die eerste is dat sy (anders as ek) nie haar mond kan sit aan biefstuk wat halfgaar gaargemaak is nie. Sy het skoon haarself hoendervleis gegril, toe sy ‘n byna rou biefstuk kry, nadat sy dit goedgaar versoek het (hulle het die foutjie darem vinnig reggestel). Ek het ook geleer dat sy baie van nagereg hou en ek vermoed dis dikwels die hoogtepunt van haar maaltye. Ek was verder verheug dat sy ook ‘n goeie wyn kan waardeer en geniet. Voorts het sy beindruk met haar skerp intelligensie en haar lekker humorsin. Sy was werklik goeie geselskap!

NS: Ek wou graag ‘n paar steelfoto’s van Kaalvoet hier publiseer, maar teen druktyd kon ek nog nie daarin slaag om my regsverteenwoordiger se advies in te win nie. 😉

Advertisements
21 Kommentaar leave one →
  1. boendoe permalink
    Maart 12, 2009 12:32 vm

    Damn! Die bleddie regsverteenwoordigers is ook nooit daar as jy hul nodig het nie! Toemaar, volgende keer… 😉

    Dit klink of julle ‘n heerlike tydjie gehad het. Lekker om bloggers in die vlees te ontmoet? (Ek het nog nie daardie voorreg gehad nie.)

  2. George Maru permalink
    Maart 12, 2009 2:45 vm

    Nee Boer moet ons nie die details spaar nie. Dish the dirt! 🙂

  3. Wipneus! permalink
    Maart 12, 2009 4:45 vm

    Heita!!! 😆 Ek het mos vir jou gesê Kaalvoetjies is ‘n oulike girl!!! Uhmmm wanneer is julle volgende uitstappie?

    Ek kan sommer lees dit was ‘n uitstappie! 😛

  4. Maart 12, 2009 12:23 nm

    Whahahaha! Dit was baie lekker gewees en ja, my vleis moet gaar wees! Ek kon daai stukkie vleis nog hoor mooooo! Dis maar goed jy verklap nie die kostes nie, dis genoeg om enige een ‘n hartaanval te gee. Dit was lag-lag die duurste ete ooit en ek is seker ek sal nooit weer soveel betaal nie, wel dalk in Korea, maar nie in SA nie!

    NS: Jy’s nie vol fiemies, dis jou reg om wyn wat soos ‘n grot ruik en proe terug te stuur 😉

  5. Maart 12, 2009 5:36 nm

    Jittetjie tog hoe lus het ek nou vir ‘n wyntjie en ‘n steak….. HEEERLIK geskryf BIB! Ek is bly julle het julle ete geniet!

  6. Maart 12, 2009 7:16 nm

    Klink na ‘n lekker gesellige besigheid, koste ten spyt. Oor daai steelfoto’s, maak soos die huilgenoot en rapport, publiseer eers en vra toestemming/verskoning later 😉

  7. Maart 12, 2009 8:20 nm

    Hy hoef nie vir toestemming te vra nie, want hy weet wat my antwoord en die gevolge sal wees Jaco! 😈

  8. Roer permalink
    Maart 12, 2009 8:49 nm

    Enige vrou wat haar sout werd is, sal Tiramisu kies bo enige van die ander geregte. Ek is so trots op Kaalvoet. Daar is nou vir jou ‘n WARE vrou. (Het sy oppad uit getrip? 😆 )

  9. Maart 12, 2009 10:03 nm

    Dankie vir daai een Roer en nie waarvan ek kan onthou nie! Jy weet, ek tel nou nie elke slag wat ek grond koop nie 😉

  10. Maart 12, 2009 10:37 nm

    George, Jaco…ek het dan gese ek kon nie my regsverteenwoordiger in die hande kry nie. 🙂 Buitendien dink ek nie Kaalvoet is een van daai mense wat ek as vyand wil he nie. Ek dink sy sorteer enigiemand sommer vinnig uit! 🙄

    Roer, ons het darem regtig nou nie so baie wyn gedrink nie. 😉

  11. Maart 12, 2009 10:43 nm

    😆 be afraid, be very afraid… 😈
    Roer kan jou vertel dat ek nie wyn nodig het om te trip nie 😉

  12. Maart 13, 2009 6:37 nm

    Ai, hoe lus is ek nou vir ‘n lekker steak… :mrgreen:

  13. Maart 13, 2009 7:37 nm

    Man, jy kan lekka skryf oor wyn. Ek dink jy moet ‘n wyn ding begin en elke wyntjie so van kop na gatkant ondersoek, bevoel en beskryf. Ek sal lekker lees hier.

  14. Zet permalink
    Maart 13, 2009 10:02 nm

    Hey da ja nee ons is bederf wat goeie ou rump steak betref in suid afriki geniet jou blog baaie doe zo voort

  15. Maart 14, 2009 6:06 nm

    *me maak keel skoon*

    Bly om te hoor julle het toe die kuiertjie ingeruim gekry en dit baie geniet. Net jammer dat die steelfoto’s nou nie gepubliseer kan word nie… 🙂

  16. Maart 14, 2009 8:11 nm

    Ek het ‘n heilige vrees vir vroue. Het al laaaankal geleer dat vrouens baie mooier, ouliker en vroueliker is as hulle nie kwaad is nie. 🙂

    Dankie, Mauritz. Ek probeer gereeld oor wyn skryf. Gaan kyk na my argiewe – daar’s ‘n hele paar wynbeoordelings. Bygese, ek drink ook baie wyne wat nie die moeite werd is om oor (huis toe) te skryf nie.

    Welkom, Zet! Vanwaar gehasie?

  17. Maart 14, 2009 8:26 nm

    Baie waar Boertjie! 😆 Maar dan is daar ook al vir my op meer as een geleentheid gesê ek is mooi as ek kwaad is en dit het my net nog kwater gemaak! 😆

  18. Maart 14, 2009 10:09 nm

    Dis goed as ‘n man bang is, dan weet mens ten minste hy sal nie met jou mors nie 😉 As jy my nie rede gee om kwaad te word nie is jy mos veilig!

  19. Maart 15, 2009 4:32 vm

    Dis amper soos Jaco sê man, dis makliker om agterna om verskoning te vra as toestemming vooraf! Plaas net die foto’s!

  20. Windhoek permalink
    Maart 15, 2009 6:30 nm

    Namibie se wyn issie beste!

    Help my hie asb.

    Goeie more ek vra asb help my vrind “ Die Brein” hie is die link. http://die-werf.co.za/?p=2266#comments

    Geniet jou Sondag.

  21. Maart 16, 2009 4:08 nm

    Raak ek darem nou lus om weer in die Ooste te gaan baljaar. Nie dat Korea seker volkome onder die titel “Ooste” sou val nie – die skrywe laat my terugdink aan my ervaringe in Shanghai. En kan die smake in my mond nog proe, en die stadsgeure aan my klere reuk.

    Ek wil net sê, Bib en Kir, ek is lekker jaloers op hierdie ervaring van julle. Dalk net omdat Bib dit so liries en leefsaam met sy byvoeglike naamwoorde laat klink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: