Skip to content

die berg wat die gespartel effe ligter maak

Junie 17, 2009

Ek het ‘n ruk terug besluit dat Namsan net die regte medisyne is vir daardie ekstra paar kilo’s wat ek vanaf Suid-Afrika saamkarwei het terug Ooste toe. Dit was my plan om die berg te stap voor die volheid van die somer-humiditeit toeslaan, want ‘n masochis is ek nou ook nie. Dus het ek vroeg op ‘n bewolkte Saterdagoggend hierdie historiese berg suid van Gyeongju (my tuisstad, vir die wat nie weet nie) aangedurf, opsoek na nog eeu-oue Boeddhistiese kultuurskatte.

S7300998

Die sagte misreen het gelukkig gou gewyk en dit was die perfekte dag vir hierdie tipe oefening, maar weliswaar nie sulke goeie weer vir foto’s nie. Daar is duidelike waarskuwings teen slange, maar ongelukkig was ek nie so bevoorreg om een van hierdie pragtige pootlose reptiele raak te loop nie.

S7300995S7300993S7301029

By ‘n vorige geleentheid het ek die Samneunggok-vallei gestap. Hierdie keer het ek besluit om die pagoda van Yongjangsa op te spoor. Die pagoda staan op die plek waar historici vermoed die Yongjangsa tempel eeue terug was. Die pagoda is ‘n bekende landmerk in Namsan en maak ‘n legkaartprentjie waar dit fier en regop troon, steeds in een stuk na eeue. Dit is ongeveer 4.5 m hoog en is vermoedelik tussen die jare 700 en 900 gebou.

S7301001

‘n Entjie ondertoe met ‘n baie klipperige paadjie en met die hulp van ‘n klimtou hier en daar, tref mens ‘n interessante Boeddha-beeld aan op ‘n rondeklip-voetstuk – ‘n vorm wat nie dikwels gesien word nie. Die beeld is die van ‘n Maitreya (toekomstige) Boeddha en dit word gedateer na die begin van die 8ste eeu.

S7301015S7301012

Hoe presies die Boeddha sy kop verloor het, weet niemand nie, maar daar word bespiegel dat dit moontlik die werk kon wees van ekstreme Neo-Confucianiste tydens die Joseon -dinastie (1392-1910). Naas die beeld is daar ook ‘n relief in rots waar menige stappers hulle munte los met die hoop op goeie geluk.

S7301027

Vir ‘n wyle het ek vir ‘n lafenis gestop by die pawiljoen bo-op die berg en toe die lang paadjie afwaarts gevat. Aan die voet van die berg het ek afgekom op Koning Ilseong se heuwelgraf. Ilseong was die 7de koning van die Silla-dinastie (57-935vC) en het geheers in die jare tussen 134 en 154. Hy word onthou vir sy bydrae om landbou binne die koninkryk uit te brei. Tydens sy heerskappy het hy ook die bestaande klassestruktuur van die samelewing versterk deur die dra van juwele gemaak van goud, silwer, perels of jade deur nie-adellikes, te verbied.

S7301031

Behalwe vir die goeie oefening, is die hierdie berg altyd net wat ek nodig het om bietjie perspektief te kry. Die somergroen woude, inseklewe, voels, vergesigte en die soet smaak van helder bergwater kombineer as ‘n onvervangbare tonikum om die gewoonheid van die alledaagse gespartel effe ligter te maak.

 

Advertisements
5 Kommentaar leave one →
  1. Junie 18, 2009 12:52 vm

    Ek het al baie by jou geleer oor die land,weereens ‘n goeie inskrwying

  2. Junie 18, 2009 2:57 vm

    Pragtige berglandskap! Jou laaste samevattende sin laat my wens dat die winter sommer vinnig verby sal gaan!

  3. rianabrand permalink
    Junie 21, 2009 3:13 nm

    Mooi inskrywing – in my gedagtes stap ek saam! Lekker week vir jou!. Groete uit Friesland. Riana

  4. Junie 24, 2009 12:35 vm

    Sjoe! Dit lyk mooi! Daardie uitsig. Die plantegroei verraai ook die reenval daar, of is ek verkeerd?

  5. Junie 24, 2009 10:33 vm

    Dit is inderdaad ‘n wonderlike roete om te stap indien die weer dit toelaat. Niks soos die natuur om jou batterye te herlaai 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: