Skip to content

Soveel meer as net ‘n Protokol

Augustus 14, 2009

Noem die naam Kyoto en meeste mense dink bes moontlik aan die Kyoto Protokol wat in 2004 bekragtig is, na die oorspronklike ontmoeting van stigtersland reeds in 1997 plaasgevind het. Hierdie Protokol is spesifiek gerig om lande se samewerking te verkry om aardverhitting te beveg.

framefce181fa2f8862efdf2d9ee677c801053fd245b1

Maar Kyoto is veel meer as net ‘n protokol…dis ‘n eeue-oue stad wat sedert stigting gedurende die 8ste eeu tot en met 1868 gedien het as Japan se imperiale hoofstad. Vandag is Kyoto ‘n pragtige stad met verskeie historiese geboue, distrikte en UNESCO Erfenisgebiede. Die stad het ‘n bevolking van ongeveer 1.5 miljoen inwoners en is gelee in die Kansai-gebied op Japan se grootste eiland, Honshu. Dat die oorspronklike onderhandelaars van die Protokol hierdie stad gekies het om bymekaar te kom, is te verstane, want dis werklik ‘n bekoorlike plek.

frame57ec25af90e804a701e3154360826af62c70dcf6

Nerens loop mens die ou-wereldse Japan so raak soos in die nou straatjies in stegies van die Gion-distrik in Kyoto nie. Amper soos op ‘n rolprentstel, staan die ou hout-skakelhuisies met papiervensters en afrol-bamboesblindings. Oral hang die kenmerkende rooi of wit langwerpige Japannese papierlanterns, wat saans die distrik ‘n magiese voorkoms gee. Hierdie distrik is ook baie bekend vir die veelbesproke Geishas en Maiko-meisies (Geishas wat nog in opleiding is). Hier en daar loop hulle rond in hulle pragtig-kleurige kimonos en die tradisionele papiersambrele om die son te weer. Hulle unieke houtsandale klak-klak op die stene. Spierwit gesigte en hare versierd. Jarelank was hulle die mooi vroue wat mans in die tradisionele Japannese samelewing vermaak het met musiek, danse, voordrag van gedigte en die hantering van tee-seremonies.

framee1a7709cd5846c859b6f6974a9eaf60b95f4577f

Vandag is die praktiserende Geishas baie minder, maar steeds daar om hoofsaaklik toeriste te vermaak. Jy kan van hulle huur om vir jou op te tree of om saam met jou op foto’s te verskyn. Ek moet se hulle pas perfek in by die straatjies van hout en steen. Die rolprent Memoirs of Geisha, het die lewe van Geishas goed uitgebeeld, maar steeds bestaan die wanpersepsie dat Geishas niks anders as prostitute was nie. In realiteit was seks baie selde deel van die Geishas se repertoire. In Korea was soortgelyke vrouens bekend as Gisaengs, maar die gebruik het ongelukkig lank reeds uitgesterf en is nie meer eers daar vir die toeriste nie.

frame27b5f0d55ddaba63a8a93c82dd6509ebb0eddd04

Behalwe vir die Gion-distrik, is daar letterlik talle historiese tempels en heilige plekke (shrines) wat versprei is deur hierdie stad. Op letterlik by alles uit te kom binne ‘n paar dae, is haas onmoontlik, maar steeds sal die talle ou geboue, pagodas en Japannese tuine enige toeris ten minste ‘n klein idee gee van die geweldige ryk geskiedenis in Kyoto.

frame14fdc3e99055ab616d1fcef8c92ecf293d826549

Van die indrukwekkendste erfenis-geboue in Kyoto, is die Yasaka heilige plek, gelee aan die einde van die besige Sjijostraat. In Japan is dit opmerklik dat die meerderheid van Sjinto heilige plekke in Japan skelrooi is en altyd uitstaan, maak nie saak waar jy gaan nie. Binne vind jy die algemene tori-hekke wat die ingang na Sjinto heilige plekke aandui. Sjinto is die gewildste geloof in Japan en is ‘n eeue-oue animistiese geloof wat ook elemente van sjamanisme, panteisme en mitologie beliggaam. Yasaka is een van die belangrikste heilige plekke van Sjintoisme in Kyoto. Dis in die 7de eeu opgerig en tydens die Heian-era (794-1185) in Japan was dit die heilige plek wat spesifiek deur die imperiale hof gebruik is.

frame854fb5640b9739f6c67d13702a571c0eddbe3465

Die groot toegangshek is baie indrukwekkend en binne die kompleks is daar verskeie kleiner heilige plekke vir persoonlike aanbidding, Sjinto -tempels en talle plekke waar jy jou wensbordjies of -papiertjies kan skryf en ophang vir goeie geluk. Wanneer jy voor die spreekwoordelike voorhangsel van die tempel buig, moet jy met die dik tossel van die tou gryp en die klok lui en kop omlaag jou wense bely. Daarna kan jy hierdie versoeke verstrek deur jou wense in konkrete vorms agter te laat.

frame4b3e921bfd4e21194ad444331a7f7568e1a66f14

Stap-afstand vanaf Yasaka (hoewel ‘n heel stewige opdraande stappie, wat baie trappe insluit), vind mens die historiese Kiyomizudera Boeddhistiese tempelkompleks. Ek noem dit sommer die “tempel op stelte”, want vanaf ‘n sekere hoek kan jy sien dat die tempel met houtstelte gebou is aan die voet van Berg Otowa . Hierdie tempel is gebou teen die einde van die 8ste eeu en is ten volle van hout aanmekaar gesit. Net soos die Koreaanse tempels, is daar geen spykers gebruik in die bou van die tempel nie. Baie van die meegaande geboue is egter eers in die 17de eeu bygevoeg. Hierdie (soos ander Boeddhistiese tempels in Japan) is anders as in Korea, deurdat dit die versier word nie, maar slegs die donker onversierde hout vertoon. Die pragtige drieverdieping pagoda by Kiyomizudera is ook ‘n kenmerk in Kyoto.

frame108092adce88511df6565bd7c53c0f4942e35803

Binne die tempelkompleks, staan klein Sjinto-tempels verdraagsaam langs die groot Boeddhistiese tempel. Om die waarheid te se is dit niks snaaks om Sjinto-en Boeddhistiese tempels langs mekaar in dieselfde plekke te vind nie. Meeste Japannese is net soveel Sjintoiste as wat hulle Boeddhiste is. Die twee geloofsoortuigings is nie wedersyds uitsluitend nie en leen ook bymekaar. Hier by Kiyomizudera – soos by al die heilige plekke en tempels – kan jy wierook opsteek, wensbordjies ophang, talismans koop, wenspapiertjies skryf, fortuinvertellingspapiertjies koop, wenspoppies in die water laat oplos of van suiwer bergwater drink wat goeie geluk bring.

frame15e16fa6860b49a0c0961bfed26bc904d9f47e3b

Nog ‘n indrukwekkende gebou in Kyoto, is die Sanjusangendo tempel, ‘n taxi-rit van ongeveer so R60 vanaf Kiyomizudera (dis so 3 km – taxis in Japan, soos alles anders, is baie duur!). Hierdie tempel is vir verskeie redes ‘n nasionale gedenkwaardigheid in Japan, maar ek gaan dit aan kaalvoet oorlaat om meer hieroor te vertel.

framedafdb710bf29d4468d5a8f385b8f14c36f07d0e5

Die deel van die stad neffens die Gion -distrik, is ‘n pragtige romantiese plek, met steen-wandehals, baie bome en kanale wat kantlangs verbyvloei. In hierdie opsig het Kyoto my effe aan Stellenbosch laat dink, as ek my verbeelding vrylik mag gebruik. En oral langs die waterkanale, is daar restaurante en kuierplekke, gekenmerk deur helder papierlanterns. Gedurende die aand skep dit ‘n atmosfeer van rustigheid en vrede. Langs die groter rivier, is daar ook talle kuierplekke met houtdekke wat uitkyk oor die rivier.

frame8b476c5f01ece4d084c3ed2c2f930acc64176906

Al bogenoemde is maar net die spreekwoordelike oortjies van die seekoei in Kyoto. Daar is nog die ou imperiale paleisgronde, talle Zen-tuine en dan natuurlike die asemrowende goue Kinkakuji-tempel wat ons NIE gesien het NIE. Maar ek sal nog hierdie en al die ander besienswaardighede ook aanskou. Ek sal terugkeer Kyoto toe, want dis ‘n plek wat verdien om twee keer besoek te word, selfs al sou jy die eerste keer reeds alles gesien het.

frame43450272255e566d5a4dca6781607b4ab8d9fa03

13 Kommentaar leave one →
  1. Augustus 14, 2009 9:27 nm

    Baie, baie pragtig! Ek dink uitgewers sal oor hul voete val om hierdie mooi foto’s en beskrywings te kry! Dit sal pragtig lyk in ‘n boek! Glansbladsye en al. Ek het iewers by die huis (SA) ‘n ou Japanese teestelletjie (donkerbruin klei) wat weggepak is. Net twee koppietjies/pierinkies ens. Ek’s baie heilig op die stelletjie, ons het dit net na ons troue by ‘n klein tweedehandse winkeltjie gekoop. Ons het toe Japanese tee gekoop en voorgegee ons was Japanners! haha..o ja, ek het ‘n kamerjas wat eg Japanees is en ek het hom toe nogal aangetrek!🙂 In die vorige huis waar ons tot laas week gebly het, is die eienaars Japanners en elke nou en dan het hulle Japan toe gegaan en as hulle teruggekom het, het hulle vir ons iets van Japan gebring, ek dink ek het iets soos 5-6 geskenkies so gekry, een keer was dit sjokolade. Die laaste keer was om en by 2 maande gelede en die geskenk die keer is so pragtige staander met ‘n arend wat verskillende rigtings vlieg, afhangende die posisie waarin jy hom het.

  2. Augustus 15, 2009 7:42 nm

    Pragtige foto’s Boer!! Hierdie inskrywing is werklik koffietafelboek gehalte!! Jy behoort dit regtig ernstig te oorweeg om ‘n uitgewer te nader!

  3. Augustus 16, 2009 5:52 vm

    Skitterend! Die foto’s se uitleg pas baie goed by die vertelling. Dit klink en lyk na ‘m asemrowende omgewing.

  4. Augustus 16, 2009 2:09 nm

    Baie mooi plek, ek moet sê in my kop was dit ook nooit iets anders as ‘n protokol nie. Het Korea nie ‘n toerismeburo vir wie jy kan laat weet hulle is dom om nie hulle Gisaeng weer terug te bring nie?

  5. Augustus 16, 2009 11:56 nm

    Die Liefie karring nou al so lank aan my dat hy Japan vir my wil gaan wys, maar ek wil nie byt nie. Hierdie skrywe en foto’s van jou wil-wil my kop van plan laat verander🙂

  6. Augustus 17, 2009 1:29 vm

    Dankie vir die mooi inskrywing Boer! Jy som sommer my herinneringe vir my ook op.😉

  7. Augustus 17, 2009 5:45 vm

    Sjoe, dit is darem ‘n vreeslike ryk kultuur!

  8. Augustus 17, 2009 9:01 nm

    Ek het nog nooit ‘n uitgewer ontmoet wat oor hulle voete val nie! Selfs al staan hulle op om my van my kniee af op te tel.😆

    Dankie vir die positiewe terugvoer. Ek doen maar moeite, want hierdie blog is vir my meer as enigiets anders ‘n blywende herinneringe aan al die plekke wat ek (moontlik) nooit weer sal sien nie.

  9. Augustus 18, 2009 1:59 nm

    Kyoto is magical en dit was ‘n onbeskryflike ervaring! Ek stem saam dat mens die stad verseker oor en oor kan besoek. Daar is net te veel goed om als in een dag te wil probeer sien en Kyoto is ook baie groter as wat ons gedink het!

  10. meermin permalink
    Augustus 18, 2009 7:47 nm

    Baie mooi foto’s!

  11. Augustus 19, 2009 11:18 nm

    Boer, jy’s reg. Kyoto laat ‘n mens regtig voel asof jy time travel doen. Terug stap in die geskiedenis in. Ek onthou the view van die berg af waar baie van die tempels is, is indrukwekkend. Die ou en die nuwe stad was so goed saam lewe.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: