Skip to content

Shaik vs Megrahi

Augustus 20, 2009

verskil

verskil1

Die verskil tussen hierdie twee gevalle:

Megrahi is verantwoordelik vir die dood van honderde mense.

Megrahi het drie maande oor om te leef.

Geluk aan die Skotse owerhede en spesifiek die Skotse Minister van Justisie, Kenny MacAskill, vir hierdie dapper gebaar van medemenslikheid…

(…miskien sou ek anders geoordeel het as ek self ‘n geliefde aan boord van Pan Am 103 gehad het…)

Advertisements
7 Kommentaar leave one →
  1. Augustus 21, 2009 3:29 vm

    Solank hy regtig terminaal siek is het ek nie ‘n probleem daarmee nie, om hom langer aan te hou sal nie een van die dooies terugbring nie, en enige satisfaksie wat die families daaruit sou kon kry om hom in die tronk te laat sterf is vir my van ‘n twyfelagtige aard.

    Wat Schaik aanbetref, voorspel ek dat die ondersoek wat nou aan die gang is miskien bietjie aan die wet sal torring, maar daarna sal die regering sê die wet was nog nie geldig toe hy vrygelaat is nie. (Ek hoop ek is verkeerd!) Anders het Jacob Zuma ‘n probleem, want dis tog duidelik hoekom daar in die eerste plek gereël is dat hy vrygelaat word, sodat dit amper saamgeval het met Zuma self se “onskuldigverklaring”.

  2. Augustus 21, 2009 1:30 nm

    As ‘n mens miskien 20 of 30 jaar in die tronk deurgebring het vir een moord kan ek nog se: Umm…OK. Maar Megrahi het ‘n skamele 10 dae per slagoffer in die tronk deurgebring. 8 jaar vir die 270 lewens wat hy die lug in geblaas het. Absolute shocking Scottish justice!

    Geluk Scotland dat jy die wereld gewys het jy glo in African justice en gee meer om vir die laaste dae van ‘n massa moordenaar as vir die justice van onskuldiges, insluitende 11 Skotte.) Die mense was gesterf het, het nooit daardie voorreg gehad om eens hulle laaste drie minute van hul lewe by hul familie deur te bring nie. Wat nog te se die laaste drie maande van hul lewe. Nee, die Skotte moes alles in hul vermoe gedoen het om sy lewe eintlik te verleng het sonder enige pynstillers. En dan word hy nog ontvang soos ‘n held in Tripoli.

    Ek skat die Skotse minister het seker ook die trip suidwaarts van Edinburg gemaak om in Lockerbie ‘n glasie whisky te skink saam met die manne in die local bar om die Skotse hoe standaard van menslikheid te vier. Wonder hoeveel drinking buddies hy gehad het vir daardie sessie.

  3. Augustus 23, 2009 11:28 nm

    Ek dink daar is geweldig uiteenlopende standpunte oor hierdie geval. Sekerlik is die emosie gekoppel aan hierdie besluit, verrykend. My standpunt bly dieselfde, seker ook maar omdat dit my nie direk raak nie? Ek verstaan egter die reaksie van ander wat direk geraak is deur hierdie man se optrede. As daar natuurlik ‘n doodstraf was in die VK, sou ons nie nou hieroor geargumenteer het nie…

    • Augustus 24, 2009 11:10 nm

      Ja, ons het nie ‘n direkte raakpunt nie. Party mense sal aanvoer hy verdien niks minder as die doodstraf nie. Maar die ironie is, dood gaan hy – soos ons almal.

  4. Augustus 24, 2009 3:10 nm

    Hoor hoor!

  5. Augustus 24, 2009 11:08 nm

    Dit blyk ‘n werklike emosionele kwessie te wees. Aan die einde van die dag besef die mense nie dat die Skotse wetgewing ruimte laat vir hierdie medemenslikheid nie – dit is die geval met enige krimineel wat terminaal siek is.

    @bluegrassbaobab – African justice? Ek dink dis darem ‘n bietjie onregverdig. In watter sin? Weet jy hoe lyk African justice werklik, dít waarvan ons wieinig in die populêre media lees? Dit is waar dat die mense wat gesterf het, nie daardie voorreg gehad het nie. En dis hiér waar die waarde van die besluit vir my lè: dat ons wat beskaaf is, nie rondgaan en onskuldiges opblaas nie. Dat is beter kan wees en juis daardie keuse kan uitoefen. Dat ons kan kies om medemenslik te wees waar ander nie wil nie. Dit is die etiese hoop vir my, dat ons ons kan verhewe bo die barbaarsheid van hierdie bommer en aan hóm kan toon wat hy ander ontneem het.

    Dat hy as held in Libië terug verwelkom is, is onrusbarend. Dis dalk soos iemand daar by in sy kommentaar gesê: dit is ironies dat ons dié wil bestraf wat ‘n vliegtuig opblaas omdat hy dink hy straf ons.

  6. Augustus 25, 2009 4:14 nm

    Nou kan die man uitgaan met bang.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: