Skip to content

Kambae!

Julie 29, 2009

S7305791Gomchi en bykosseS7300674Gamchatang

Vir my bly vreemde lande se unieke disse altyd ‘n avontuur. Maar ook nooit anders nie, want ek is van kleins af ‘n smulpaap wat seker meer waarde heg aan dit wat by my mond ingaan as die gemiddelde man op straat. Hoe langer mens egter in ‘n ander land woon, hoe meer raak mens gewoond aan dit wat eens vreemd was. Dit raak naderhand ‘n uitdaging om nuwe disse, of ten minste variasies op die tema te vind. Maar ek volhard en so nou en dan is daar iets nuuts wat lekker is.

S7300546

Neem nou byvoorbeeld galbijim. Saggestoomde beesribbetjie in sojasous met aartappels, sampioene, sesamesaad en genoeg knoffel om Dracula vir die volgende paar jaar te laat hardloop. Daarmee saam die gebruiklike rys, kimchi, agurkies, lekker warm rissies en…nog knoffel. ‘n Heerlike Sondagmiddag-ete. Hoekom het ek dit nie voorheen probeer nie? Ek weet self nie…

Basot bulgogi 2Basot bulgogi3

Dan is daar basatbulgogi (direk vertaal: sampioen-gebraaide vleis). Die sagste stukke beesvleis word saam met ‘n verskeidenheid van sampioene, speserye en dun patatnoedels gaar gemaak. Die bykosse (afhangend van restaurant) sluit oa in gebraaide sojabone en kelp. Baie aangenaam, veral as jy sampioene so baie geniet soos ek.

Jambong

Jampong is ‘n vurige en gewilde dis vol rissiepeper, net reg vir die winter. Mens kan dit sekerlik beskryf as ‘n seekospotjie, met garnale, stukkies pylinkvis (squid), klein gaapskulpe (clams), verskillende groentes, sesamesaad en baie uie.

S7300397

En net nou die dag stap ek hier in die middedorp rond waar ek woon en ontdek ‘n oulike restaurant wat Koreaans-Japannese fusie-kos bedien. My bord was heerlik en billik. Dit het oa udong ingesluit – ‘n Koreaanse variasie van die Japannese udon – bestaande uit lekker dik graannoedels, gedroogde seegras, stukkies geperste visdeeg en fyngesnyde spriet-uie in ‘n soja-gegeurde soppie. Daarbenewens was die res van die bord se inhoud baie smaaklik en veral die sushi was regtig vars en geurig.

S7305795

Natuurlik geniet ek ook steeds my ou gunstelinge en in hierdie warm somer, eet ek gereeld naengmyun. Om die waarheid te se, so gereeld dat ek dit al tuis maak. Esteties gesproke nou nie heeltemal so aantreklik soos die wat jy in die restaurant bestel nie, maar volgens my oorwoe mening, net so lekker!

Ek weet kos is vir baie mense nou nie noodwendig die hoogtepunt van hulle dag nie, maar my bietjie raad aan almal: lekker en unieke kos (en wyn!) maak die lewe draagliker, interessanter, avontuurliker en vol kleur. Party mense wil Everest uitklim, ander ry met hulle fiets deur Afrika of deurkruis Antarktika. Maar meeste van my avonture beleef ek aan tafel, op ‘n bord of in ‘n glas.

Kambae!

(oftewel: geniet dit!)

S7305791Gomchi en bykosseS7300674Gamchatang

Advertisements
16 Kommentaar leave one →
  1. Julie 29, 2009 2:30 vm

    Cheers op die Wyn!!!!

    Nou hierdie disse lyk nie te onaards nie en klink eintlik vrek lekker!

  2. Julie 29, 2009 3:09 vm

    Eish, Bib. Met alle respek, ek ry eerder met ‘n fiets deur Afrika as om party van jou avonture te eet. 😆

  3. Julie 29, 2009 3:10 vm

    (Ek skeur myself vir hierdie Afrikaanse WordPress. “boendoe het gese”) 😯

  4. Julie 29, 2009 12:18 nm

    Galbijim is so flippen lekker en ek het dit ook eers onlangs ontdek!

  5. rianabrand permalink
    Julie 29, 2009 7:44 nm

    Heerlik! Geniet dit – ek eet saam deur net na die foto’s te kyk…en ek stem saam ek eet liewers voordat ek aan enige beweging gaan deel neem.

  6. Julie 30, 2009 1:38 vm

    My mond water, pragtige fotos

  7. Julie 30, 2009 2:42 vm

    Wat vir my so lekker is van Oosters eet is die baie verskillende bykosse en die klein porsies van alles. En gewoonlik komplimenteer die verskeie disse mekaar baie goed. Damn, maak my sommer honger.

  8. Julie 30, 2009 11:54 nm

    bluegrass…ek dink jy som dit goed op! Maar julle is mos “spoilt for choice” as dit by Oosterse kosse kom daar waar jy jouself bevind, nie waar nie?

    • Augustus 13, 2009 11:05 vm

      Nogal Ja. Nie ver van my af nie is 3 or 4 Japanese restaurante. Chinese eet plekke is volop (maar meestal ver-Amerikaans) and ‘n paar Thai ook (was nog nie daar nie maar hoor hulle is baie goed.) Moet dalk binnekort ‘n draai in Japan gaan maak en dan sal ek week die ware jokob eet.

  9. Julie 31, 2009 3:36 vm

    Maar ek dog jy’t een of ander tyd iets gesê van kilogramme wat in Suid-Afrika opgetel is? Gelukkig lyk die kos daar minder sondig as dit waarmee ons ons proeknoppies hier mee vermaak.

  10. Julie 31, 2009 8:41 nm

    Uitgevang! 😳

  11. Julie 31, 2009 10:00 nm

    Ai, die lewe van ‘n arm London bewoner. Hoe mis ek nou ma se kos by die huis,,,

  12. Augustus 1, 2009 10:13 nm

    Yuck!

  13. Augustus 2, 2009 6:52 nm

    Oe! die kos lyk Yum! maar geen rou vis vir my nie, daardie eerste foto- galbijim- sal ek kies, dankie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: