Skip to content

Suid-Afrikaanse buitelandse “beleid” bereik ‘n nuwe laagtepunt

Maart 23, 2009

dalai

“The Tibetan spiritual leader and Nobel Laureate did not receive a visa because it was not in South Africa’s interest for him to attend, said Thabo Masebe.”

“The peace conference was billed as an opportunity to showcase South Africa’s role as a human-rights champion ahead of its hosting of soccer’s World Cup next year.”

“Fellow laureate Desmond Tutu said he would boycott the event because the Dalai Lama was refused a visa.”

20 Kommentaar leave one →
  1. Maart 23, 2009 10:42 nm

    Toe ek dit vanoggend lees toe vererg ek my sommer. Tipies. China het seker baie geld belowe op die voorwaarde dat die Dalai Lama nie uitgenooi word nie. Dit is nou maar ‘n feit dat geld praat harder as die gewete in Afrika.

  2. Maart 23, 2009 10:43 nm

    Ek dink dis pateties en die verskonings wat hulle aanvoer vir die besluit is ongegrond en belaglik!

  3. Sammi permalink
    Maart 24, 2009 2:19 vm

    En ek onthou ook ons was te besig ‘n jaar of twee terug toe Obama hier was!
    Ek dink Rustig raak aan die waarheid😕 maar dan weereens laat ons nie vergeet ou Zuma vertel nou die kerk staan agter die ANC nie. Liewe Vader, hierdie mense se arrogansie is eindeloos.

  4. Maart 24, 2009 3:44 vm

    Waartoe hierdie mense alles in staat is. Elke keer nes jy dink, nou’t ek alles gesien…

  5. Maart 24, 2009 4:56 nm

    Dit verbaas my gladnie. Niks wat die ANC regering doen verbaas my meer nie.

  6. Maart 24, 2009 7:45 nm

    Absoluut verregaande! En dit nogals vir ‘n vredekonferensie. ‘n Meer vredeliewende mens kan mens seker nie vind nie!

  7. Maart 24, 2009 8:02 nm

    Soos Emil ook in sy post opmerk – China was slim om BAIE geld in Afrika in te pomp. Het al hierdie Afrika-lande gedink dit was net goedgewiglik? China gaan begin “incash”. Ons gaan een van dei dae nie ver hoef te reis om Chinese kolonies net Noord van ons te vind nie…😆 China is juis te klein vir al sy mense!

  8. Maart 24, 2009 9:40 nm

    Wat my nogal omkrap van die situasie is dat hulle wragtag ons intelligensie onderskat…dink hulle ons is SO stupid dat ons gaan glo dat Dalai Lama die fokus van flippen sokker gaan aflei…dan moes hulle dit mos ‘n sokker konvensie genoem het – al die vredespraatjies sal “ongewenste” elemente lok – tsk tsk tsk. Skaam (alweer) vir my land.

  9. Maart 24, 2009 10:08 nm

    Ek kan maar net al bogenoemde kommentaar beaam. Die dubbele standaarde is skreiend! Ek wonder of die regering ook vir Omar Al-Bashir ‘n visum sal weier, of Kim Jung-il? 0ns weet reeds Mugabe word nie ‘n visum geweier nie. En dan onthou ek ook hoe hulle in die VN Veiligheidsraad geweier het om teen Burma (Mianmar) se junta te stem. Aan jou vriende sal jy geken word. Die regering moet maar begin gesig skoonmaak, want dit gaan ‘n tydjie neem om al hierdie eier van hulle gesig af te kry. Wat ‘n skandalige openbare betrekkinge-fiasko!

  10. Mary Jane permalink
    Maart 24, 2009 10:55 nm

    Ek dink jy vat dit goed saam – aan jou vriende sal jy geken word… Respek vir Tutu en ek sien De Klerk het ook nou onttrek. My hoop dat Afrika eendag nie meer “tipies” Afrika sal wees nie, krimp by die dag.

  11. Maart 24, 2009 11:29 nm

    Dis vir my net vreemd dat na al die ervarings van onderdrukking en kolonialisme, ‘n land soos Suid-Afrika wraggies so gou bereid is om weer knie te buig voor ‘n vreemde moondheid…

  12. afrikola permalink
    Maart 25, 2009 12:25 vm

    Dit is n absoluut tragies dat dit so ver gekom het.Ek onthou nog die dag goed toe ek die Dalai Lama in Kirstenbosch op amfiteater se vehoog gesien het kort na n donderstorm.Die son het uitgekom kort na n donderbui en n dubbelle reenboog het die vehoog omring.n Great oomblik met n great man!

  13. Maart 25, 2009 5:10 vm

    http://www.motorauthority.com/south-africas-first-supercar-is-the-new-barnard.html
    Boer, jammer, ek het nie tyd om jou kar-link te soek nie, kyk bietjie hier, het jy gesien?🙂

  14. Maart 25, 2009 6:10 nm

    Skande….. ‘n Vieslike skande… Maar wat verwag jy as die president van die ANC soveel energie en geld moet spandeer net om sy boude uit die tronk uit te hou….

  15. Maart 26, 2009 11:28 nm

    Hy is nou nie ‘n christen nie😉 . . . maar ja, dit is baie tragies vir SA in terme van waar ons met menseregte staan.

  16. Maart 26, 2009 11:53 nm

    Baie dankie vir die skakel, Nikita! Indrukwekkend! Twee dinge val op: die motor kom van Bloemfontein en die man agter die projek se naam is Chris Barnard (wonder watter hart klop in daardie groot enjin?)

  17. Maart 27, 2009 3:21 vm

    Dis ‘n plesier ou boertjie! – amper se ek “dier”🙂 ek het gedink jy sal daarvan hou en ek het presies dieselfde gedink toe ek die naam/van sien, maar Dr B was van Beaufort-Wes, as my kop my nie gelos het nie, maar dit begin ook met ‘n “B”🙂 as jy belangstel in ‘n video van die Saffas wat Iraq-soldate oplei, sien my blogbladsy-link “seeing is..” nogal iets om te sien.:)

  18. Alta permalink
    Maart 27, 2009 10:39 nm

    Ek is ook glad nie verbaas nie.

  19. Sammi permalink
    Maart 28, 2009 4:31 vm

    En die saga gaan nog aan – nou het Tutu Trevor aangevat! Interessant hoe die ANC se ysterkombers meer opsigtelik word- en hoe meer die man in die straat begin verstaan!
    Dankie Boer, vir my foto!!

  20. Junie 15, 2009 9:18 vm

    Ongelukkig verbaas dit my ook nie meer nie… Wat kan ek sê behalwe om in herhaling te val? ANC is mos kommuniste… nes Sjina. Dit verklaar seker alles?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: