Skip to content

lekker is maar net ‘n vakansie lank…

Mei 19, 2009

Ek was bevoorreg om onlangs vir ‘n aansienlike tydjie op vakansie te gaan en Suid-Afrika te besoek (met spesifieke klem op die Wes-Kaap). Soos altyd was dit ‘n hoogtepunt om my geliefdes te sien en die land se lekker kosse en ongelooflike wyne te geniet. Ek het dus ook ‘n volle 5kg meer teruggebring Korea toe, as waarmee ek hier weg is. Hopelik sal my Koreaanse dieet van seegras, rys en kimchi spoedig my figuur weer die aanskyn van aerodinamika gee. Hier dan nou ‘n mosaiek van die bakens op my vakansiepad wat in geheel die verhaal vertel van ‘n baie lekker ervaring.

moasiek

Uit die aard van die saak is daar net te veel goeie wyne in Suid-Afrika om naastenby alles te probeer, maar – met die vriendelike samewerking van my lewer – het ek werklik my bes gedoen. Uit die klompie wyne wat ek probeer het, het die volgende my baie beindruk en sal ek dit met ‘n oortuigde hart aanbeveel:

* Groot Constantia Gouverneur’s Reserve 2006 (Constantia). Cabernet Sauvignon, Cabernet Franc, Merlot en Malbec. ‘n Sublieme Bourdeaux-styl versnit wat die prys vir hierdie wyn oor-en-oor regverdig.

* Stellenzicht Golden Triangle Shiraz 2005 (Stellenbosch). Een van die mees tipiese en outentieke Shiraz-wyne tans te koop in die Kaap.

* Paul Cluver The Elgin Blend 2005 (Elgin). Cabernet Sauvignon, Merlot en Shiraz. ‘n Elegante koue-klimaat versnit vol van verleidelike finesse.

* Uitkyk Carlonet 2005 (Simonsberg) Cabernet Sauvignon. Die Carlonet-legende leef voort. Pragtige balans en elegansie.

* Anura Sauvignon Blanc 2007 (Simonsberg). ‘n Sauvignon wat toon dat goedgemaakte Sauvignons die beste is na ten minste twee jaar in die bottel.

* Danie de Wet Limestone Hill Chardonnay 2006 (Robertson). ‘n Wonderlike voorbeeld van hoe intens en smaaklik ‘n ongehoute Chardonnay werklik kan wees.

* Strandveld Vineyards First Sighting Sauvignon Blanc 2008 (Elim). ‘n Sauvignon wat weer eens bewys dat hierdie kultivar, wanneer in koel Elim verbou, selde sy gelyke ken.

* Fleur du Cap Unfiltered Chardonnay 2007 (Kusstreek). ‘n Aanduiding dat Fleur du Cap sekerlik die mees onderskatte handelsmerk in die wynmark is. ‘n Wonderlik gebalanseerde Chardonnay met hope karakter.

29 Kommentaar leave one →
  1. René permalink
    Mei 19, 2009 8:19 nm

    So buiten eet en drink, wat het jy nog als gedoen? Of was daar nie juis tyd vir enige iets anders nie??😉

    • Mei 20, 2009 11:30 nm

      Jy weet mos maar my klem is op die eet en drink, want wat doen mens nou anders saam met mense wat jy lanklaas gesien het?😉 Het darem ‘n vissie ook gevang.

  2. Mei 20, 2009 3:18 vm

    Hallo Boer, welkom terug op jou blokkie, sien uit na jou volgende inskrywings!

    En dankie vir die wynlysie, ek sal bietjie kyk wat daarvan ek hier by ons kan opspoor.

  3. Mei 20, 2009 4:05 vm

    Dis eintlik half teleurstellend dat jy nie ‘n poging aangewend het om … wel laat dit daar😉

    Skitterende wyne, maat. Skitterend. Ek hoop Danie de Wet het jou behoorlik onthaal!! En dat die ander Emil(e) by Anura jou behoorlik bederf het met sy staaltjies uit Bavaria! Ek hoop ook werklik jy het die Carpaccio daar probeer, as voorgereg!

    En dit is ‘n riem om die hart om te sien jy hou van Diemersgontein se Pinotage😉

    • Mei 20, 2009 11:33 nm

      Volgende keer, Emil, volgende keer…

      NS: Ek moet bieg, ek hou nie eintlik van Diemersfontein Pinotage nie, maar die bottel was eendag op die tafel, toe drink ek hom ook maar.

  4. Mei 20, 2009 4:21 vm

    Ek hoop jy het jou kuiertjie sommer vreeslik baie geniet!

    Kuddo’s vir jou op die Stellenzicht en Fairview! Ek hoop jy het Fairview se Olyfolie ook probeer. Dit is regtig iets besonders (naas hulle kase ook nou).

  5. Mei 20, 2009 8:04 vm

    Welkom terug, Bib! Hoe het jy die ou tuisland ervaar? 😉

  6. Mei 20, 2009 2:06 nm

    Diemersfontein se Pinotage is baie lekker…

    Met al die eet en drink kan ek nie dink jy’t net 5kg ekstra teruggebring nie😉

    Dis altyd lekker om bietjie huistoe te gaan, maar dis net so lekker om terug te wees ook, of is dit net ek?

    Ek sien uit na jou skrywes en dalk kan ons weer ‘n wynkroeg iewers inwerk😉

    • Mei 20, 2009 11:36 nm

      Kaalvoet, soos ek gebieg het, Diemersfontein is nie werklik een van my gunstelinge nie.😦
      Is lekker om weer terug te wees in die bekende vreemde. Ek’s reg vir nog ‘n kaalvoetinikroeg-ervaring. Busan, hier kom ons!
      BTW, ek het eintlik 7kg ekstra teruggebring, maar twee daarvan was in my tas versteek.😉

      • Mei 21, 2009 8:12 nm

        Hahaha! Het jy nie ook bietjie gesweet (oor daai ekstra 2kg’s)op die lughawe met al die mense wat tasse moet uitpak nie? OF was jy gelukkig genoeg om dit vry te spring?

      • Mei 22, 2009 1:42 vm

        …en het ek nie gesweet nie!

    • Mei 24, 2009 6:33 nm

      Yes, julle tweetjies kan gerus weer ‘n wyn kroeg inwerk!! 😉

      Welkom terug Bib!

  7. Mei 20, 2009 7:40 nm

    Ek gaan met vankansie in dieselfde area in Julie.

    Snaaks genoeg, ek was ‘n agri analis vir die Boland vir ABSA en het baie van die boere gehad as kliente. Kersfees het ek bokse wyn gekry. Ai, die goeie ou dae…🙂

  8. Mei 20, 2009 11:38 nm

    Spear, lyk my jy hou van wintervakansies, wanneer jy ‘n paar stompies op die kaggelvuur kan gooi, so te midde die gurende weer.

  9. Mei 21, 2009 12:05 vm

    Ek is obviously nie jou geliefde nie, want ek het niks van jou gesien nie.

  10. Mei 21, 2009 7:51 vm

    Ek het hier ‘n SA wyn as geskenk gekry sowat 2 weke gelede: Kumala/Pinotage Cinsault…Wes-Kaap…’n rooie (my gunsteling wyn is rooi wyn..) en hy’s nogal heerlik, gewonder of jy hom ken. Ek hou van die akkedis-ontwerk op die label, baie kreatief en oulik.
    Jy maak my sommer baie jaloers met die wete dat jy daar was! Foto’s!! en ek’s weer terug op die skaak”-golflyn”..as jy weer wil speel.

    • Mei 22, 2009 1:37 vm

      Die Suid-Afrikaanse Kumala-handelsmerk word besit deur die Amerikaanse matskappy, Constellation, wat die grootste wynmaatskappy in die wereld is. Dit word spesifiek vir uitvoer geproduseer en is tans SA se suksesvolste wyn in die Britse mark. Ek ken nie die spesifieke wyn wat jy noem nie, maar het al van hulle geproe wat maar effe dun om die lyf was. Maar ek’s bly jy’t hom geniet – die beste wyn is immers altyd die wyn in jou glas!🙂

      • Mei 22, 2009 4:36 vm

        hi boer, ek verkies die wyn wat “dun om die lyf is”, ek kyk net vir ‘n glas wyn, dan’s ek dronk!! lol!

  11. amanda permalink
    Mei 21, 2009 2:09 nm

    piesang – ek dink BiB was bang jy gee vir hom een van jou gehekelde mussies persent!

    • Mei 22, 2009 1:39 vm

      Ek het nie geweet hy deel gehekelde mussies uit nie.😯 In daardie geval sien ek jou volgende keer definitief, PV!

  12. Mei 21, 2009 10:41 nm

    LOL…ete in ‘n bottel, as jy my vra.Iemand kry nie in Korea goeie en/of bekostigbare wyn nie. Jammer man.

    • Mei 21, 2009 10:51 nm

      Baie goeie wyne Rosa, maar eish, die prys!!! Glo my, as daar ‘n special aan is stok ons op!

      • Mei 22, 2009 1:40 vm

        Ete in ‘n bottel is so lekker en laat jou vinnig vergeet dat jy eintlik honger was!🙂
        Dis soos Kaalvoet se. Die verskeidenheid is ook maar baie eina as jy nie in een van die groot stede woon nie.

  13. Julie 1, 2009 12:13 nm

    Fleur Du Cap Unfiltered? Klink interesant. Ek kry heelwat Fleur Du Cap hier naby my. Sal rondkyk veral as jy dit aanbeveel. Oor die ander wyne wat jy noem sal ek maar net kwyl.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: