Skip to content

Patrone van Japan

Augustus 10, 2009
tags:

jigsaw9fd81cadda5d0ade38eb2a0ea05d0c7f448d3437jigsaw41e8a3937348a96d9d2c13cf43ac6360ed5db222

Japan was inderdaad, soos soveel vreemde plekke waar mens die eerste keer voet neersit, ‘n sensoriese oorrompeling. My oog het veral die fassinerende kleure en patrone van Japan vasgevang.

jigsaw1c6454b6fe682b21d610c1075be3263d70399a58jigsaw20f197cce6f9674c9f5b44abb363257d83266358

Die talle veelkleurige lanterns wat so algemeen voorkom en die oneindige kwantiteit van gevoude wenspapiertjies by Sjinto-tempels.

jigsaw0f2278a9b25bcee308bf1243194ea8946422fca4jigsaw32dc3b2c8887c81660ac1b241646dbe385bfab78

Die wensbordjies wat aangetref word by elke Sjinto-tempel en die eeu-oue stukke rots wat die fondament vorm van majestieuse kastele.

jigsaw21a7baf057847538347ce2eddb3c31c249c15ba4jigsaw1157223fb7b7885b52e38006af1012e28bc822b4

Die vlymskerp lanse reg vir die oorlog en die kentekens van die prominentste Samurai-families tydens die 16de eeu.

jigsaw36b3bd5c5944ba3465ac5b2a88a5e4646f1354aajigsaw58972d9c65a074012c8440a45e4eb9ad977fe991

Die papiervensters wat oral in die land aangetref word en menigvuldige langwerpige lanterns by ‘n tempel.

jigsawaa19bd8850a1fd1cb8637fbeb00a39f5c66ddf25jigsawc353ed36dfa50ba1156d60544522b88af9b29429

Die pragtige versiering van Japannese deure.

jigsaw514c8116dd8f71e8624e47dbf8e9b3ea8668a36ajigsawa24f472e5051b145d9a6a71a755bd8fe778b13da

Okonomiyaki word voorberei vir honger klante en veelkleurige lanterns by ‘n heilige plek (shrine).

jigsawff36ac6edd5a1f6b81080fdb3f8b2b2eecddb4bfjigsawd154f88cea6a81c5ddc31ef79361ccada6475830

Bevrore sonneblomme en ‘n voorbeeld van die reuse lanterns, gewoonlik buite restaurante aangebring.

NS: Ek skryf later meer oor my belewenis van hierdie indrukwekkende land en sy mense.

18 Kommentaar leave one →
  1. Augustus 10, 2009 1:56 vm

    Ek hou van die legkaart-effek! Baie cool gedoen…
    Soos jy se, Japan oorrompel ‘n mens se sintuie en ek dink dis maar oral in die Ooste die geval. Ek het nie geweet waar om te kyk nie, so bang mens mis iets😉

  2. Augustus 10, 2009 10:38 vm

    Ek hou van die lanterns. Was julle in ‘n Japanese tuin ook gewees?

  3. Augustus 10, 2009 3:04 nm

    Ek wil baie graag eendag bietjie in Japan gaan kuier.

  4. Augustus 10, 2009 3:23 nm

    Ek beny jou al hierdie plekke wat jy sien. Die wyse waarop jy die kultuur en gebruike daar beskryf, skep die behoefte om self te kom kyk.

  5. Dirk permalink
    Augustus 10, 2009 8:32 nm

    Dis regtig iets anders

  6. Augustus 11, 2009 4:37 vm

    Die legkaart effek is baie nice gedoen! Ek was ook mal oor Japan en verlang nou sommer weer baie! Ek sien uit na die inskrywing.

  7. Augustus 12, 2009 12:28 vm

    Baie mooi prentjies om mee te begin, Boer!

    Vertel nou vir ons ook waarmee doen jy die legkaart-effek, want ek weet jy het altyd BlogDesk gebruik, maar BlogDesk doen dit nie. (Ek het ook intussen opgegee op BlogDesk, omdat juis wanneer ek ‘n inskrywing met baie foto’s wou maak, sy kop soms uitgehaak het en dan was dit ‘n eindelose gesukkel.) Ek het gekyk, The Gimp het wel ‘n legkaart-effek, maar nie met die ontbrekende stukkies nie.

  8. meermin permalink
    Augustus 12, 2009 2:27 nm

    Het baie lanklaas hier kom inloer … lekker dag vir jou!

  9. Augustus 13, 2009 3:55 nm

    Sjoe, baie mooi!

  10. Augustus 14, 2009 3:05 vm

    Die foto’s is regtig mooi! Net een vragie…. hoekom bevrore sonneblomme?

  11. Augustus 14, 2009 7:49 nm

    Die sonneblomme was nie as sulks “bevrore” nie, maar binne ‘n groot vaas van ys geplaas. Ek neem aan dis ‘n vorm van kuns. Miskien is dit ‘n vorm van ikebana.

    • Augustus 14, 2009 9:19 nm

      boer, was julle dalk in ‘n Japanese tuin gewees? Hier in Kew Gardens het hulle ‘n gedeelte wat uitgelê is soos ‘n Japanese tuin, pragtig – besonders. As jy nog nie by Kew was nie, maak gerus ‘n draai as jy weer London toe kom.

      • Augustus 17, 2009 9:04 nm

        Raak jy nou ‘n sensitiewe puntjie aan…Ek’s eintlik skaam om te erken dat ons nooit by een van die tradisionele tuine uitgekom het nie. Onvergeeflik, ek weet, maar soveel meer motivering om weer Japan te besoek.

    • Augustus 17, 2009 5:48 vm

      Oh, ok… Ek dog dit vorm deel van ‘n herkende en bekende vorm van kuns daar.

  12. Augustus 21, 2009 10:14 nm

    Ek beny jou jou tydjie in Japan — dit is my geliefkoosde plek — die kleure, die tradisies, die kos, die mense, die gebruike, die waardes, die tuine, die tempels — die fyn detail, die mooi wat hulle skep op elke moontlike stukkie van hulle spasie………..

  13. Augustus 23, 2009 11:52 nm

    Wilna, Japan is spesiaal, maar waar jy woon is darem ook baie spesiaal. Dis waar die ander deel van my hart is…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: